Ons plaaslike pistoolkruit is basies onbekombaar.
Daar was ook 'n tyd dat selfs ingevoerde pistoolkruit bykans onbekombaar was. In daardie tyd het ek basies gekoop wat ook al op die rakke beskikbaar was. Een van die tipes kruit wat my aangenaam verras het, was Lovex D032. Ek het dit egter nou opgebruik en begin om van die ander te gebruik.
My ondervinding van die IMR Target is beide positief en negatief. Dit wil voorkom asof ladingsdata skaars is en die kruit word nie meer vervaardig nie. Ander ouens kon van dit gekoop het en het dalk nog daarvan in hulle herlaaikamers.
Die positiewe aspek is dat die kruit ekononies is. Ek laai 0,5 grein minder op dieselfde koeëlpunt as wat ek met die Lovex gelaai het en dit brand redelik skoon.
Nou vir die waarskuwing. Ek het aanvanklik 50 toetsrondtes gelaai. Die lading wat in my pistool met die spesifieke koeëlpunte werk is 3,8 grein. Ek verkies 'n goue middeweg lading sodat 0,1 grein verskille weerskante toe geen probleme gee nie. Ek laai op 'n "single stage" en sien toe tydens 'n visuele inspeksie dat die een doppie se kruit opmerklik hoër lê as die ander s'n. Dit het toe 5,2 grein geweeg! Die kruit in die doppie langsaan was ongeveer 2,5 grein as ek reg onthou.
Die toetsladings het goed gewerk.
Vandag het ek 'n verdere 100 gelaai en gevind dat die kruit nie baie egalig uit die "dispenser" uitgewerp word nie. Ek weeg nou maar elke lading individueel, want daar is gereeld 'n 0,2 grein verskil (meestal laer ladings) met tot 'n 0,4 grein verskil. Aanvanklik het ek statiese elektrisiteit verdink, maar toe agtergekom as jy so bietjie kruit tussen die vingers bygooi om die lading reg te kry, voel dit soms klonterig. Dit was 'n geseëlde blik wat nou oopgemaak is. So bietjie navorsing op die internet dui aan dat die onegalige uitgooi blykbaar 'n algemene klagte oorsee was.
Vir diegene wat met 'n progressiewe laaier laai, maak net seker die kruit se ladings is konsekwent. Veral die een insident met die aanvanklike toetsladings het my groot laat skrik. Dit was 'n 37% verskil op my lading!
Ek sal die kruit opgebruik, maar sal elke lading individueel weeg.
IMR Target waarskuwing
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: IMR Target waarskuwing
1. Sal die skud van die houer nie help om klonte op te breek nie?
2. Dryfmiddels vloei teen verskillende tempos. Probeer 'n roetine opbou met die kruitgooier. Tik dit gereeld om die opbou van lugleegtes te voorkom asook om die afgemete dryfmiddel te laat val. Die stewige terugdruk van die hefboom help daarmee.
Loer hier na praktiese resultate met 'n kruigooier.
https://youtu.be/da5S6plQhYo

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
JF123
- Sr. Member

- Posts: 457
- Joined: Fri May 17, 2019 5:52 pm
Re: IMR Target waarskuwing
Watter kruitgooier gebruik jy?
- Killzone
- Hero Member

- Posts: 647
- Joined: Sun Nov 18, 2012 6:26 pm
Re: IMR Target waarskuwing
Dankie vir die deel OKJ.
Ek weet van 'n paar mense wat 'n klein vistenk pompie op die kruitgooier monteer. Dit help vir egalige, konstante ladings.
Of dit in hierdie geval sou werk, weet ek nie.

OosKaapJagter
- Hero Member

- Posts: 959
- Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm
Re: IMR Target waarskuwing
Ek sal eerstens reageer op wat Tripod voorgestel het. Dankie, albei jou voorstelle is korrek en inderdaad goeie praktiese wenke. Om die houer te skud breek egter nie die klonte op nie. Dit wat ek ondervind is dat dit van die kruit is wat saambondel en dit is bondeltjies van so ryskorrel grootte. Die spesifieke kruit is van die vlokkie tipe en op die oog af lyk dit baie soos MP200, waarmee ek terloops nooit vantevore probleme gehad het nie.
Ek herlaai al van 1990 af; nie so professioneel soos die manne wat kompetisie skiet nie, maar sodat ek heel tevrede is met my geweer groeperings en handwapen ladings.
Hierdie is die heel eerste keer dat ek so iets ondervind. Deur die jare het ek al baie verskillende soorte kruit gebruik. Ek is dus bewus van die belangrikheid van konsekwentheid en 'n roetine opbou. Synde ek so onkant gevang is hierdeur, het ek ook op die internet navorsing gedoen en gevind dat ander herlaaiers dieselfde ondervind het. Ek glo dus nie dit is my tegniek of toerusting nie.
Dit is nie nodig om my woord daarvoor te vat nie. Gaan google gerus "IMR Target metering issues". Interessant genoeg op daardie forums volg die gesprek gewoonlik dieselfde patroon. Die man kla oor sy probleem en almal spring in met hulp hoe om die probleem op te los. Ek waardeer die advies, maar my uiteindelike oplossing is om die veilige roete te volg en al 3600+ ladings tydsaam een vir een te weeg (twee blikke van 454 gram elk gedeel deur 3,8 grein). Die bedoeling van die plasing is maar net om ander te waarsku wat dalk nog van dieselfde kruit het.
Gebruik die advies of los dit. Ek sal egter geen lading uit 'n kruitgooier vertrou met hierdie kruit nie. As daar 'n 10% variasie is op 'n gemiddelde pistool lading, gaan dit jou akkuraatheid beïnvloed, maar daardie een 37% afwyking is myns insiens gevaarlik.
Vir JF123 kan ek sê ek gebruik 'n gewone Lee kruitgooier. Ek weet baie ouens het niks goed te sê oor Lee produkte nie, maar die kruitgooier se meganisme is so eenvoudig dat nie eens ek dit kan opfoeter nie.

