Page 1 of 2

Waar sou jy jag?

Posted: Sat Feb 25, 2023 1:34 pm
by Mellies
Dagsê menere.

Vertel bietjie waarvan droom julle? Wat/waar sou jy jag indien jou bankbalans anders gelyk het en hoe lyk die combo wat oor jou skouer hang?

Ek droom ook van buffel, leeu en lord derby se giant eland. Iets wat ek baie graag wil jag is mid asian ibex (en ander ibex spesies), marco polo & dall sheep (en ander skaapspesies) en markhor om n paar te noem.

Met dit wat in my kluis is sal my 300WM wat bitter akkuraat is seker saamgaan.

Ek heg sommer paar kiekies aan vanaf google.

Met n vleisie...

Re: Waar sou jy jag?

Posted: Sat Feb 25, 2023 2:10 pm
by Glocked
Ek gaan my vingers uit lit uit tik as ek jou alles moet vertel ! Sal dit kort probeer hou...

80+lbs olifant in Botswana

Stok ou buffel bul bo in Zimbabwe iewers

Beer en Moose in Alaska

Elk in Montana USA

Re: Waar sou jy jag?

Posted: Sat Feb 25, 2023 4:00 pm
by Ockert1992
Middag julle,

Die is 'n lekker droom topic.

Hier is so van myne:

- Buffel, Leeu en Olifant Safari's iewers in wilde Afrika(Zimbabwe, Mosambiek of Botswana). Iewers waar daar geen drade of mense vir myle is nie.
- Bergskaap in Amerika
- Berg zebra in Namibie Khomas Hooglande.
- Ibex of soortgelyke spesie jag in Asie

Vir my gaan dit nie oor die grote van die trofee nie, maar eerder die karakter van die trofee en herinneringe aan die jag en die hele reis tot daar.

Groete
Ockert

Waar sou jy jag?

Posted: Sat Feb 25, 2023 10:47 pm
by Jaco vdW
Die heel eerste stop sal in Pongola wees. Ek het nog n onafgehandelde afspraak daar met n buffel. My Mauser .375 H&H sal hiervoor saam gaan.

Ons was opsoek na die ou of soortgelyk, maar hy het ons ontduik.
Ek sal vir n onbepaalde tyd Mhlozi kamp uitboek. Dis midde in die jagarea, met die wild wat vrylik daar deur beweeg. En dit het die “ou” wildtuin gevoel met die rondawels onder die groot koeltebome.

Dan wil ek graag n Tsessebe jag. Kan nie regtig sê hoekom nie, wil net. Dit sal die 7x64 wees wat saam gaan.

En dan weer n jag in Namibië soos ons tussen 2007 en 2013 gehad het. Die grondeienaars was mateloos goed vir ons. Jy het drie skote op n teiken geskiet, en as hulle tevrede was dat jou roer reg was, kon jy jag. Hulle het aangegaan met die boerdery aktiwiteit en ons kom op ons eie jag. Die plaas was basies joune. Eerste lig uit, en wild herwin met jou eie bakkie. Geen gidse, net jy alleen in die veld. So een keer n dag het die boer kom loer wat hang al in die koel kamer, en na die jag is al die karkasse se gewigte opgetel en met N$18 of N$20/kg vermenigvuldig, en dit was jou rekening vir wild.
Hemel op aarde gewees.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Waar sou jy jag?

Posted: Sun Feb 26, 2023 3:45 am
by Pappabeer
N Jaarlikse buffelbul om die hart aan die klop te hou. Pongola, Magudu, wilde Zoeloeland.

Ek wil baie graag n Bastergemsbok buite RSA skiet. Zambië of Cameroon.

Oorsee was ek beïndruk met die landskap in spanje, en sal graag n Ibex daar wil jag.

Ons beplan n selfguided own use jag vir CAR vir Red River Hog en Giant Forest Hog in 2024. As dit gaan wetk gaan dit ook n ervaring wees

Re: Waar sou jy jag?

Posted: Sun Feb 26, 2023 7:57 am
by Klein Chris
In Suid Afrika
40kg+ blesbok in Zastron
Springbok en gemsbok in die Kalahari duine
Mooi rooibok ram met die 357 rollie in Steenbokpan
Rooi hartebeest in Bloemhof omgewing

Amerika
Mule deer met die 303 êrens in die mid weste

Re: Waar sou jy jag?

Posted: Sun Feb 26, 2023 12:42 pm
by DWB
Dewald daai CAR trip!!!!

Re: Waar sou jy jag?

Posted: Sun Feb 26, 2023 2:16 pm
by Frederik
Pappabeer daardie CAR trippie gaan iets besonders wees.

As geld nie probleem was nie het ek elke jaar klomp geld na Buzz Charlton gestuur en ongebruikte kwota opgejag.
Dit sal seker insluit, olifant, buffel, seekoei, krok en hiena.
Alle jagbare spesies diere in Suidelike Afrika.

