Recoil pad van 'n Howa 1500 30-06
Posted: Fri Jun 03, 2022 8:24 pm
Ek het vir my 'n Howa 30-06 gekoop. Ek is nou so opgewonde soos 'n klein seuntjie maar moet nou wag vir die liksens, die aansoek is darem al ingegee. Ek het die hout kolf reeds gekry, die vernis is reeds "professioneel" af geskuur en met olie behandel, dit lyk vreeslik mooi. Ek is net bekommerd oor die "recoil pad", dit lyk vir my aan die dun kant so ek weet nie of dit genoeg is vir 'n 30-06 nie. Dit is die Howa pad. Moet ek dit solank vervang? Dit is ook om darem solank met die nuwe speelding besig te wees. 