Ek het tans n Caldwell Chrony wat jy 1-2m voor die geweer sit en werk as ek hom gebruik as die son wel mooi skyn. Hy het ook app op voon wat alles save wat lekker is.
Vraag is hoe akkuraat is die Caldwell teen Labradar en Magneto V3?
Is die Labradar/Magentospeed rerig beter?
Ek het Safari gekontak oor n Magnetospeed en se toe vir my hulle hou hom nie meer aan nie en dat die Caldwel G2 beter is.
Ek wou n nuwe Chrony koop maar weet nie of dit die moeite werd is nie.
Hoor graag van julle
Groete Shaun
Vraag op Chronograph
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Vraag op Chronograph
Die Magnetospeed en die Labradar word as van die akkuraatste beskou. 'n Caldwell wat ek getoets het, het groot verskille met my MS getoon, iets soos 70vps.
'n Lig chrony moet verkieslik oor die middel van die dag gebruik word en die beste is om dit op 5m vanaf die loop se punt te sit. Die hoë spoed gasse uit die loop kan valse spoed gee oor korter afstande.

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2956
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Vraag op Chronograph
Die afstand soos Tripod uitwys, is belangrik.
Akuraatheid teenoor die beste toerusting is so en is ook relatief. Myne is vir jag, hoofsaaklik tot 300m, maar moet ook nog redelik wees op 400m, hang af vir watter geweer en kaliber.
Wat vir my belangrik was van my chrony is dat dit konsekwent lees. Of die lesing dalk + of - 20vps verskil teenoor ‘n Magneto, nie so belangrik nie. Jy kry steeds jou sweet spot en jou band en werk daarvolgens. Die dag wanneer jy jou lading het, kan jy altyd deur ‘n pel se labrador of magneto skiet vir ‘n moontlike meer akurate lesing om jou APP se balistise te kalibreer, die Magneto dan jou ykstuk! Êrens is daar ‘n vergelykende studie wat aantoon die onderskeie verskille het baie minder afwykings as die persepsie. Natuurlik sal daar ook swak chrony’s wees. Safari Outdoor verkoop ook PhroChrony, myne was baie goed, ek ken nie Caldwell nie.
‘n Chrony is baie lekker wanneer 2 of meer pelle saam skiet en daar is net een chrony. Vinnig om almal ‘n beurt te gee. My kalibers waarvoor ek herlaai is vanaf .223 tot .375 met geen rede om te twyfel in my resultate nie.
Ek het eers opgradeer na Magneto Sport nadat myne gebreek het weens my eie nalatigheid. Ek glo nie my Magneto gaan 10 jaar hou soos my laaste chrony nie.
Hoop dit help vir konteks.
Beste.

Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 