Behalwe vir dit is daar wondelike jagte oorals in die wereld.

AUS - Northern teritorry vir buffel, banteng torfee en cull diere.
Alaska daar is 10 dae in die seisoen waar Moose, Beer en Salm oormekaar strek.
Rooihert en roebuck in Poland.
Lord Derby, Bongo, Oerwoud olifant.
Ysland, muskox
Miskien so paar skape jag in Asie en Turkey asook Ibex.

Ek het al groot gedroom hahaha.

Re: Waar sou jy jag?

Posted: Sun Feb 26, 2023 2:25 pm
by Glocked
Frederik wrote: Sun Feb 26, 2023 2:16 pm Pappabeer daardie CAR trippie gaan iets besonders wees.

As geld nie probleem was nie het ek elke jaar klomp geld na Buzz Charlton gestuur en ongebruikte kwota opgejag.
Dit sal seker insluit, olifant, buffel, seekoei, krok en hiena.
Alle jagbare spesies diere in Suidelike Afrika.

Behalwe vir dit is daar wondelike jagte oorals in die wereld.

AUS - Northern teritorry vir buffel, banteng torfee en cull diere.
Alaska daar is 10 dae in die seisoen waar Moose, Beer en Salm oormekaar strek.
Rooihert en roebuck in Poland.
Lord Derby, Bongo, Oerwoud olifant.
Ysland, muskox
Miskien so paar skape jag in Asie en Turkey asook Ibex.

Ek het al groot gedroom hahaha.
Wil vir my voorkom of ek en jy dieselfde tipe nagmerries kry ! :laugh: :laugh:

Re: Waar sou jy jag?

Posted: Sun Feb 26, 2023 9:48 pm
by Sako75
Ek wens deesdae net om fiks genoeg te wees om ‘n ou vaalribbok op die voet hoog in die Oos Kaapse berge te jag.

Ek werk so deur die lys van groepe diere volgens spesie en ek probeer dit stelselmatig vol maak. Al die redelik beskikbare spiral horns, oryxe, sebras, wildebeeste, ens. Darrem al ‘n paar gekry en nog lekker om na uit te sien….

Dit bly maar ‘n voorreg net om die jagveld te kan betree

Re: Waar sou jy jag?

Posted: Mon Feb 27, 2023 5:08 am
by Toxxyc
As ek al die geld in die wêreld gehad het? 'n Koedoe in Suid Afrika, 'n mooi groot bul, met my .30-06 wat ek het. Dis my droom. Nog nooit die geleentheid gehad nie. Al menigmaal met die kruishaar dood op die bul gerus, sommer naby, maar dan herinner my kop my dat die finansies eenvoudig nie daar is nie. Dan sit ek maar stil en verlustig my in die skoonheid van die natuur en laat hom loop, en ek wag maar vir rooibok se kind.

As dit iets in die buiteland is, sal ek graag nog in sneeu wil jag, en ek sal verseker ook wil Elk en Amerikaanse Eland (moose) wil jag in Kanada, as dit kan, in die Rockies. My kaliberkeuse sal dieselfde wees as wat ek tans het, my Rem 700 in .30-06.

Re: Waar sou jy jag?

Posted: Mon Feb 27, 2023 9:49 am
by Forester
Jaarlikse buffel sal 'n mens definitief gesond hou! 404Jeff of 470NE is buff medisyne.

Luiperd oor honde in Mosambiek is baie hoog op my lys en dan sal ek graag 'n red stag wil jag in Skotland saam met 'n dag se driven grouse. Luiperd sal met 'n 375H&H wees. Die red stag met wat ookal die Ghillies vir my leen/huur, maar 'n droom sal wees om die grouse met 'n Dickson ronde aksie te skiet.

Groot mensvreter krok by Cahora Bassa sal ook lekker wees, ook met 'n 375H&H.

Re: Waar sou jy jag?

Posted: Mon Feb 27, 2023 1:34 pm
by heywillie
Sal begin deur al die jagbare wild in Suider Afrika te jag. Ek sal tussen my 6.5x55, 30-06 en 375 wissel afhangende van die prooi en jagveld.

Daarna sal ek Noord gaan vir 'n CAR jag, spesifiek die Lord Derby. 375 sal hier gebruik word.

Ek sal dan oor die groot water gaan en die VSA plat jag, elke staat en elke moontlike spesie. Sal die 6.5, 30-06 en 375 saamvat.

Re: Waar sou jy jag?

Posted: Mon Feb 27, 2023 2:18 pm
by Wouter Roets
Kerels

Ek sal nou moet aftree as ek nog al die jagte wil inkry waaroor ek droom.

Re: Waar sou jy jag?

