Hulp vir mosambiek buffeljag

Enige interresante verhale wat jy beleef het kan hier geplaas word.
Any interesting stories you have heard of or have experienced.
Post Reply
junglejulian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1224
Joined: Mon Mar 28, 2011 10:35 pm

Hulp vir mosambiek buffeljag

Post by junglejulian »

n paar vriende beplan n buffeljag in mosambiek einde volgende jaar.die jag self,vliegkaartjies en permitte aan die mosambiek kant is reeds uitgesorteer.
Hul benodig hulp met die papierwerk aan die Sa kant om met hul eie gewere daar te kan jag.
Waar en waneer moet hul aansoek doen vir uitvoerpermitte? Is daar iemand wat so diens aanbied of kan dit self gedoen word?
Enige advies sal wardeer word.
User avatar
Jaco vdW
Hero Member
Hero Member
Posts: 692
Joined: Wed Mar 27, 2013 3:12 pm

Re: Hulp vir mosambiek buffeljag

Post by Jaco vdW »

Ek dink nie die RSA uitvoerpermit van jou wapen verskil na gelang van die bestemming nie. Ons het al n hele paar keer wapens Namibië toe geneem. Doen aansoek by jou plaaslike DFO vir n veelvuldige in-en-uitvoerpermit so week voor die jag. Jy vul die vorm in (SAPS520) en heg die jaguitnodiging aan. Op Stellenbosch het dit elke keer n dag geneem om die permitte uit te reik, en dit was kosteloos.
Last edited by Jaco vdW on Mon Aug 15, 2022 3:22 pm, edited 1 time in total.
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2149
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Hulp vir mosambiek buffeljag

Post by Koos Barnard »

Deesdae is n week voor die jag hopeloos te min. Jy moet ten minste drie maande voor die tyd aansoek doen om te verseker jou aansoek word betyds goedgekeur. Dit wissel van plek tot plek maar doen liewer vroeg aansoek. Ek het baie onlangs met 'n polisieman gepraat wat gereeld in Namibië gaan jag. Hulle gaan hierdie jaar weer in Juliemaand en hul aansoeke vir die wapens is reeds ingedien.
Mooi loop
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5020
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Hulp vir mosambiek buffeljag

Post by Frederik »

Koos Barnard wrote: Tue Mar 08, 2022 9:00 am Deesdae is n week voor die jag hopeloos te min. Jy moet ten minste drie maande voor die tyd aansoek doen om te verseker jou aansoek word betyds goedgekeur. Dit wissel van plek tot plek maar doen liewer vroeg aansoek. Ek het baie onlangs met 'n polisieman gepraat wat gereeld in Namibië gaan jag. Hulle gaan hierdie jaar weer in Juliemaand en hul aansoeke vir die wapens is reeds ingedien.
Mooi loop
Hoe langer voor die tyd jy dit kan doen hoe beter die mense in CFR vertsaan nie hoe spesiaal dit is om met jou eie geweer grootwild te jag nie.
Maak seker met die lugdiens wat hulle vlieg dat hulle wel gewere kan vat!!!!

Terloops waar gaan hulle swamps???
User avatar
Bushwack
Full Member
Full Member
Posts: 151
Joined: Tue Feb 05, 2013 4:14 pm

Re: Hulp vir mosambiek buffeljag

Post by Bushwack »

eish, dis net daai prys wat betaal moet word vir die permit in Moz vir die gewere...
Patrick Reynecke

Dream...Discover...Experience...
Post Reply