Page 1 of 1
300wm max lading S365 - 150gr TTSX
Posted: Sun Apr 10, 2022 8:38 pm
by Swapo
Soek asb max lading vir 300wm met S365 en Barnes 150gr TTSX? Het op somchem se blad gesien 68.5 (3217vps) is maks, Kom nie naastenby daar by uit (+/- 2850 met 68.5 ) geen druk tekens waargeneem.
Die deviation is +0.1%
Dankie
Re: 300wm max lading S365 - 150gr TTSX
Posted: Sun Apr 10, 2022 9:47 pm
by tripodmvr
1. Waarmee is spoed gemeet?
2. Watter Lot S365 is dit?
3. Hoeveel skote deur jou geweer?
Re: 300wm max lading S365 - 150gr TTSX
Posted: Mon Apr 11, 2022 9:49 am
by Swapo
tripodmvr wrote: Sun Apr 10, 2022 9:47 pm
1. Waarmee is spoed gemeet? Pro Chrono DLX
2. Watter Lot S365 is dit? Sal later bevestig
3. Hoeveel skote deur jou geweer? 15
Chrono was 5m van tromp
Fabrieks 180gr het gemiddeld 2890 ( x3 skote ) gelees. CCI stinger .22 het 1514fps gegee, op boksie 1640fps?
Dankie
Re: 300wm max lading S365 - 150gr TTSX
Posted: Mon Apr 11, 2022 12:38 pm
by tripodmvr
Dit lyk na Lot 89. Watter doppe gebruik jy en wat is die watervolume van 'n geskiete dop? Looplengte en TPL soos geskiet (basis van dop tot punt van koeël) is ook nodig om sinvol met QL berekenings te doen.
Re: 300wm max lading S365 - 150gr TTSX
Posted: Mon Apr 11, 2022 2:53 pm
by Swapo
tripodmvr wrote: Mon Apr 11, 2022 12:38 pm
Dit lyk na Lot 89. Watter doppe gebruik jy en wat is die watervolume van 'n geskiete dop? Looplengte en TPL soos geskiet (basis van dop tot punt van koeël) is ook nodig om sinvol met QL berekenings te doen.
Dit is Lot 89.
Sako Doppe - sal volume vanaand meet
TPL - 84.5mm
Looplengte is 62.23cm
LR Magnum primer
dankie
Re: 300wm max lading S365 - 150gr TTSX
Posted: Mon Apr 11, 2022 6:06 pm
by Swapo
H2O volume is 91.04gr
Re: 300wm max lading S365 - 150gr TTSX
Posted: Mon Apr 11, 2022 8:11 pm
by tripodmvr
Ek dink dit sal 'n goeie roep wees om die chrony teen 'n MS of Labradar te toets. Volgens QL brand die S365 uitermatig stadig. Ek het dit ook in my Ruger 243 ondervind, maar nie so baie as met jou 300WM nie.
Ek wil aanbeveel dat jy 3 skote elk laai van 70 en 71gr en kyk wat maak spoed en groepe. Die mikpunt is 3000vps op die chrony 5m weg.
Re: 300wm max lading S365 - 150gr TTSX
Posted: Mon Apr 11, 2022 8:50 pm
by Swapo
Dankie vir die moeite en raad. Ek hoop dit is die chrony in die geval? Wil graag spoed van so 3100-3150 kry.
Ek het Hodgdon H4350 wat ek sal gebruik indien die S365 nie werk.
Dankie
Re: 300wm max lading S365 - 150gr TTSX
Posted: Fri Apr 15, 2022 6:41 pm
by Swapo
tripodmvr wrote: Mon Apr 11, 2022 8:11 pm
Ek dink dit sal 'n goeie roep wees om die chrony teen 'n MS of Labradar te toets. Volgens QL brand die S365 uitermatig stadig. Ek het dit ook in my Ruger 243 ondervind, maar nie so baie as met jou 300WM nie.
Ek wil aanbeveel dat jy 3 skote elk laai van 70 en 71gr en kyk wat maak spoed en groepe. Die mikpunt is 3000vps op die chrony 5m weg.
Het vandag gou gaan kyk, 71.5gr ( 69.5 tot 72.5 gr )het beste groepeer op 200m met die ocw metode.Spoed was so 3040fps gemiddeld oor 5 skote.
Dankie
Re: 300wm max lading S365 - 150gr TTSX
Posted: Fri Apr 15, 2022 9:14 pm
by tripodmvr
As jy gelukkig is met die groepering, hou by daardie lading.