IMR Target waarskuwing
Posted: Tue Mar 21, 2023 12:18 pm
Ons plaaslike pistoolkruit is basies onbekombaar.
Daar was ook 'n tyd dat selfs ingevoerde pistoolkruit bykans onbekombaar was. In daardie tyd het ek basies gekoop wat ook al op die rakke beskikbaar was. Een van die tipes kruit wat my aangenaam verras het, was Lovex D032. Ek het dit egter nou opgebruik en begin om van die ander te gebruik.
My ondervinding van die IMR Target is beide positief en negatief. Dit wil voorkom asof ladingsdata skaars is en die kruit word nie meer vervaardig nie. Ander ouens kon van dit gekoop het en het dalk nog daarvan in hulle herlaaikamers.
Die positiewe aspek is dat die kruit ekononies is. Ek laai 0,5 grein minder op dieselfde koeëlpunt as wat ek met die Lovex gelaai het en dit brand redelik skoon.
Nou vir die waarskuwing. Ek het aanvanklik 50 toetsrondtes gelaai. Die lading wat in my pistool met die spesifieke koeëlpunte werk is 3,8 grein. Ek verkies 'n goue middeweg lading sodat 0,1 grein verskille weerskante toe geen probleme gee nie. Ek laai op 'n "single stage" en sien toe tydens 'n visuele inspeksie dat die een doppie se kruit opmerklik hoër lê as die ander s'n. Dit het toe 5,2 grein geweeg! Die kruit in die doppie langsaan was ongeveer 2,5 grein as ek reg onthou.
Die toetsladings het goed gewerk.
Vandag het ek 'n verdere 100 gelaai en gevind dat die kruit nie baie egalig uit die "dispenser" uitgewerp word nie. Ek weeg nou maar elke lading individueel, want daar is gereeld 'n 0,2 grein verskil (meestal laer ladings) met tot 'n 0,4 grein verskil. Aanvanklik het ek statiese elektrisiteit verdink, maar toe agtergekom as jy so bietjie kruit tussen die vingers bygooi om die lading reg te kry, voel dit soms klonterig. Dit was 'n geseëlde blik wat nou oopgemaak is. So bietjie navorsing op die internet dui aan dat die onegalige uitgooi blykbaar 'n algemene klagte oorsee was.
Vir diegene wat met 'n progressiewe laaier laai, maak net seker die kruit se ladings is konsekwent. Veral die een insident met die aanvanklike toetsladings het my groot laat skrik. Dit was 'n 37% verskil op my lading!
Ek sal die kruit opgebruik, maar sal elke lading individueel weeg.