Naand manne
In ruil vir my gebruik van die gratis advertensies stel ek graag 'n tema vir bespreking voor.
Ek sal graag ander se mening hoor oor wat mens as jagter bydra tot die volhoubaarheid van jag in terme van mens se ingestelheid. Behoort mens te dink oor wat mens teiken in die jagveld of is dit iets vir die grondeienaar om oor bekommerd te wees? Of is dit iets waaroor beide partye bekommerd moet wees?
Ek was al op hoeveel plekke waar geen van die koedoebulle niks meer as net een draai het nie. Op 'n ander plek is dIe springbokke op 10,000 ha met 1,000 bokke nie een met 'n karkas swaarder as 15kg nie. As ek op 'n voorsitjag is soek die grootse bok om te skiet. Ek kla nie by die boer oor volhoubaarheid as die kamp net vol knypkoppe is nie. Op 'n ander plek is die groot bokke almal gevang en in een groot kamp gegooi vir 'n oorsese jagter om te "jag". Op die langeduur wonder ek oor volhoubaarheid en die beskikbaarhied van egte, outentieke ervarings en die kans om nou en dan 'n mooi bok te skiet sonder om volhoubaarheid in te boet. Behoort jagters meer met hulle voete te stem met die oog op volhoubaarhied? Of grondeienaars strenger te wees oor wat gejag word en hoe? Of ons volksgunsteling - "he who pays, says"
Sal graag van ander wil hoor.
Volhoubaarheid van jag benadering
-
Sako75
- Hero Member

- Posts: 1230
- Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm
-
Klein Karoo
- Sr. Member

- Posts: 334
- Joined: Sat Mar 19, 2016 12:04 pm
Re: Volhoubaarheid van jag benadering
Sako ek het n hele ruk terug so te se dieselfde bespreking begin, die etiek van jag is besig om uit te sterf. Kyk na die hoeveelheid koedoe bulle wat geskiet word in die Klein-Karoo, grond eienaars en jagters drae ewe hoeveel blaam. Daar word nie meer rekenskap gegee aan hoeveelheid wat geskiet mag word nie, kyk na al die lusern wat geplant word, hoeveel Koedoe bulle word nie in die aand geskiet met n lamp net sodat die jagter darem nie met lee hande huis toe gaan nie, wat my nog meer plae is baie manne gaan groot net om geld te maak, verkoop die vleis aan slaghuise vir biltong. Om te kan spog jyt vir die jaar al 50 bulle geskiet..die etiek van jag sterf saam met die mensdom se vermoe om nie net aan homself te dink.
Rondom hoeveel kamp vure gaan die bespreking rondom die dag se avontuur teenoor die rand/per kg hoeveel sy bok gaan kos en dat hy sy bok op 1021m van die skiet raam af geskiet het, of die klagtes omdat die Cruiser te ongemaklik ry in die veld.
Hoeveel keer hoor jy nie die volgende nie “As jy hom nie gaan skiet nie gaan die buurman op sy plaas hom skiet, so skiet die bok”
Sako die volhoubaarheid van jag is by beide, die jagter en plaas eienaar, ons lewe in n tyd waar jy as man, Pa, jagter en hoof van die huishouding moet ernstige introspeksie doen om seker te maak jou kompas is reg, dat jy nog op die ware Noord die padloop, wat in die jagveld gebeur, hoe jy jou rondom die kampvuur gedrae, of jy daai jong kudu bul skiet wat oorkant die heining staan is spieel beeld van wat in jou hart aan die gang is.
Manne, leef eerbaar, jag eerbaar, wees volhoubaar vir die toekoms, die diereryk gaan nie oorleef as die wat op aarde geplaas is om daarna te kyk dit plunder nie.

- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1491
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: Volhoubaarheid van jag benadering
Die boer se besigheid moet lewensvatbaar wees oor die langtermyn. So dit is sy verantwoordelikheid om te beheer wat geskiet word op die plaas en wat nie. Jy kan al jou beste diere afhaal maar dan skiet jy jouself in die voet.
As jagter het jy verantwoordelikheid om die boer se plaas te respekteer en die reëls na te kom. Die boer kan nie verwag elke jagter moet die kundigheid hê om net die oudste bokke en nie dragtige diere uit te ken nie. Daar moet hy help as hy selektief wil laat jag.
Persoonlik probeer ek al die oudste diere laat jag, veral op die spesies wat ek nie baie het nie. Maar as ek 'n spesie het wat te veel is, dan haal ons maar redelik enige bok af behalwe 'n jong ram of bul wat baie potensiaal wys.
Sent from my SM-G973F using Tapatalk

- snakker
- Hero Member

- Posts: 1397
- Joined: Sun Jul 12, 2015 7:28 am
Re: Volhoubaarheid van jag benadering
Ek stem saam Eduard, die boer bestuur sy plaas en neem klomp faktore in ag wanneer hy bokke uitwys wat geskiet mag word, ek gaan nie voorhou dat ek beter as hy weet op sy eie plaas nie
Sent from my M2101K6G using Tapatalk
Sent from my M2101K6G using Tapatalk
-
Sako75
- Hero Member

- Posts: 1230
- Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm
Re: Volhoubaarheid van jag benadering
Dit is inderdaad so Snakker. Ek stem saam. Aan die anderkant sit mens in ‘n situasie waar wat op party plekke wat beslikbaar is, byvoorbeeld, springbokke is met karkasse van 13-15 kg. Daar is 1000 of 2000 van hulle, so hulle is nie te min nie hulle is net almal klein.
Deel van die vraag spruit uit die artikel ‘n ruk gelede oor op watter ouderdom buffelbulle gejag behoort te word. Die artikel se argument was dat die bulle wat groot is en meestal geteiken word word eintlik in hulle fleur is. Die tradisie is dus om bulle eintlik heelwat te jonk te jag vir wat goed is vir die troppe se genetika. Daar word aangevoer dat bulle eintlik baie ouer moet wees voor hulle gejag word. In die geval het ek dit as jagter nie geweet nie. Ek wonder of ek sulke foute maak met die ramme en bulle wat ek kies om af te haal…..

- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Volhoubaarheid van jag benadering
Pryse van wild het beslis 'n effek op die keuse van diere wat geskiet word. 'n Vaste prys op veral ramme (wat gewoonlik duurder is) veroorsaak dat die meeste jagters dan die grootste bok wil skiet. Prys per kilogram sal maak dat ek liefs 'n jong dier wil skiet vir beter vleis kwaliteit.
Die boer moet sy kennis van wild gedurig verbeter en let op die karkasgewigte, balans tussen manlik en vroulik, effek op die drakrag ens. Dus 'n gebalanseerde studie van die ekologie van die grond onder sy bestuur.
Die kleiner Karoo springbokke (Free State fox terriers) is grootliks afhanklik van voeding en inteling. Die groot springboktrekke is daar nie meer nie en die beperking van wild op kleiner stukke grond is 'n werklikheid.

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br