Advies met 1st Buffeljag
-
Klein Karoo
- Sr. Member

- Posts: 334
- Joined: Sat Mar 19, 2016 12:04 pm
Advies met 1st Buffeljag
Goeie-naand,
My eerste buffel jag is die naweek vasgemaak, volgende jaar in Julie, Bosveld. Dit sal my eerste gevaarlike wild jag wees en wil graar so deeglik as moontlik voorberei daarvoor, en hier die rede vir die draad:
1. EK gaan met my Howa 375 Ruger jag, op die oomblik skiet ek n 300gn Sierra Game King teen 2400fps, ek is aangeraai om eerder te kyk na die volgende, julle opinie asb:
*300gn Swift A-frames, kon nog nie opspoor nie
*300gn Barnes TSX, hulle lyk meer bekombaar
*380gn Rhino solid shank
2. In oefening voor die jag, ek het nou redelik tyd, hoe sou julle voorberei het vir n eerste buffel jag. Op die oomblik wil ek werk aan goeie groeperings onder tyd op 100m vanaf die skiet stokke wat ek in die veld gaan gebruik en dan ook 50m uit die skouer en verskillendeposisies, wat sal julle minimum vereistes wees vir groepering grootes ens?
3. Enige hulp en verdere advies sal baie waardeur word.
Dankie vir julle tyd, ek leer graag.

Henlo
- Sr. Member

- Posts: 388
- Joined: Thu Aug 11, 2016 8:31 pm
Re: Advies met 1st Buffeljag
300 gr barnes tsx, beste ding vir buffels in my opinie, oefen om vanaf skietstokke te skiet, veral om vinnig op teiken te kom. Maak seker die eerste skoot is reg en jy sal nie moeilikheid he nie
Te veel gunne en te min geld
- JAGTERSREG-JRM
- Hero Member

- Posts: 2318
- Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am
Re: Advies met 1st Buffeljag
Belangrikste in my opinie is om die koeel neer te sit waar jy mik. Gebruik as voorbeeld skietstokke vir skoot een en dan vryhand opvolg skote op nader afstande. Ek probeer altyd meeste moontlike scenarios uitoefen. Voorbeeld skoot een stokke op 100 en dan vinnige opvolg skote vryhand 75,50,25m. Mussle memory is jou grootste vriend
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
-
MyLani
- Full Member

- Posts: 125
- Joined: Sun Jun 25, 2017 10:51 am
Re: Advies met 1st Buffeljag
We have been using Rudi's Safari Bullet Company 300gr bullets.
Performance and weight retention has been excellent.
Your first shot is the most important. If that is good, you don't need any more, but with a Buffalo you shoot until it is down
Performance and weight retention has been excellent.
Your first shot is the most important. If that is good, you don't need any more, but with a Buffalo you shoot until it is down
-
Thunderhead
- Hero Member

- Posts: 512
- Joined: Mon Jun 16, 2014 8:54 am
Re: Advies met 1st Buffeljag
Kry vir jou n klomp goedkoop punte om met te oefen. Oefen om vinnig in n stabiel skiet posisie te kom skietstokke, teen n boom ,sit ect. Oefen laai van geweer sonder om te jam. Kry n buffel teiken en oefen op hom. Jy moet leer om n spot te kies baie mense onder stress trek die sneller sodra hul swart in die scope sien. Sit jouself onder druk met tyd en jaag jou hartklop bietjie op sodat jy gewoont raak om n goeie skoot ondet druk kan plaas. Oefen met pellet of .22 en later met 375. Rudi se punte lyk soos n goeie opsie of Swift, Barnes.
Ek dink n BASA skiet bywoon sal n baie goeie idee wees.
Ek dink n BASA skiet bywoon sal n baie goeie idee wees.
-
Henna308
- Sr. Member

- Posts: 397
- Joined: Wed Oct 01, 2014 9:50 am
Re: Advies met 1st Buffeljag
Kry vir jou 'n ammunisiehouer wat aan jou belt vasmaak of enige iets wat maak dat jy meer as 5 patrone by jou het.
- Jaco vdW
- Hero Member