OKJ, ek dink al ons kommentaar is nie soseer kritiek nie, maar gerig om te help. Nie net vir jou nie, maar ook alle herlaaiers wat dit lees. Ek plaas 'n uittreksel uit jou plasing wat wys op wat gebeur het.
Nou vir die waarskuwing. Ek het aanvanklik 50 toetsrondtes gelaai. Die lading wat in my pistool met die spesifieke koeëlpunte werk is 3,8 grein. Ek verkies 'n goue middeweg lading sodat 0,1 grein verskille weerskante toe geen probleme gee nie. Ek laai op 'n "single stage" en sien toe tydens 'n visuele inspeksie dat die een doppie se kruit opmerklik hoër lê as die ander s'n. Dit het toe 5,2 grein geweeg! Die kruit in die doppie langsaan was ongeveer 2,5 grein as ek reg onthou.
Jou kruitgooier was gestel om 3,8gr te gooi. Die een dop het toe 2,5 en die ander 5,2gr. Die 5,2 - 3.8 = 1,4gr. Tel dit by 2,5 en jy kry 3,9gr. Daardie 1,4gr het dus in die buis vasgesit en saam met die volgende 3.8gr uitgekom. Dit klop dan met die berigte op die internet wat waarsku dat die dryfmiddel moeilik vloei en sulke obstruksies maak. Ek begryp dus jou versigtigheid en die noodsaak om liefs elke lading te toets deur dit te weeg.
Nou vir die waarskuwing. Ek het aanvanklik 50 toetsrondtes gelaai. Die lading wat in my pistool met die spesifieke koeëlpunte werk is 3,8 grein. Ek verkies 'n goue middeweg lading sodat 0,1 grein verskille weerskante toe geen probleme gee nie. Ek laai op 'n "single stage" en sien toe tydens 'n visuele inspeksie dat die een doppie se kruit opmerklik hoër lê as die ander s'n. Dit het toe 5,2 grein geweeg! Die kruit in die doppie langsaan was ongeveer 2,5 grein as ek reg onthou.
Jou kruitgooier was gestel om 3,8gr te gooi. Die een dop het toe 2,5 en die ander 5,2gr. Die 5,2 - 3.8 = 1,4gr. Tel dit by 2,5 en jy kry 3,9gr. Daardie 1,4gr het dus in die buis vasgesit en saam met die volgende 3.8gr uitgekom. Dit klop dan met die berigte op die internet wat waarsku dat die dryfmiddel moeilik vloei en sulke obstruksies maak. Ek begryp dus jou versigtigheid en die noodsaak om liefs elke lading te toets deur dit te weeg.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
OosKaapJagter
- Hero Member

- Posts: 959
- Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm
Re: IMR Target waarskuwing
Tripod, dankie. Ek besef jou kommentaar was nie as kritiek bedoel nie, maar as hulp vir my en ander.
Ek sien en waardeer ook Killzone se advies. Geen geskud van die blik, gestamp teen die kruitgooier of vibrasie sal egter maak dat ek hierdie kruit sal vertrou om konstante ladings uit 'n kruitgooier te gee nie.
Dit is inderdaad jammer, want andersins is ek heel tevrede met die prestasie van hierdie kruit en ek gaan beslis nie twee blikke weggooi nie. Dit is maar net die ongerief en verspilde tyd wat ter sprake is, en natuurlik die waarskuwing vir ander.
Ek sien en waardeer ook Killzone se advies. Geen geskud van die blik, gestamp teen die kruitgooier of vibrasie sal egter maak dat ek hierdie kruit sal vertrou om konstante ladings uit 'n kruitgooier te gee nie.
Dit is inderdaad jammer, want andersins is ek heel tevrede met die prestasie van hierdie kruit en ek gaan beslis nie twee blikke weggooi nie. Dit is maar net die ongerief en verspilde tyd wat ter sprake is, en natuurlik die waarskuwing vir ander.
-
JF123
- Sr. Member

- Posts: 457
- Joined: Fri May 17, 2019 5:52 pm
Re: IMR Target waarskuwing
Ek neem aan jy het die drop tube van die kruitgooier op sy hoogste gestel. Wat vir my gewerk het is om die drop tube halfpad uit te stel. Ek dink dit gee die kruit kans om meer spoed te hê voor dit die vernouing van die drop tube vang. Miskien werk dit vir jou?
Target en MP200 is altwee vlokkie kruit. Die een gooi in my ondervinding net so goed of sleg soos die ander. Altwee is beter as CFE Pistol. Niks gooi beter as S121
Ek sien nie veel fout met Lee produkte nie. Die kruitgooier werk net so goed, indien nie beter nie, as van die duurder fabrikate. As die staander nou net bietjie stewiger was...

Alwin
- Hero Member

- Posts: 1875
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: IMR Target waarskuwing
Ek het dieselfde hoë variasie waargeneem met IMR Target uit 'n Lee Auto Disc kruitmeter. Dis wat op my progresiewe masjien sit.
Met 'n bietjie eksperimentering bepaal ek toe dat 'n RCBS Uniflow met die klein silinder baie meer konstante ladings gooi. Dit het my wel heelwat langer geneem om die kruit in die doppe te kry, maar die resultate was heel skaflik.
Ek verkies sferiese kruit in volumetriese kruitmeters, omdat hulle konstant so mooi presies afmeet. Ongelukkig is die kruite soms onbekombaar.