Hoe bekruip jy 'n bok?
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2160
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Hoe bekruip jy 'n bok?
Goeienaand Jaracal,
Vertel asb - hoe bekruip n mens n bok? Uit die flieks ken ons dit dat die manne vooroor gebuk loop, en koes-koes probeer nader sluip. Maar werk dit?
Of moet n mens plat op jou maag soos n wafferse troep rondseil?
Vertel asb?!

Blink Stefaans
- Sr. Member

- Posts: 382
- Joined: Sun Apr 01, 2018 2:40 pm
Re: Hoe bekruip jy 'n bok?
WIND
Maak seker die wind waai nie in die rigting wat jy in bekruip nie.
SPOED
Jy moet stadiger wees as ons minister van onderwys. Die diere sien beweging baie maklik raak. As jy jou tyd vat en stadig beweeg is die kans dat jy daai stertjie of daai oortjie wat beweeg gaan sien voor hulle jou sien (ek het al soos n kwaad tiener meisiekind in die pad af gestorm en in die bokke vasgeloop, maar dit is meer geluk)
Hou in die skadus
Jy blink, jou klere blink. Jou roer blink
Die menslikke form is baie maklik vir die diere om te sien.
Reuk
Sit jou jagklere om die kampvuur, direk in die rook, moet nie met gewone seep bad of stort nie. Groen sunlight loop soos n huishulp sonder n buskaartjie.
Geen lafentel waterjies nie
Borsel jou tanne met koeksoda
As die goed nie werk nie dan vat jy swart nugget, n blou overall, n boxer zol en slinger die pad af. Jy sal naby genoeg kom om sommer net keel af te sny
Sent from my SM-A325F using Tapatalk

Brno 223 Ackley Improved
Sako Forester L579 308
Brno 8mm-06
Glock19 G5
Sako Forester L579 308
Brno 8mm-06
Glock19 G5
-
JohanvB
- Hero Member

- Posts: 2595
- Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm
Re: Hoe bekruip jy 'n bok?
Geduld
-
JohanvB
- Hero Member

- Posts: 2595
- Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm
Re: Hoe bekruip jy 'n bok?
Geduld
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1491
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: Hoe bekruip jy 'n bok?
Son op jou rug, wind in jou gesig. Vloek maar so 2 keer as jy die wind in jou nek voel na jy 'n uur bekruip het en uiteindelik op die stokke is.
Maak so min as moontlik beweging en kyk waar jy trap. Skaduwee is jou vriend. Meeste manne is te haastig, maar dit help ook nie om stadiger te bekruip as wat die bok weg van jou af wei nie.
As gids stok dra, moet hy en jagter naby aan mekaar loop. Help veel die gids is 10m voor jou met die stokke op as die bok vir jou staan en kyk.
Sent from my SM-G973F using Tapatalk

Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2155
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Hoe bekruip jy 'n bok?
Naandsê
Die manne het al goeie raad hier gegee in vorige plasings. Geduld is verseker uiters belangrik saam met wind (beweeg teen die wind in of met 'n dwarswind voor jou verby). Beweeg staan-staan... vyf of tien treë stap en dan staan vir 'n hele paar sekondes, selfs minute. Kyk en luister...
As jy op finals gaan, sit op jou alie, plaas geweer dwars oor jou bene (skoot) en skuifel aan. Dis veel makliker as leopard crawl. Jy kan vinnig plat gaan lê op jou rug as dit lyk of die bokke jou gewaar. Vanuit daardie posisie kan jy steeds 'n bietjie observeer en as jy moet skiet sit jy vinnig regop in skietposisie.
Mooi loop

- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5023
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Hoe bekruip jy 'n bok?
Hoe bekruip jy 'n bok? - Saggies.
Hoe meer tyd jy in die natuur gaan spandeer en jag hoe meer sal jy vir jouself uitwerk wat werk en nie werk nie.
As jy kan jag iewers waar daar nie 'n gids is nie sal dit baie help.
Die wind is jou grootse vyand.
Maar ek het al gekry op warm dae dat die wind direk na die dier gaan maar die diere jou nie ruik nie want warm lug trek op en saam met dit jou reuk.
Skemer en sonsondergaan is klank weer geneig om baie verder te gaan so maak seker om sagter te beweeg en te luister bokke vlieg nie hulle moet ook oor die klippe, gruis sand en blare loop.