- Posts: 692
- Joined: Wed Mar 27, 2013 3:12 pm
Re: Advies met 1st Buffeljag
Hallo Klein Karoo
Ek was bevoorreg om in Aug vir n week lank buffels te jag in Zululand saam met Pappbeer. Dit is anders as enigeander jag wat jy gedoen het, daar is net iets om te weet dat jy met n groot geweer in die bos loop, en wild soek waarvoor hy bedoel is!
Ek is geen kenner op die veld, maar van wat ek nou eerstehands ervaar het, kan ek n klomp van die raad wat hierbo gegee is eggo.
Ek twyfel of jou skoot verder as 100m sal wees, inteendeel die idee met n buffel is om naby aan hom te kom vir die eerste skoot. Zero op 100m, en maak seker waar jou skote val op 25/50/75m, dat jy kan skiet sonder om te wonder of te kompenseer.
Oefen vanaf die skietstokke wat jy gaan gebruik sodat jy dit natuurlik doen. As jy n teleskoop gebruik, lae vergroting sodat jy die hele dier kan sien. (Hier praat ek nou vir myself - ons raak so gewoond aan hoë vergroting "presisie skiet", oefen op daardie lae vergroting.) Die buffelteiken is n great idee, gebruik hom. Myne het later amper soos n sif gelyk!
Oefen met goedkoop ammo, maar maak dubbel en dwars seker dat jou jag-ammunisie voer, ongeag hoe hard of sag jy die geweer se slot werk.
Ammo houer op jou belt is n goeie idee, dan het jy n paar spaar rondtes naby, en na jy geskiet het, hou die magasyn vol, sodat indien nodig, jy die maksimum hoeveelheid rondtes in jou geweer het as die situasie Suid draai.
Die eerste skoot is egter die belangrike een. Maak hom tel, die res is eintelik soos versekering.
Laastens, ek hou daarvan om met n klein Camelbak te jag. 2li water, ietsie om te eet, en enige ander klein goed wat nodig mag wees, bv medikasie. Situasies ontwikkel baie vinnig, en dan stap jy dat dit klap. Ek was nog nooit spyt oor water nie, maar dis n persoonlike keuse.
En heel laaste, n klein as-sakkie wat jy volmaak uit gisteraand se vuur om die wind dop te hou.
Geniet die voorbereiding, dis heerlik!

- saswart
- Sr. Member

- Posts: 482
- Joined: Wed Mar 07, 2018 2:44 pm
Re: Advies met 1st Buffeljag
AS jy kan, kom skiet BASA. Ons probeer sover moontlik situasies in die veld na te maak "replicate". Jy kan soortgelyke goed oefen by huis. Kry 'n paar teikens (nie almal plank dwars teikens nie) en maak vr jouself situasies op en oefen dit. bv. 1 skoot uit skiet stok op buffel op 75m, dan 2 skote uit vuis op 50m op 2 verskillende teikens en dan 2 op 25 ens.
Ek sou nie veel bekommer oor groeperings nie. As jy op 100m bv 'n klein papierbord/hand grootte teiken kan raakskiet is jy en geweer reg.
Ek sou nie veel bekommer oor groeperings nie. As jy op 100m bv 'n klein papierbord/hand grootte teiken kan raakskiet is jy en geweer reg.
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5020
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Advies met 1st Buffeljag
Soos Saswart hierbo noem as jy kan, kom skiet BASA jy gaan nie beter oefeining kan kry onder stress nie en jy gaan gou uitvind as daar iets fout is met wat jy doen of jou toerusting.
Kyk jagte op youtube kyk wat jaag die manne aan of wat hulle goed doen.
Die ding met buffel jag werk so dit is 'n buffel dit is nie 'n bees nie dit is nie soos 'n bwb of eland nie dit is 'n buffel en jy jag hom soos 'n buffel.

Forester
- Hero Member

- Posts: 580
- Joined: Wed Aug 28, 2013 8:51 am
Re: Advies met 1st Buffeljag
Iets wat Kevin Robertson beklemtoon in sy podcasts op "The Big Game Hunting Podcast" is om jouself mentally voor te berei vir die groot oomblik. Ek dink dit is baie waardevol, want vir die meeste van ons is so 'n jag 'n een-in-'n-leeftyd ondervinding en vrek baie geld wat maak dat jy nóg meer druk op jouself sit.
Wynand
470NE; 404Jeff; 375H&H; 300WM; 30-06; 308; 6XC; .22LR; 12br x3; 40S&W; 9mmP
470NE; 404Jeff; 375H&H; 300WM; 30-06; 308; 6XC; .22LR; 12br x3; 40S&W; 9mmP
-
Klein Karoo
- Sr. Member

- Posts: 334
- Joined: Sat Mar 19, 2016 12:04 pm
Re: Advies met 1st Buffeljag
Mannie baie dankie vir elke inset, ek maak notas, tans op my geweer is n Burris Fullfield 2 6.5x20 met n balistic / mildot reticle, moet ek kyk na n duplex reticle eerder?
- Dolf014
- Hero Member