Posted: Mon Feb 27, 2023 2:57 pm
by Capt. Yoda
Julle besef in hierie eerste wereld lander moet jy self al jou goed dra daars nie manne wat dit van die bakkie af laai nie?

Ek sal nogals n Elk jag op perde geniet in Montana se berge en dan n lekker groot Bruin beer erens in Alaska maar hulle sal my maar op n boot moet sit ek kan nie sien laat ek in een van daai "Vliegtuigies" waar me hulle rond vlieg sal kry nie. Behalwe vir dit het ek geen behoefte om op enige ander plek as in Afrika te jag nie!

Re: Waar sou jy jag?

Posted: Mon Feb 27, 2023 3:15 pm
by Geno
In Kanada, met my een .243 en 'n Foxpro roepertjie.
Een van hierdie...

Image

Re: Waar sou jy jag?

Posted: Mon Feb 27, 2023 3:41 pm
by Supacow
Geno jy sal moet Barnes laai. Vmax gaan op die vel ontplof ;)

Re: Waar sou jy jag?

Posted: Mon Feb 27, 2023 3:50 pm
by Geno
Nee wat. Hy kannie taaier wees as die goed wat ek al met die 70gr Nosler Varmageddons platgeskiet het nie

Re: Waar sou jy jag?

Posted: Mon Feb 27, 2023 4:20 pm
by Capt. Yoda
Geno wrote: Mon Feb 27, 2023 3:15 pm In Kanada, met my een .243 en 'n Foxpro roepertjie.
Een van hierdie...

Image
Ok ja ekt 11.1.11 gepraat. Ek sal so Wolf jag voor en n Beer jag

Re: Waar sou jy jag?

Posted: Mon Feb 27, 2023 5:17 pm
by Rudi Fischer
Ek wil bitterlik graag n ou groot voet in die vallei gaan jag.

En n ander droom is om n Bongo in die reen woud te gaan jag.

Dink vir altwee sal en maar my nuwe favorite geweer vat … my Winchester in 416 RM

Re: Waar sou jy jag?

Posted: Tue Feb 28, 2023 1:46 pm
by Ferdi Bam
Hi Almal,

Ek sal bitter graag greywing wil jag in Rhodes en omgewing met my GSP. Ons moet opry die berge in op n perd se rug.

In my jeug het ek gedroom van n buffel en n leeu in die Luanga of Limpopo vallei, ongerep. Vandag sal ek tevrede wees met enige vd 2 in Limpopo of iewers in Natal op die voete. Met my 45-70 Govt en n 405 Starret hard cast flat nose koeel(1800 vps). n Naby konfrontasie en mag die beste man wen. As die PH ook skiet betaal ek nie. As hy gelukkig is kan hy later die finale skoot aftrek met sy swaar kaliber.

As ek bogenoemde oorleef, n mooi groot springbok in Askam se wereld met my 303Br.

Nie gepla oor n oorsese jag of dier nie. Hou geensins n bekoring in vir my soos Afrika diere nie.

Groete


Ferdi Bam

Re: Waar sou jy jag?

Posted: Tue Feb 28, 2023 9:34 pm
by ivanlotter
Elk (Moose) in Skandinawië, seker Finland. Hier is ‘n foto van my vriend van Finland wat gereeld een jag en vertel hoe hy en sy hond, ‘n tipe Herdershond, die Elk in die woud jag. Die hond beweeg vooruit deur die woud en as hy begin blaf, dan het hy op een afgekom, die elk steur hom nie aan die hond nie maar op die stadium moet die jagter dood stil staan. Die hond begin dan oorslaan in ‘n ritmiese aanhoudende blaf. Die jagter moet dan beweeg sonder om ‘n takkie te breek anders is die elk weg.

Ek dink Moose is Elk in Afrikaans. So groot soos ‘n Eland sê Kallejussi.

Re: Waar sou jy jag?

Posted: Sun Mar 12, 2023 3:12 pm
by Capt. Yoda
Ek sit en kyk nou die Kenya open (golf vir die van julle wat ongeletterd is) en dink n lekker trip sal wees om Buffel en so paar mooi diere daar erens in donker Afrika te jag en oppad terug n golfie te jol in Zim (Royal Harare) en in Kenya en erens somer n dag of 2 af te knip en bq tiervis te vang.

Re: Waar sou jy jag?

Posted: Sun Mar 12, 2023 3:51 pm
by pwdejager
Ek sal in Kanada of Alaska gaan Jag, enige iets, so lank dit saam Randy Newberg is, kan ure lank na hom luister

Re: Waar sou jy jag?

Posted: Mon Mar 13, 2023 9:51 am
by JF123
As ek reg onthou het Kenya ń verbod op jag gesit. Waarskynlik een van die redes hoekom die wild so min is deesdae.