Foto wat uit Oz kom. Groot skade aan 'n geweer wat daar 7500 Aus dollar gekos het.
Sabatti 9.3x74 - groot eina
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Sabatti 9.3x74 - groot eina
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Johan van Wyk
- Hero Member

- Posts: 621
- Joined: Fri Jan 10, 2014 10:00 am
Re: Sabatti 9.3x74 - groot eina
Ja, dis ongelukkig iets wat met 'n hele paar Sabatti's al gebeur het. 'n Vriend van my het dieselfde ding oorgekom met sy .500 NE, benewens nog 'n paar ander katastrofes ook. Daar is ongelukkig 'n goeie rede hoekom woorde soos "goedkoop" en "bekostigbaar" nie altyd saam met "dubbel geweer" gebruik word nie.
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1875
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Sabatti 9.3x74 - groot eina
Sal Pratley Quickset Steel nie die rib kan terug plak nie?

-
OosKaapJagter
- Hero Member

- Posts: 959
- Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm
Re: Sabatti 9.3x74 - groot eina
Vir strukturele integriteit sou ek 'n tang en bloudraad ook gebruik. Onthou so paar proefskote; die wapen sal dalk so effense verskuiwing met die punt van impak hê.
-
Johan van Wyk
- Hero Member

- Posts: 621
- Joined: Fri Jan 10, 2014 10:00 am
Re: Sabatti 9.3x74 - groot eina
Die Sabatti's het regtig nie 'n goeie naam hier in Oz nie. Meeste van die geweersmede wat iets weet van dubbels wil nie aan hulle werk nie en hulle is ook nie almal volgens dieselfde metode aanmekaargesit nie. 'n Goeie vriend van my doen gereeld herregulering van dubbels hier en hy het al 'n paar Sabatti's gekry waarvan die lope en ribs aanmekaar geswys was. Volgens hom moet jy die hele spulletjie letterlik rooiwarm maak om iets geskuif te kry.
Die arme ou wat $ 7500 vir die een betaal het is van die anderkant van die stofpad al raakgesien deur die verkoper...
Die arme ou wat $ 7500 vir die een betaal het is van die anderkant van die stofpad al raakgesien deur die verkoper...
- LoopSoosStroop
- Hero Member

- Posts: 1843
- Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am
Re: Sabatti 9.3x74 - groot eina
Kan mens nie vir elke loop sy eie skoup opsit nie?

Pieter van Deventer
Blok Engineering
Blok Engineering
