Recoil pad van 'n Howa 1500 30-06
- Giepie
- Hero Member

- Posts: 1543
- Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Recoil pad van 'n Howa 1500 30-06
Ek het vir my 'n Howa 30-06 gekoop. Ek is nou so opgewonde soos 'n klein seuntjie maar moet nou wag vir die liksens, die aansoek is darem al ingegee. Ek het die hout kolf reeds gekry, die vernis is reeds "professioneel" af geskuur en met olie behandel, dit lyk vreeslik mooi. Ek is net bekommerd oor die "recoil pad", dit lyk vir my aan die dun kant so ek weet nie of dit genoeg is vir 'n 30-06 nie. Dit is die Howa pad. Moet ek dit solank vervang? Dit is ook om darem solank met die nuwe speelding besig te wees. 
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
-
J le Roux
- Hero Member

- Posts: 1113
- Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am
Re: Recoil pad van 'n Howa 1500 30-06
Baie geluk Giepie! Geniet solank die olie werk, die volledige proses neem 'n hele paar weke. Ek dink nie die terugskop behoort jou te pla nie.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
- Giepie
- Hero Member

- Posts: 1543
- Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Re: Recoil pad van 'n Howa 1500 30-06
Dankie
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.