Zebra Beheer

Post Reply
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2128
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Zebra Beheer

Post by Malan123 »

Net om die kwaai manne se aandag weg te trek van al die advertensies :o

My balans tussen Hingse en Merries is heeltemaal uit. Ek moet so paar Hingse af haal hierdie jaar. Van hulle is al kwaai oud, insluitend die dominante Hings. Ek het al gesien hoe 'n Zebra kan baklei!! Sal julle die ou dominante ou Hings ook afhaal en 'n jonger man 'n kans gee, of los jy dit maar vir die natuur en haal 'n klomp ander af. Geboorte getalle het redelik afgeneem die laaste 2 of 3 jaar.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Zebra Beheer

Post by tripodmvr »

Op kleiner stukkies grond moet die baas van die plaas intree as die aanteel afneem en die dominate hings 'n beter bakleier as die ander is. Hier is dit nie vrye natuur wat in beheer is nie. Die hings is seker te besig met baklei as om by die merries uit te kom.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2128
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: Zebra Beheer

Post by Malan123 »

Oom Driepoot, dit is nou presies wat gebeur. My worry is die ouderdom van die dominante hings. Hy is al 15 jaar plus. Haal ek hom af en gee kans dat jonger hings oorneem of gee ek hom maar sy laaste paar jaar. Waar is die ander wildsboere?
Sako75
Hero Member
Hero Member
Posts: 1230
Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm

Re: Zebra Beheer

Post by Sako75 »

Ek sien op Dr Google dat hings eers op 6 jaar 'n gebied en groep merries kan verderig hoewel hulle al teel gereed is op 4 tot 5 jaar (ander se 1 tot 2 jaar). Teel ook net wanneer hulle 'n familiegroep kan vestig. Vroeere teeling word verhoed deur kompetisie met ouer hingste vir familie groepe.

Ek sou hulle afhaal volgens ouderdome en kwaliteit (as dit moontlik is om te bepaal). Swak oues eerste, dan swak jonges, dan die oudstes wat oorgebly het. As die dominante een uit is kan daar eers 'n bakleiery ontstaan as daar nog baie hingste oor is dink ek?
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5023
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Zebra Beheer

Post by Frederik »

Onthou ook hingste wat oorneem maak klein vulle dood wat nie syne is nie.
So wees maar versigtig dat die ander klein sebras darem groot genoeg is?
Post Reply