Jag pryslys vraag

Enige iets pas hier/ discuss anything here
Post Reply
User avatar
Gideon Burger
Full Member
Full Member
Posts: 101
Joined: Tue May 30, 2017 4:44 pm

Jag pryslys vraag

Post by Gideon Burger »

Naand Manne

Ek is nie hier om n debat te begin oor jag pryse en die is te duur en daai is te dit nie.

Ek wil graag hoor by veral die manne en boere wat wel laat jag op hulle plase oor die klein kostes wat ek meer en meer begin sien, en wil hier net vra wat die rede is vir die kostes.

Ek sien daar is meer pryslyste wat jagters laat betaal vir n mis skoot, dit kan iets wees soos R50-R200 en op een plaas het ek gesien dat n mis skoot vol prys is. Soos ek se, eks nie hier vir n debat nie, ek wil weet wats die rede, en is daai R50 of watokal dan in gesluit met n doodskoot op die bok se prys vir die selfde rede as die mis skoot?

Asb sien die draad as n leer proses vir my, maak nie saak wat op n pryslys staan nie, dis daai boer se besigheid en vorm van inkomste en dit bly my keuse of ek daar wil jag of nie.

Groete
Gideon Burger
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5023
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Jag pryslys vraag

Post by Frederik »

Na die jagters die plaas verlaat het en lekker gejag het byvoorbeeld op 'n Sondag kom daar eweskielik dooie diere van te siene in die veld.
Dit is nie altyd maklik om bloed of pens te kan sien op 'n kwes skoot nie.
Dit laat jou twee keer dink en seker maak voor jy die sneller trek.
Last edited by Frederik on Thu Apr 13, 2023 8:58 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Gideon Burger
Full Member
Full Member
Posts: 101
Joined: Tue May 30, 2017 4:44 pm

Re: Jag pryslys vraag

Post by Gideon Burger »

Baie dankie Frederik,

Dit maak vir my baie sin en waardeer die insig

Groete

Gideon Burger
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2474
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: Jag pryslys vraag

Post by Nico Harris »

Ek charge mis skote want ouens moet probeer seker maak voor hulle skiet- maar vra min R50- mens wil net hê die ou moet dink daaroor. Wat ons ook wel doen is na 3 mis skote is jy klaar gejag- dit raak ongelukkig n kwessie van die kans vir kwes raak te groot- en jy maak alles wild teen geen inkomste vir die plaas nie.
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
User avatar
Gideon Burger
Full Member
Full Member
Posts: 101
Joined: Tue May 30, 2017 4:44 pm

Re: Jag pryslys vraag

Post by Gideon Burger »

More Nico

Baie dankie, 2 geldige punte wat ek nooit aan sou gedink het nie en juis hoekom ek gevra het.

Groete
Gideon Burger
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2474
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: Jag pryslys vraag

Post by Nico Harris »

Gideon Burger wrote: Fri Apr 14, 2023 5:22 am More Nico

Baie dankie, 2 geldige punte wat ek nooit aan sou gedink het nie en juis hoekom ek gevra het.

Groete
Gideon Burger
Bly ek kon help!
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Jag pryslys vraag

Post by Carl »

Goeiemore
Hier in die Bosveld waar skote baie min verder as 100m is glo ek die kans om 'n blouwildebees heeltemal mis te skiet 0.23% is. Dis seker die bok wat meeste "misgeskiet" word. Ek het nou al te veel van my eie beeste en ander bokke opgevolg en geen bloed of teken gekry nie, tot so 5-10m van die dooie dier. Sonder 'n hond in baie ruie bos met lang gras verdwyn 'n rooibok.

Verder spandeer die gids jagtyd om te soek na bloed of ander teken. As daar iets gekry word, dan kan dit tot ure vat om so bok te soek. Bakkie en diesel en nog gidse ens ens. Alles kos geld en weens die minimum loon en diesel pryse kan die boer dit nie meer absorbeer nie.

