Toerusting/gewere nagaan voor die jag seisoen

Post Reply
User avatar
Chris (vdB)
Hero Member
Hero Member
Posts: 741
Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am

Toerusting/gewere nagaan voor die jag seisoen

Post by Chris (vdB) »

Middag jag maats

Op versoek van oom Tripod, doen ek graag n' beroep op julle om alvoorens jul gaan jag die seisoen, maar n' tydjie af te staan en julle gewere en jag toerusting na te gaan. Ek is tans besig met lading ontwikkel, aangesien ek met die ammunisie tekorte besluit het om ook te begin herlaai en het gesukkel om konstante groepe te skiet. Oom Tripod het aan my uitgewys dat dit vir hom lyk of dit dalk aksie skroewe of ringe is wat los is. Aangesien ek die laaste tyd baie min met my 30-06 geskiet het, het ek dit nie agter gekom in die veld nie, dink ek was dalk net gelukkig gewees die keer of twee wat ek hom gebruik het. Nietemin het ek die skroewe na gegaan en gevind dat die voorste aksie skroef los was en ook die ringe aan die bo kante. Ek het als vas gedraai en n' groot verbetering in my groepe gesien. Na ek mooi sit en dink het, onthou ek my geweer was intussen by die geweersmit vir knaldemper skroef draad draai. So ja die geweer kan van die geweersmit ook verkeerd af terug kom.

Lekker middag
BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2160
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Toerusting/gewere nagaan voor die jag seisoen

Post by Ds J »

Om by te voeg: doen asb die moeite om gereeld te oefen?!

100 skote op die baan vir elke 1 skoot in die jagveld.
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1491
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Toerusting/gewere nagaan voor die jag seisoen

Post by Eduard Venter »

Goeie raad hier bo, maar ek wonder nou net wanneer eindig die ou seisoen en wanneer begin die nuwe een vir die van ons wat nog nie opgehou het nie...

Lekker jag manne!

Sent from my SM-G973F using Tapatalk

User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Toerusting/gewere nagaan voor die jag seisoen

Post by tripodmvr »

5000km dienstydperk?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2956
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Toerusting/gewere nagaan voor die jag seisoen

Post by Lategan1 »

;) Dit is so elke 13000 skote?

Beste
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
Maroelas
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 286
Joined: Fri Apr 18, 2014 3:41 pm

Re: Toerusting/gewere nagaan voor die jag seisoen

Post by Maroelas »

Ds J wrote: Mon Mar 07, 2022 5:29 pm Om by te voeg: doen asb die moeite om gereeld te oefen?!

100 skote op die baan vir elke 1 skoot in die jagveld.
Net as jy met 'n .22 oefen! Die groot roere se ammunisie raak nou te belaglik duur vir so oefen (selfs al herlaai mens).
Post Reply