Nog n Ackley Topic - 260 Tikka

Post Reply
Eight
Hero Member
Hero Member
Posts: 829
Joined: Sat Jun 25, 2016 2:44 pm

Nog n Ackley Topic - 260 Tikka

Post by Eight »

Na aanleiding van die Ackley gesprek sit ek met die volgende dilemma, gatjeuk

Ek het n Tikka Varmint 260 en hy skiet verskriklik mooi. 0.3 MOA 5 skoot groepe en hy skiet enige punt met enige kruit op of af van n node. Ek het nou so 1000 skote deer die geweer.

My gat jeuk is die volgende: Ek het nou al ge lees dat as n mens n loop wil terug sny om ekstra looplewe te kry moet jy dit rondom die 1000 skote doen. Ek dink nou daaraan en dink dat ek die geweer maar netsowel kan sny na n Ackley 260 toe en dan die loop kan verkort na 22 duim. Dit wil se 1.6 duim af sny aan die kamer se kant en die kamer oor sny.

Ek wil dit nie doen om spoed te wen nie. Ek sal maar met die 22 duim loop dieselfde spoed kry as wat ek huidiglik het maar ek sal die doplewe voordele he asook so 1.6 duim van my ergste fireckracking verloor en looplewe wen. Ek kan ook nie die verskriklike mooi koel van die 260 Ackley ignoreer nie! Terselfde tyd sal ek dan die kroon laat sny en die aksie en loop cerakote.

Dink julle my logieka maak sin of skiet ek die geweer maar tot sy loop klaar is en ignoreer my jeuk?
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13645
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Nog n Ackley Topic - 260 Tikka

Post by Geno »

Skiet hom gaar dan sit jy 'n pre-fit loop in .260Rem/.260Ackley op. Dis wat ek sou doen. Doen nou al aansoek vir die nuwe loop dan is jy reg.
Goed, beter, 6millimeter!
Eight
Hero Member
Hero Member
Posts: 829
Joined: Sat Jun 25, 2016 2:44 pm

Re: Nog n Ackley Topic - 260 Tikka

Post by Eight »

Hi Geno, ja ek stem eintlik saam. Wat is die proses. Koop ek n loop en sit hom dan op my naam? En as ek nou reg is om loop te vervang. Wat is d proses en tydlyne dan?
Boomstomp
Full Member
Full Member
Posts: 219
Joined: Wed Jun 04, 2014 3:40 pm

Re: Nog n Ackley Topic - 260 Tikka

Post by Boomstomp »

Daai herkamer na 1000 skote is meer vir die goed wat vinnig lope brand en elkgeval 'n loopleeftyd van 1.5k - 2k het.

Jou 260W se loopleeftyd is seker hier by 5k skote rond as jy hom nie te warm "string" heeltyd nie? Dink nie dis nodig om nou al na 1000 skote die loop enigsins korter te sny nie.
Eight
Hero Member
Hero Member
Posts: 829
Joined: Sat Jun 25, 2016 2:44 pm

Re: Nog n Ackley Topic - 260 Tikka

Post by Eight »

Wat gee meer looplewe. Swaar koels met stadige kryit of ligter koels met vinnige kruit? Selfde druk?
Boomstomp
Full Member
Full Member
Posts: 219
Joined: Wed Jun 04, 2014 3:40 pm

Re: Nog n Ackley Topic - 260 Tikka

Post by Boomstomp »

Tussen daai twee weet ek nie (my "gutfeel" is stadiger kruit behoort beter te wees), maar daar is baie ander goed wat ook looplewe beïnvloed:

-Overbore/underbore van jou kaliber
-Kruit se verbrandingstemperatuur (bv Vihta se 500 reeks vreet vinniger lope as die 100 reeks, maar spoed is ook hoër met die 500 reeks vir soortgelyke druk)
ens
User avatar
toelie
Hero Member
Hero Member
Posts: 928
Joined: Mon Nov 26, 2012 9:10 pm

Re: Nog n Ackley Topic - 260 Tikka

Post by toelie »

Boomstomp wrote: Wed Jun 22, 2022 6:09 pm Daai herkamer na 1000 skote is meer vir die goed wat vinnig lope brand en elkgeval 'n loopleeftyd van 1.5k - 2k het.

