Waarin gooi jy jou kruit terwyl jy herlaai?

Post Reply
User avatar
Chris (vdB)
Hero Member
Hero Member
Posts: 741
Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am

Waarin gooi jy jou kruit terwyl jy herlaai?

Post by Chris (vdB) »

More manne

So laai ek vanoggend n' paar koeels en wonder toe wat julle gebruik om julle kruit in uit te gooi en ook te skep mee wanneer julle herlaai. Die persoon wat my bietjie tou wys gemaak met herlaai het sommer sy kruit in n' stainless steel koppie gegooi en geskep met so stainless steel powder dipper wat hy blykbaar jare gelede saam met iets van Lyman of Lee gekry het. Ek het n' RCBS Chargemaster, maar gebruik nie sy outomatiese gooi funksie nie, dus skep ek ook maar die kruit soos ek geleer het, maar ek gebruik sommer n' gewone koppie om die kruit in te gooi en skep sommer met n' plastiese maat lepeltjie wat ek in die kombuis laai gekry het, want ek bak tog nie koekkies nie. Ek het ook gehoor van ouens wat sommer van KFC se plastiek lepetjies gebruik om mee te gooi. Wat gebruik julle?
BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13647
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Waarin gooi jy jou kruit terwyl jy herlaai?

Post by Geno »

Nee wat, so lus het ek nie vir sukkel met lepels en tricklers nie.
Ek gooi met 2x Chargemaster 1500's langs mekaar en dis heel voldoende vir al my skietwerk.
As ek vir my AR laai, gebruik ek 'n Harrell gooier.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Waarin gooi jy jou kruit terwyl jy herlaai?

Post by Capt. Yoda »

Soos Geno laai ek nie meer omdat dit lekker is nie, gooi hom in die CM en laat hy spoeg.
As ons vir my Pa sy jaar se SaJagter ammo laai gooi ek somer reguit uit n Lee kruit gooier uit, dis meer as genoeg vir sy doel
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
J le Roux
Hero Member
Hero Member
Posts: 1113
Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am

Re: Waarin gooi jy jou kruit terwyl jy herlaai?

Post by J le Roux »

Ek het ook so bekertjie en 'n paar van daai geel lee lepels. Met hul laai ek die 10-10 tot naby die gewig en skep dan fyn by met 'n tuisgemaakte strootjie lepeltjie.

Andersins gebruik ek ook die geel skeppers om die Lyman Gen 5 aan te help sodra hy begin gooi. Sô loop hy baie vinnig. Ek gebruik soms dan ook die fyn strootjie lepeltjie om 2 of 3 korreltjie by te sit of uit te haal as die Lyman nie presies gegooi het nie.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1378
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Waarin gooi jy jou kruit terwyl jy herlaai?

Post by Toxxyc »

Ek weet nie van julle manne nie, maar ek gooi my kruit binne die doppies as ek laai.
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2157
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Waarin gooi jy jou kruit terwyl jy herlaai?

Post by Ds J »

Toxxyc wrote: Wed May 04, 2022 1:19 pm Ek weet nie van julle manne nie, maar ek gooi my kruit binne die doppies as ek laai.
Ek stem saam. Kruit hoort in die doppie. Strootjies en lepeltjies pas nie in die magasyn nie, en kan ook nie genoeg druk opbou om die koeël deur die loop te kry nie. Dalk moet ons voor begin. Eers die slagdop, dan die kruit, dan die koeël.... ;) ;)

Op n ernstige noot: vir jagladings stel ek die kruitgooier dat hy amper-amper die gewenste lading gooi, ongeag die soort kruit. Dan gooi ek met die "trickler" die laaste korreltjies totdat die lading reg is.

Vir sportskiet gooi ek direk uit die kruitgooier.

As n veiligheidsmaatreël gooi ek eers die kruit in n sarsie doppe, en dan kontroleer ek die doppe se kruitvlakke, sodat almal ewe hoog is. Daarna pers ek die koeëls in. Daar bly soms n vuiligheid, of n slagdoppie, of n papiertjie in die dop lê en met hierdie metode word dit sigbaar.
Post Reply