Page 1 of 1
Sabatti 9.3x74 - groot eina
Posted: Sun Oct 23, 2022 3:55 pm
by tripodmvr
Foto wat uit Oz kom. Groot skade aan 'n geweer wat daar 7500 Aus dollar gekos het.
Sabatti 93x74 double 1.jpeg
Re: Sabatti 9.3x74 - groot eina
Posted: Mon Oct 24, 2022 12:10 am
by Johan van Wyk
Ja, dis ongelukkig iets wat met 'n hele paar Sabatti's al gebeur het. 'n Vriend van my het dieselfde ding oorgekom met sy .500 NE, benewens nog 'n paar ander katastrofes ook. Daar is ongelukkig 'n goeie rede hoekom woorde soos "goedkoop" en "bekostigbaar" nie altyd saam met "dubbel geweer" gebruik word nie.
Re: Sabatti 9.3x74 - groot eina
Posted: Mon Oct 24, 2022 7:00 pm
by Alwin
Re: Sabatti 9.3x74 - groot eina
Posted: Mon Oct 24, 2022 7:32 pm
by OosKaapJagter
Vir strukturele integriteit sou ek 'n tang en bloudraad ook gebruik. Onthou so paar proefskote; die wapen sal dalk so effense verskuiwing met die punt van impak hĂȘ.
Re: Sabatti 9.3x74 - groot eina
Posted: Tue Oct 25, 2022 5:48 am
by Johan van Wyk
Die Sabatti's het regtig nie 'n goeie naam hier in Oz nie. Meeste van die geweersmede wat iets weet van dubbels wil nie aan hulle werk nie en hulle is ook nie almal volgens dieselfde metode aanmekaargesit nie. 'n Goeie vriend van my doen gereeld herregulering van dubbels hier en hy het al 'n paar Sabatti's gekry waarvan die lope en ribs aanmekaar geswys was. Volgens hom moet jy die hele spulletjie letterlik rooiwarm maak om iets geskuif te kry.
Die arme ou wat $ 7500 vir die een betaal het is van die anderkant van die stofpad al raakgesien deur die verkoper...
Re: Sabatti 9.3x74 - groot eina
Posted: Tue Oct 25, 2022 9:06 am
by LoopSoosStroop
Kan mens nie vir elke loop sy eie skoup opsit nie?