- Chris (vdB)
- Hero Member

- Posts: 741
- Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am
Re: Hoe bekruip jy 'n bok?
Vir die bakkie jagters soos ek werk n' bruin Cruiser beter as n' wit Cruiser
Ek dink wat ek kan by las vir stap jag is, mens moet maar probeer om die ander veld diere soos die voels, bobbojane ens ook te vermy/versteur. Hulle gee jou self sommer gou weg al het daai bok jou nog nie self eers geruik of gehoor nie

BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
- finch
- Sr. Member

- Posts: 462
- Joined: Thu Jul 14, 2016 2:44 pm
Re: Hoe bekruip jy 'n bok?
Met voorsit jag het ek al agter gekom mens moet doodstil sit. Partykeer ruik die bokke jou maar as jy stil sit en glad nie beweeg nie, hardloop hul nie noodwendig weg nie. Dan na n paar minute raak hul rustig en gee jou n skoot.
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Hoe bekruip jy 'n bok?
Ek stem saam dat mens stadig moet beweeg en die skadu-kolle moet gebruik. Alhoewel die wild se gehoor en reuk uiters goed is, word daar dikwels gesê dat hulle in die meeste gevalle die jagter eerste sien en dan vlug.
Baie goeie samewerking tussen jagter en die gids wat die stokke vinnig moet opstel, is baie belangrik. Al moet ek vinnig skiet, sal ek steeds my geweer stadig optel. Ek sien dikwels jagters wat bekruip met die geweer se loop wat hemelwaarts wys - dink beslis nie dit is raadsaam nie.
As kind het ek soms met my fiets en die .22 gery op die plaaspaadjies en verbasend naby hase gekom teen laatmiddag. Voertuig se enjingeluid steur beslis die wild. Dalk moet die manne begin dink aan elektriese voertuig in die veld. Dis sommer so bietjie tong-in-die-kies.

- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: Hoe bekruip jy 'n bok?
Met n cruiser...
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.

OosKaapJagter
- Hero Member

- Posts: 959
- Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm
Re: Hoe bekruip jy 'n bok?
Moenie dat die wind jou reuk (of klank) na die bokke dra nie. Moenie in die oopte of in direkte son loop as jy dit kan verhelp nie.
Beweeg stadig, so stil as moontlik en stop gereeld. Luister en kyk vir die geringste beweging. Sommige bokke soos koedoes kan uiters skelm wees en doodstil onder bome in die skadu staan. Takbokke lê soms doodstil om weg te kruip. Dit breek jou moed nogal as jy 'n halfdag deur die bosse beweeg net om te hoor hoe takke kraak en 'n hele trop bokke laat spaander.
Beweeg stadig, so stil as moontlik en stop gereeld. Luister en kyk vir die geringste beweging. Sommige bokke soos koedoes kan uiters skelm wees en doodstil onder bome in die skadu staan. Takbokke lê soms doodstil om weg te kruip. Dit breek jou moed nogal as jy 'n halfdag deur die bosse beweeg net om te hoor hoe takke kraak en 'n hele trop bokke laat spaander.
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2160
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Hoe bekruip jy 'n bok?
Hoe gemaak in kampe met lang gras? Dit raas, al stap ek hoe versigtig en stadig. Die bakkiespore en -paadjies is in die ooptes. Wildspaadjies baie versigtig gebruik?
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Hoe bekruip jy 'n bok?
Kampe met lang gras bly maar moeilik. Wilds- en voertuigpaaie is goeie roep. Soms moet mens selfs in boom klim as jy bietjie verder wil sien. Langbroek raas meer in die bos en gras as kaal bene / kortbroek. Dit is egter dikwels nie raadsaam om kortbroek te loop nie. Mens moet ook maar dink aan 'n onvriendelike reptiel wat jou dalk wil beetkry . . . Ek het egter nog nooit so 'n insident beleef nie, maar mens moet maar wakker wees vir so 'n moontlikheid. 
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1491
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: Hoe bekruip jy 'n bok?
In baie lang gras is dit bitter moeilik as jy nie die plaas ken nie. Alles lyk dieselfde en dikwels sal jy iets soos 'n vark/rooibok nie eers sien nie.
Wat ek al baie gedoen het is om maar so halwe wildpaadjie te soek en dan stadig in die wind in te loop, verkieslik laatmiddag. Meestal spring die bok op voor jy hom sien, baie naby aan jou. Party van hulle gaan staan vir 'n vinnige skoot. Ander hol weg.
Let wel die is nou lang gras in die bosveld. In die vlaktes moet jou Cruiser maar hoër wees as die gras!

- Methos
- Hero Member

- Posts: 581
- Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm
Re: Hoe bekruip jy 'n bok?
Volgens wat ek geleer en gelees het - Om bokke te soek - veral in die lang gras - stap 20m dan staan jy bietjie stil en kyk rond en herhaal dan. As jy stilstaan en mooi rondkyk sal jy baie keer dinge sien wat jy nie sien terwyl jy stap nie. Luister ook mooi. Oorfone wat die klank harder maak help baie en as jy skiet sny dit die klank. Help om te kan hoor as jy die dag 60 is...
- Willie
- Sr. Member

- Posts: 460
- Joined: Thu Dec 09, 2010 1:36 pm
Re: Hoe bekruip jy 'n bok?
En waar moontlik moet jy glad nie beweeg terwyl die bok in jou rigting kyk nie.