Hierdie is baie soos die klein winkeltjies wat 'n kennisgewing op het - if you break you pay - min mense breek goed in so winkel.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13586
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Jag pryslys vraag

Post by Capt. Yoda »

Is al daai 270 skieters wat julle manne so op maak
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1491
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Jag pryslys vraag

Post by Eduard Venter »

Net so Carl. Dit verstom my nou nog hoe "ervare" jagters dikwels vir my sê: "as dit raak was moes daar nou al bloed gewees het".

Bygesê, ek het nie die mis skoot reël by nie.

Ek spot nog altyd, 'n eland is omtrent so groot soos 'n stoor. Hoe kan mens hom net mis skiet? Wel toe op 'n dag skiet my een pel 'n groot bul mis op so 100m. Die arme bul was so verward hy het nie eers weggehardloop nie. Ek sê skiet weer en toe dop hy hom mooi om. Daai pel van my skiet beter as 99% van jagters, en ons spot hom tot vandag toe daaroor. Dit was sy eerste eland en die oomblik het groot geraak.

Sent from my SM-G973F using Tapatalk

User avatar
Gideon Burger
Full Member
Full Member
Posts: 101
Joined: Tue May 30, 2017 4:44 pm

Re: Jag pryslys vraag

Post by Gideon Burger »

Baie dankie julle

Ek vra eder die vraag as wat mens om die vuur staan en ons debat hou oor waarom n boer dan sulke pryse by sit sonder om kennis te drae oor wat die rede mag wees

Verby is die dae van net kom kuier jag en huistoe gaan, hierdie is n besigheid en geen persoon gaan homself in doen om sy besigheid in die grond in te bestuur nie, ek glo ek se dat n bok en verblyf nie meer die rekeninge op die plaas dek nie. En dat al die lekker dinge wat ons net anvaar as deel van die pakket eintlik meer geld kos as wat ons ooit sal besef.

Ek het n besigheid wat baie te doen het met die boere en leer ongelooflik baie oor die daaglikse kostes om n plaas suksesvol te bestuur en nie eers te praat van poletiek en loadshedding nie

Ek haal my hoed af vir elke boer wat daagliks die elemente moet baklei om seker te maak daar is stories vir ons om om n vuur met n koue een in die hand te kan deel.

Manne dis n voorreg.

Groete
Gideon Burger
User avatar
saswart
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 485
Joined: Wed Mar 07, 2018 2:44 pm

Re: Jag pryslys vraag

Post by saswart »

Gideon netso, dit kos die boer geld om jou daar te he. Ons kan die gesprek verder vat...

Party plase gaan al sover as om minimum hoeveelheid wild (klein/groot) wat geskiet moet word in te stel. Dit op 'n eerste oogopslag lyk of die boer "geldgierig" is om te vereis dat x hoeveelheid gejag moet word. Maar kapitaal is die rede... Dit is sleg vir sommige jagters, soos die eenvoudige voorbeeld nou sal verduildikheid.

Vat jy het 'n gewone wildplaas, en jag is jou inkomste. Dan het gemiddelde boer/plaas 16 naweke om geld te maak. Op 1 nawee naweek moet die boer 'n werker he as gids, dalk slagter as dit nie gids is nie, maar maak dit selfde ou, skoonmaker. 2 mense, teen minimum loon vir 3 dae. Die verblyf se kostes, petrol, ens. As daar dan 1 jagter kom en hy betaal R450 - R1000 per dag en skiet 1 rooibok, sal daai boer nooit in sy lewe sy naweek se kostes dek nie, wat nog te praat van verbande, onderhoud, geld wat hy moet maak vir sy eie sak ens.

Daarom het ek geen probleem met boere / jagplase wat bietjie meer vra nie hier en daar nie, want hul probeer opmaak vir die kostes; of vir daai plase wat vereis skiet ten minste RX hoeveelheid se wild

Vir daai ou wat net 1 rooibok of so wil skeit, indien jy jare al by 'n boer/plaas was en die man ken jou sal jy steeds kan glo ek sterk, maar as iemand my sou bel wat ek van g'n kant af ken nie en sy hy wil 1 rooibok skiet of 4 manne wat heel naweek gaan kuier en elkeen ook net 'n vark of rooibok wil skiet, sal ek eerder 'n oopnaweek he of hoop ander groep kom jag.

Die voorbeeld is nou uiterste maar wil die punt oorbring
Post Reply