Inbring van geweer vanaf VSA?

Enige iets pas hier/ discuss anything here
Post Reply
HeinM
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 497
Joined: Sun Feb 07, 2021 4:54 pm

Inbring van geweer vanaf VSA?

Post by HeinM »

Hallo vrinne

My neef (SA burger) is nou in Minnesota op 'n plaas. Hy het 'n leveraction daar gesien wat hy wil koop en saambring :) Is die proses moeilik, baie moeilik of erger? Is hier iemand wat die proses al deurloop het? Hoor graag!

Mooi aand daar!
ThinusS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 317
Joined: Sun Jul 17, 2011 10:00 am

Re: Inbring van geweer vanaf VSA?

Post by ThinusS »

HeinM wrote: Mon Apr 17, 2023 6:30 pm Hallo vrinne

My neef (SA burger) is nou in Minnesota op 'n plaas. Hy het 'n leveraction daar gesien wat hy wil koop en saambring :) Is die proses moeilik, baie moeilik of erger? Is hier iemand wat die proses al deurloop het? Hoor graag!

Mooi aand daar!
Laasgenoemde, teoreties is dit sekerlik moontlik maar in praktyk gaan dit heelwat makliker/goedkoper/prakties wees om 'n soortgelyke geweer by 'n handelaar hier te koop.
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2160
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Inbring van geweer vanaf VSA?

Post by Ds J »

Dit raak blykbaar baie harig omdat hy n SA burger is, want hy kort n invoerpermit wat net aan geregistreerde handelaars uitgereik word.

In praktiese terme moet hy eerder deur n handelaar werk, en dan word dit regtig duur.

n Ander moontlikheid wat hy kan ondersoek is of n VSA-burger die geweer kan inbring en die geweer hierdie kant aan hom skenk. Ek weet dat sommige buitelanders gewere so geskenk het aan professionele jagters en gidse, en dat die gewere gelisensieer is.
Vleisie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 439
Joined: Sat Oct 11, 2014 2:07 am

Re: Inbring van geweer vanaf VSA?

Post by Vleisie »

Die laaste wat ek gehoor het, staan hulle glad nie meer permanente invoerpermitte toe vir individue nie, slegs tydelik en jy kan nie aansoek doen vanaf n tydelike permit vir n lisensie nie.
Ek het self n paar wapens van daar ingebring en daardie tyd was dit baie eenvoudig. Aansoek vir permanent invoerpermit het so 2 maande gevat en dan het jy vanaf daardie permit aansoek gedoen vir lisensie. Die permit dien ook as soortvan n tydelike lisensie, ek kon met die invoerpermit ammo koop ens.
Savage Model 12 .22-250 Rem
Benelli Supernova 12 Br
Savage Custom 6.5Creedmoor
Savage Model 11 .243 Win
Glock 19 Gen 4 9x19mm
Mossberg 402 palomino .22 lever action
Canik TP9 Sub Elite 9x19mm
Howa 1500 338 Win Mag
HeinM
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 497
Joined: Sun Feb 07, 2021 4:54 pm

Re: Inbring van geweer vanaf VSA?

Post by HeinM »

Baie dankie manne... Ek waardeer die inligting opreg ;)

Mooi aand daar!
Friedland
Full Member
Full Member
Posts: 196
Joined: Tue Jun 23, 2015 11:53 am

Re: Inbring van geweer vanaf VSA?

Post by Friedland »

Ek weet hierdie is bietjie laat, maar here goes.

Eks op die oomblik besig om gewere van Namibia af te bring en die proses is redelik dieselfde.

Ek gebruik Legally Armed hier in Bloemfontein en hulle het weer n dealer wat hulle gebruik. Ja, jy kan hom nie meer persoonlik inbring nie. So Legally Armed doen in my geval n aansoek namens die dealer. Ek "skenk" die gewere aan hom. SAPS staan hom dan n permit toe en die geweer word by hom ge"dealerstock" en dan doen ek van daar af aansoek vir die lisensies. Dis n lang proses en omslagtig.

My 2sente
HeinM
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 497
Joined: Sun Feb 07, 2021 4:54 pm

Re: Inbring van geweer vanaf VSA?

Post by HeinM »

Friedland wrote: Tue May 09, 2023 8:53 am Ek weet hierdie is bietjie laat, maar here goes.

Eks op die oomblik besig om gewere van Namibia af te bring en die proses is redelik dieselfde.

Ek gebruik Legally Armed hier in Bloemfontein en hulle het weer n dealer wat hulle gebruik. Ja, jy kan hom nie meer persoonlik inbring nie. So Legally Armed doen in my geval n aansoek namens die dealer. Ek "skenk" die gewere aan hom. SAPS staan hom dan n permit toe en die geweer word by hom ge"dealerstock" en dan doen ek van daar af aansoek vir die lisensies. Dis n lang proses en omslagtig.

My 2sente
Baie dankie vir die inligting! Ek waardeer opreg!

Mooi dag daar!
Post Reply