308 - Varget of S335

Post Reply
Kaalvoetthysie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 253
Joined: Sat Nov 04, 2017 12:13 pm

308 - Varget of S335

Post by Kaalvoetthysie »

Hallo manne,

Ek skiet op die oomblik 150gr punte en wil oor gaan na 165gr punte toe.

Ek het aanvanklik besluit op Varget. Nou het ons plaaslike wapen winkel S335 ingekry.

Is die premie op die Varget die moeite werd?

As ek kyk na die herlaai data wys Hodgdon ‘n maks lading van 46gr met ‘n spoed van 2773 en Sonchem ‘n maks lading van 41.5gr met ‘n spoed van 2576. Byde baseer op 24 duim lope.

As mens net op dit gaan gaan ek baie prys gee itv spoed. Verdere probleem is dat my geweer ‘n 20 duim loop het, so ek gee nog meer spoed prys.

Hoof rede dat ek op Varget besluit het is die temperatuur stabiliteit, het julle dalk onderving met S335 se temperatuur stabiliteit?

Groete
Thysie


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 308 - Varget of S335

Post by tripodmvr »

Varget is effe stadiger as S335 en ontbrand nie ten volle met 150 en 165gr koeëls nie, veral nie in die 20 duim loop nie. Ek het met beide koeëls gekyk na nodespoed en nie maksimum spoed nie. Nou is daar net so 20vps verskil in spoed. S335 ontbrand 100% in albei gevalle en synde dit vir baie jare in 308's gebruik is, weet ons dat dit akkuraat geskiet het. Daar was nog nie te veel klagtes deur die jare oor probleme met S335 en temperatuur nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Kaalvoetthysie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 253
Joined: Sat Nov 04, 2017 12:13 pm

Re: 308 - Varget of S335

Post by Kaalvoetthysie »

Baie dankie Oom.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Post Reply