Jou 260W se loopleeftyd is seker hier by 5k skote rond as jy hom nie te warm "string" heeltyd nie? Dink nie dis nodig om nou al na 1000 skote die loop enigsins korter te sny nie.
Jong, ek stry oor daai 5000 skote

Ek weet van 6 x 260 Rem wat se pyp sy gat sien suid van 2000 skote
.22LR Voere
.22LR CZ Varmint
.22-250 CZ Varmint
.22-250 Savage Vlp
.243 Kwagga Savage Vlp
.6 XC Tikka Varmint
.25-06 Ruger Nr1
.300WM Sako
.375 Ruger Howa
.50 cal voorlaaier Buckstalker
.38 Special Rossi
.9mm Glock 17
.9mm Glock 43X
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Nog n Ackley Topic - 260 Tikka

Post by Capt. Yoda »

5000 skote met n 260 is good going
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Riaan Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1284
Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm

Re: Nog n Ackley Topic - 260 Tikka

Post by Riaan Kriel »

toelie wrote: Thu Jun 23, 2022 6:07 am
Boomstomp wrote: Wed Jun 22, 2022 6:09 pm Daai herkamer na 1000 skote is meer vir die goed wat vinnig lope brand en elkgeval 'n loopleeftyd van 1.5k - 2k het.

Jou 260W se loopleeftyd is seker hier by 5k skote rond as jy hom nie te warm "string" heeltyd nie? Dink nie dis nodig om nou al na 1000 skote die loop enigsins korter te sny nie.
Jong, ek stry oor daai 5000 skote

Ek weet van 6 x 260 Rem wat se pyp sy gat sien suid van 2000 skote
Dit kan seker van baie gewere, fabrikate en kalibers gesê word.... Dit al baie gehoor ook oor die 6.5CM. Die feit bly dat mens nie weet welke kruit en teen welke spoed/druk daar geskiet is met daardie betrokke gewere nie. Dan verseker soos wat reeds gemeld is, hoeveel skote vinnig na mekaar geskiet is nie...

Ek kan wel net uit eie ervaring praat en sê dat ek 'n 260AI het.. RSA aksie en 'n Fluted Truvello loop. Aansoek is vir 'n kaliber verandering gedoen en die geweer is direk so gebou en nie later eers na Ackley kamer toe gesny nie. Is geskiet met Nosler 140gr Custom Competition koeëls en S365 kruit teen ongeveer 58000psi volgens QL. Die geweer is 95% gebruik vir die SAJWV Presidentskiet tipe tabelle in oefeninge en kompetisies. Dus die meeste skote direk na mekaar geskiet was dalk 5 skote met inskiet en dan was 3 skote per sessie die standaard gewees. Met die 200m en die 50m vryhand skiet word 3 skote geskiet, ongeveer 2 minute gelaat en dan weer 3 skote geskiet. Dus het die geweer nooit kort op mekaar baie skote geskiet of was baie warm geskiet nie... Die fluted loop het verseker gehelp dat die geweerloop baie vinniger afkoel.

Na ongeveer 3000 skote deur die loop het ek begin om die koeëls te moly en so verder aangegaan op dieselfde wyse... Na nog ongeveer 2000 skote het ek 'n Lyman borescope gebruik om na die loop te kyk en was redelik geskok om te sien hoeveel hittekrakies in die eerste deel van die loop is. Die loop verder lyk nog redelik goed. Ek het die geweer na 'n geweersmit geneem en hy het ook na die loop gekyk met borescope. Hy het gevra hoe skiet die geweer nog en ek kon met gemak antwoord dat as ek my kant bring is sub 0.5MOA groepe nog gereeld haalbaar.

Sy woorde was dat hy al baie lope gesien het wat erger lyk en steeds baie goed skiet. Ek kan nog heelwat skote uit die loop kry as ek aanhou skiet op dieselfde wyse. Hy het ook geantwoord dat hoe meer mense toegang tot borescopes kry, hoe meer versoeke kry hy vir loopvervangings... Hy wou egter nie 'n kans vat en skatting maak oor hoeveel skote ek nog uit daardie loop sal kry nie
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2956
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Nog n Ackley Topic - 260 Tikka

Post by Lategan1 »

Goeie inset, dankie Riaan.

