Page 1 of 1
Aanglip knaldemper vir .22.
Posted: Mon Dec 05, 2022 6:14 pm
by Fanta300
Weet iemand dalk wie vervaardig so ‘n knaldemper.
Dankie
Re: Aanglip knaldemper vir .22.
Posted: Mon Dec 05, 2022 7:08 pm
by OosKaapJagter
Ek weet nie vervaardig dit nie, maar Special Armory hou van dit aan.
https://specialarmory.com/?s=silencer
Re: Aanglip knaldemper vir .22.
Posted: Mon Dec 05, 2022 8:05 pm
by Fanta300
Baie dankie!
Re: Aanglip knaldemper vir .22.
Posted: Tue Dec 06, 2022 10:30 am
by HeinM
Fanta300 wrote: Mon Dec 05, 2022 6:14 pm
Weet iemand dalk wie vervaardig so ‘n knaldemper.
Dankie
Myne wat soos daardie lyk is 'n
Manders. Jy kon dit destyds koop. Gebruik dit al vir 30 jaar op my BRNO Mod. 1 Dink ek het toe R350 betaal. So Special Armory se pryse is goed...
Dit draai met 3 allenkeys vas teen die loop. Sit net 'n dun plaatjie in vir beskerming, anders maak dit lelike merkies onderaan die loop...
Mooiloop!
Re: Aanglip knaldemper vir .22.
Posted: Wed Dec 07, 2022 11:06 pm
by B Five
Hoe werk so n knaldemper?
Neem aan dat die korrel seker steeds moet afkom?
Re: Aanglip knaldemper vir .22.
Posted: Thu Dec 08, 2022 3:36 am
by Ds J
B Five wrote: Wed Dec 07, 2022 11:06 pm
Hoe werk so n knaldemper?
Neem aan dat die korrel seker steeds moet afkom?
Nee, hulle het gewoonlik n opening wat rondom die korrel pas. Hy skuif letterlik oor die loop soos wat twee stukke pyp oor mekaar sou pas.
Re: Aanglip knaldemper vir .22.
Posted: Thu Dec 08, 2022 10:25 am
by 3006
Camdix het ook n ruk gelede n paar gehad, dink dit was vir Norinko en nog n ander maak CBC of so iets. Meet net jou .22 se loop dikte en maak seker die demper gaan pas. My Krico se loop was bietjie te dik gewees vir ene.
Re: Aanglip knaldemper vir .22.
Posted: Thu Dec 08, 2022 9:50 pm
by Maartin
Dirk 0766084261 - Werk vanuit Krugersdorp.
Ek het 2 van die aanglip knaldempers by hom laat maak en is baie tevrede. Dit glip oor met 3 skroefies aan die onderkant.
Re: Aanglip knaldemper vir .22.
Posted: Thu Dec 08, 2022 10:27 pm
by Fanta300
Dankie almal.
Re: Aanglip knaldemper vir .22.
Posted: Fri Dec 09, 2022 6:59 pm
by Ammion
Fanta maak net seker daar is nie speling tussen jou loop en knaldemper - die "grub screws" druk hom dan van senter af.