- Posts: 533
- Joined: Wed Dec 04, 2013 3:50 pm
Re: Advies met 1st Buffeljag
Leer om skoot nommer 2 en3 (uit die vuis uit) met ALTWEE OGE OOP te skiet!!
Net soveel beter vir bewegende teiken.
Net soveel beter vir bewegende teiken.
Skiet met 308 Voere (erf stuk) ons loop al 40 jaar saam.
-
Thunderhead
- Hero Member

- Posts: 512
- Joined: Mon Jun 16, 2014 8:54 am
Re: Advies met 1st Buffeljag
Hi verstaan ek reg jou reg burris vergroting 6.5 -20?
Klein Karoo wrote: Mon Sep 19, 2022 1:26 pm Mannie baie dankie vir elke inset, ek maak notas, tans op my geweer is n Burris Fullfield 2 6.5x20 met n balistic / mildot reticle, moet ek kyk na n duplex reticle eerder?
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
-
Klein Karoo
- Sr. Member

- Posts: 334
- Joined: Sat Mar 19, 2016 12:04 pm
Re: Advies met 1st Buffeljag
Ja dis korrekThunderhead wrote: Mon Sep 19, 2022 2:21 pm Hi verstaan ek reg jou reg burris vergroting 6.5 -20?Klein Karoo wrote: Mon Sep 19, 2022 1:26 pm Mannie baie dankie vir elke inset, ek maak notas, tans op my geweer is n Burris Fullfield 2 6.5x20 met n balistic / mildot reticle, moet ek kyk na n duplex reticle eerder?
-
Klein Karoo
- Sr. Member

- Posts: 334
- Joined: Sat Mar 19, 2016 12:04 pm
Re: Advies met 1st Buffeljag
Lyk intens!!Klein Karoo wrote: Mon Sep 19, 2022 3:43 pmJa dis korrekThunderhead wrote: Mon Sep 19, 2022 2:21 pm Hi verstaan ek reg jou reg burris vergroting 6.5 -20?Klein Karoo wrote: Mon Sep 19, 2022 1:26 pm Mannie baie dankie vir elke inset, ek maak notas, tans op my geweer is n Burris Fullfield 2 6.5x20 met n balistic / mildot reticle, moet ek kyk na n duplex reticle eerder?
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Advies met 1st Buffeljag
Vraag van n onkundige:
Is daar enige goeie rede om NIE n kopskoot te skiet nie, behalwe om die trofee te spaar? n 375 met n kopskoot (daar is mos skietstokke!?) sal mos die saak baie goed uitsorteer? Ek het al genoeg buffelhorings met koeëlgate gesien dat penetrasie nie n probleem behoort te wees nie?

Apie
- Hero Member

- Posts: 3067
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: Advies met 1st Buffeljag
Behalwe vir die normale risikos verbonde aan ‘n kopskoot is dit soos om ‘n forel met ‘n spinner te vang…..Ds J wrote:Vraag van n onkundige:
Is daar enige goeie rede om NIE n kopskoot te skiet nie, behalwe om die trofee te spaar? n 375 met n kopskoot (daar is mos skietstokke!?) sal mos die saak baie goed uitsorteer? Ek het al genoeg buffelhorings met koeëlgate gesien dat penetrasie nie n probleem behoort te wees nie?
Sent from my iPhone using Tapatalk
-
Thunderhead
- Hero Member

