Toerusting/gewere nagaan voor die jag seisoen
Posted: Mon Mar 07, 2022 3:07 pm
Middag jag maats
Op versoek van oom Tripod, doen ek graag n' beroep op julle om alvoorens jul gaan jag die seisoen, maar n' tydjie af te staan en julle gewere en jag toerusting na te gaan. Ek is tans besig met lading ontwikkel, aangesien ek met die ammunisie tekorte besluit het om ook te begin herlaai en het gesukkel om konstante groepe te skiet. Oom Tripod het aan my uitgewys dat dit vir hom lyk of dit dalk aksie skroewe of ringe is wat los is. Aangesien ek die laaste tyd baie min met my 30-06 geskiet het, het ek dit nie agter gekom in die veld nie, dink ek was dalk net gelukkig gewees die keer of twee wat ek hom gebruik het. Nietemin het ek die skroewe na gegaan en gevind dat die voorste aksie skroef los was en ook die ringe aan die bo kante. Ek het als vas gedraai en n' groot verbetering in my groepe gesien. Na ek mooi sit en dink het, onthou ek my geweer was intussen by die geweersmit vir knaldemper skroef draad draai. So ja die geweer kan van die geweersmit ook verkeerd af terug kom.
Lekker middag