Hoe hard skiet die geweer en of die kwaliteit van die loop, die ooglopende slotsom.

Hierdie 6/260 met skote Suid van 2000 hinder my wel. Almal dalk dieselfde fabrikaat?

Beste.
Last edited by Lategan1 on Thu Jun 23, 2022 9:52 am, edited 1 time in total.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2956
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Nog n Ackley Topic - 260 Tikka

Post by Lategan1 »

toelie wrote: Thu Jun 23, 2022 6:07 am
Boomstomp wrote: Wed Jun 22, 2022 6:09 pm Daai herkamer na 1000 skote is meer vir die goed wat vinnig lope brand en elkgeval 'n loopleeftyd van 1.5k - 2k het.

Jou 260W se loopleeftyd is seker hier by 5k skote rond as jy hom nie te warm "string" heeltyd nie? Dink nie dis nodig om nou al na 1000 skote die loop enigsins korter te sny nie.
Jong, ek stry oor daai 5000 skote

Ek weet van 6 x 260 Rem wat se pyp sy gat sien suid van 2000 skote
Toelie, almal dieselfde fabrikaat? Oorspronklike fabriekslope?

Beste.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13645
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Nog n Ackley Topic - 260 Tikka

Post by Geno »

Eight wrote: Wed Jun 22, 2022 4:20 pm Hi Geno, ja ek stem eintlik saam. Wat is die proses. Koop ek n loop en sit hom dan op my naam? En as ek nou reg is om loop te vervang. Wat is d proses en tydlyne dan?
Soos ek verstaan (en ek mag verkeerd wees) koop jy 'n gekamerde loop (In jou geval .260Ackley) en doen aansoek vir hom as Main Firearm Component. As jou lisensie vir hom goedgekeur is, vat jy hom en stap uit. Jy travel dan net met 2 kaartjies wanneer daardie loop in jou aksie is terwyl die ander loop in jou kluis staan.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Nog n Ackley Topic - 260 Tikka

Post by Capt. Yoda »

Nou gaam almal weer 260s koop omdat hul 6.5Manbuns se lope op 1500 skote al 11.1.11
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Eight
Hero Member
Hero Member
Posts: 829
Joined: Sat Jun 25, 2016 2:44 pm

Re: Nog n Ackley Topic - 260 Tikka

Post by Eight »

Dankie Geno, nou waar koop n mens so n pre fit 260 loop?
User avatar
toelie
Hero Member
Hero Member
Posts: 928
Joined: Mon Nov 26, 2012 9:10 pm

Re: Nog n Ackley Topic - 260 Tikka

Post by toelie »

Verskillende fabrikate, oa

Tikka, Sako, Savage, Voere

Almal was fabriek lope gewees
.22LR Voere
.22LR CZ Varmint
.22-250 CZ Varmint
.22-250 Savage Vlp
.243 Kwagga Savage Vlp
.6 XC Tikka Varmint
.25-06 Ruger Nr1
.300WM Sako
.375 Ruger Howa
.50 cal voorlaaier Buckstalker
.38 Special Rossi
.9mm Glock 17
.9mm Glock 43X
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Nog n Ackley Topic - 260 Tikka

Post by Wouter Roets »

Arnold kom in! Op hoeveel skote staaan daai 260 Ackley se loop van jou nou al?
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8011
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Nog n Ackley Topic - 260 Tikka

Post by Arnold »

Wouter Roets wrote: Fri Jun 24, 2022 9:18 am Arnold kom in! Op hoeveel skote staaan daai 260 Ackley se loop van jou nou al?
Ek hou die onderwerp dop hier van die kant af :)

5000 skote op 'n 260 is dalk verby wensdenkery maar tussen 2000 en 3000 is heeltemal realisties volgens my. Suid van 2000 is moontlik en dit hang af van jou akuraatheidsverwagting en hoe jy jou loop hanteer.

Ek is sleg met boekhou so gaan nie sê hoeveel skote my 260 op het nie >:D :laugh:
Post Reply