- Posts: 512
- Joined: Mon Jun 16, 2014 8:54 am
Re: Advies met 1st Buffeljag
Kyk of jy nie n laer vergrotig kan kry nie met groter field of view
Klein Karoo wrote: Mon Sep 19, 2022 3:43 pmJa dis korrekThunderhead wrote: Mon Sep 19, 2022 2:21 pm Hi verstaan ek reg jou reg burris vergroting 6.5 -20?Klein Karoo wrote: Mon Sep 19, 2022 1:26 pm Mannie baie dankie vir elke inset, ek maak notas, tans op my geweer is n Burris Fullfield 2 6.5x20 met n balistic / mildot reticle, moet ek kyk na n duplex reticle eerder?
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1483
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: Advies met 1st Buffeljag
Alles is eintlik reeds gesê so ek kan nie veel byvoeg nie. Jou opvolg skote gaan waarskynlik uit die vuis uit wees so oefen dit. Oefen ook om jou magasyn lekker vinnig op te top sonder om patrone op die grond te gooi.
Geniet dit en kom deel gerus die storie na die tyd!
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Geniet dit en kom deel gerus die storie na die tyd!
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Advies met 1st Buffeljag
Julle manne wat nou al buffel gejag het sal verder moet raad gee oor brille vir Klein Karoo se geweer. Ek het altyd 'n baie ou Tasco 1-3,5 op my 375 gehad, maar omdat ek net vlaktewild gejag het, dit met 'n Burris 3-9 vervang. Die ouer oë het ook 'n rol gespeel.
Red Dot of lae vergroting teleskoop is sekerlik die beste keuses?
Red Dot of lae vergroting teleskoop is sekerlik die beste keuses?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Advies met 1st Buffeljag
Apie, nou moet jy help asb?!Apie wrote: Mon Sep 19, 2022 7:22 pmBehalwe vir die normale risikos verbonde aan ‘n kopskoot is dit soos om ‘n forel met ‘n spinner te vang….Ds J wrote:Vraag van n onkundige:
Is daar enige goeie rede om NIE n kopskoot te skiet nie, behalwe om die trofee te spaar? n 375 met n kopskoot (daar is mos skietstokke!?) sal mos die saak baie goed uitsorteer? Ek het al genoeg buffelhorings met koeëlgate gesien dat penetrasie nie n probleem behoort te wees nie?
Om oor skietstokke n kopskoot op 100m te skiet behoort tog haalbaar te wees op n buffel? Oor die algemeen beweeg buffels nie so vinnig met hulle koppe nie, of is ek verkeerd ?
En ek neem aan dit is konkel om forel met n spinner te vang omdat hy nie n kans staan nie? Die ander kant van die argument is dat n forel nie tande, horings of n ¾-tom slegte bui het nie. Hy moet verkieslik plat met die eerste skoot.
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6968
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Advies met 1st Buffeljag
Dis net bang ouens wat buffels kop skote skiet as hy nie storm nie!
(ek skerts net)
Kopskoot op buffel is baie meer ingewikkeld.
En daar is genoeg vleis dat al mors jy bietjie gaan dit nie pla nie.
Nee wat, ñ ou moet daai ervaring hê van hier skiet jy hierdie swart gedrog met jou olifant geweer en hy vat sy pakkie en hol!
Buffels se velle is DIK!
A-frame is absoluut puik, maar hoe meer ek met Rudi se Safari Bullet Co koeels skiet hoe meer hou ek daarvan. Hy punch ñ gat in die vel wat ñ groot verskil maak op ñ opvolg, want glo my, as daai gat toe getrek het is dit nag.
Ek is ook absoluut mal oor ñ Rhino koeel. Daai goed slaan woes hard! Bly by 300gr!
Ek spot altyd en sê as jy ñ buffel met ñ .375" in die kop probeer skiet dan vang hy die koeel met sy tande en speg hom vir jou terug! (My neef se track record is darem beter as myne
)
Geniet dit!
Sit ñ ligter kleiner scope op.
En wees gewaarsku. Dis verslawend!

Last edited by DWB on Tue Sep 20, 2022 6:36 am, edited 1 time in total.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
- Rudi Fischer
- Hero Member

- Posts: 1831
- Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm
Re: Advies met 1st Buffeljag
Oor die kop skoot saga.
Ek sien dit so …. Nadat jy al n paar dae gejag het en km gestap en bekruip het, en nou kom adrenaline en so bietjie bok koors ook in spel in … kan jy n tennis bal of n papier bord raak skiet van daai skiet stokke af wat dalk nie in die perfekte posisie staan nie ?

Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5020
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Advies met 1st Buffeljag
Buffel breinskoot op 'n bul is nie die maklikste skoot nie die brein is ver agter en jy kan bo die oog skiet en bo oor die brein skiet.
As jy dink dit sal impak he op die buffel net omdat die skoot naby die brein is gaan jy groot verassing kry.
Let op hoe laag die brein sit as jy sien waar die nekwerwel bymekaar kom.
Stuk riet is deur die koeelgat om te wys hoe die skoot geloop het.
So as die buffel vir jou loer met sy neus op gaan jy basies deur die neus of selfs mond moet skiet.
Die bul het nie eers sy oe toegeknyp toe 'n 458 deur sy kop fluit nie ja die skoot was nie reg nie maar as die gekweste bul eweskielik voor jou staan skiet jy.
So jy kan sien wat Deon noem hy spoeg 375 koele terug as jy om vekeerd gaan skiet
Buffel jag is om te kyk hoe naby jy kan kom aan hom, die adrenalien loop as hy eweskielik agterkom en hardloop veral as daar paar van hulle is dan skud die harde. Jy kan hom breinskoot gee maar dit is vervelig die opvolg die wonder of jy reg geskiet het ens. is wat gevaarlik wild jag so lekker maak.
Ek noem weer Die ding met buffel jag werk so dit is 'n buffel dit is nie 'n bees nie dit is nie soos 'n bwb of eland nie dit is 'n buffel en jy jag hom soos 'n buffel.

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.