Page 1 of 21
Vleisprysse
Posted: Sun Dec 20, 2009 9:03 pm
by CHRIS
Vleisprysse vir week 21-24 Des 2009
Dorper
A2/3 - R36 en as gewig tussen 17-20 kg is en A2 -R 36.50
AB & B 1/2/3 - R30.5 en vir
C1/2/3 - R 26.5
Wolskaap en X-ras is prys R1 minder en lam wat minder as 15 kg is R1 af
Alle prysse sluit btw uit.
Ek sit die prysse op vir interressantheid, ek het so radius van 150 km wat ek meeste kliente het en vir groepe meer as 40 skaap doen ek die vervoer gratis.
Louis gee bietjie jul prysse

Groete Chris
Re: Vleisprysse
Posted: Sun Dec 20, 2009 9:11 pm
by Christo
Chris
Dankie vir die inligting. Lekker vir almal om op hoogte te bly van wat aangaan.
Christo
Re: Vleisprysse
Posted: Mon Dec 21, 2009 11:31 pm
by Francois Marais
Chris
Ons pryse vir week 51.
PRODUSENTE KARKASPRYSE - WEEK 51 Periode 14/12/2009 TOT 18/12/2009 KLASSIFIKASIE 0 1 2 3 4 5 6
A-GRADE 23.00 29.50 29.50 29.50 29.50 20.00 20.00
AB-GRADE 19.00 21.00 23.00 23.00 21.00 19.00 19.00
B-GRADE 18.00 20.00 22.00 22.00 20.00 18.00 18.00
C-GRADE 17.00 19.00 21.00 21.00 19.00 17.00 17.00
SPESIFIKASIES SUPERLAM WOOLWORTHS
Gradering: A1 & A2 & A3 A1 & A2
Prys: 30.50 31.00
Koue karkasmassa: 16.5 - 22.6 kg warm gewig 16.5 - 22.6 kg warm gewig
Bouvorm: 3+ 3+
Karkas beskadiging: Geen Geen
Geldig vir: Alle slagdae Alle slagdae
Hoop dit maak sin.
Mooi loop
Francois
Re: Vleisprysse
Posted: Tue Dec 22, 2009 5:46 am
by CHRIS
Francois
dit is baie interresant dat die woolworths lam dan met R5.50 kan verskil, ek sal Sondag ons gradering prys opsit, maar smaak my volgende week gaan rekord prysse wees.
Groete Chris
Re: Vleisprysse
Posted: Tue Dec 22, 2009 10:21 am
by Francois Marais
Chris
Ek het gister geslag vir 32.50, maar moes begin van die maand n kontrak teken om die prys te kry.
PRODUSENTE KARKASPRYSE - WEEK 52 Periode 21/12/2009 TOT 22/12/2009 KLASSIFIKASIE 0 1 2 3 4 5 6
A-GRADE 23.00 29.50 29.50 29.50 29.50 20.00 20.00
AB-GRADE 19.00 21.00 23.00 23.00 21.00 19.00 19.00
B-GRADE 18.00 20.00 22.00 22.00 20.00 18.00 18.00
C-GRADE 17.00 19.00 21.00 21.00 19.00 17.00 17.00
SPESIFIKASIES SUPERLAM WOOLWORTHS
Gradering: A1 & A2 & A3 A1 & A2
Prys: 30.50 31.00
Koue karkasmassa:16.5 - 22.6 kg warm gewig 16.5 - 22.6 kg warm gewig
Bouvorm: 3+ 3+
Karkas beskadigin Geen Geen
Geldig vir: Alle slagdae Alle slagdae
Vandat hulle ons lewendige uitvoere na SA gestop het, betaal hulle ons net wat hulle wil. Dit is besig om ons skaap bedryf n baie groot knou te gee, al meer manne slaan oor na bees, ons het egter die laaste 5-6 jaar ver bo gemiddelde reens gekry in die suide, en dink ek nie daar kan volhoubaar met bees geboer word sou ons reen na normaal terugkeer nie.
Hoor hier by ons rumors dat julle pryse R40.00 gaan haal hierdie jaar, daar is glo nie skaap nie.
Mooi loop
Francois
Re: Vleisprysse
Posted: Tue Dec 22, 2009 1:19 pm
by boeta
Frans
Ek gaat vi my n arie koop en die goed oorvlieg,of ons moet by oom Louis oor die die grens jaag.Soek net iemand wat kan optree as verkoper aan die anderkant.
Slagpalle hier steel ons geld en dan kyk hulle jou nog in die oe ook.
Boeta
Re: Vleisprysse
Posted: Tue Dec 22, 2009 3:00 pm
by Francois Marais
Boeta
Ja, hartseer storie, as dit nou n vrye mark stelsel is, dan weet ek dam nie.
Mooi loop
Francois
Re: Vleisprysse
Posted: Tue Dec 22, 2009 6:49 pm
by Louis102
Chris / Manne
Jammer, was so bietjie van lyn af. Wou my nie nou oor die vleispryse kwel nie, kom so pas van die strand af. Mooi mense hier op Jeffereys se strand!
Net dit, N$ 31,50 per kg (na kostes) vir my laaste pakkie lammers gemiddeld gekry by Keetmanshoop. Baie goed gegradeer en 17,1 kg uitgeslag. Kan daarmee saamleef, maar met "afgrade" word ons deur die ore gewerk. Oor die bemarkings situasie vir skaap in Namibi?, GROOT PROBLEEM. Die situasie is egter baie kompleks as wat met eerste oogopslag logies klink, so dink ek.
Groete
Louis
Re: Vleisprysse
Posted: Tue Dec 22, 2009 11:58 pm
by Ambessa
Hallo Louis102
Louis102 wrote:...kom so pas van die strand af. Mooi mense hier op Jeffereys se strand!
Ja, mooi was nog nooit lelik nie...
Ambessa
Re: Vleisprysse
Posted: Wed Dec 23, 2009 1:55 pm
by Freddie101
Chris/ francois/Louis ens
Ek hou die pryse met belangstelling dop.
Chris
Ek sien daai b en c grade is omtrent wat ek in juliemaand gekry het. Die a is nou op ne. Ek hoop daardie R40 wat Francois van praat kom. Ek het nou B en C graad beeste wat moet verkoop word, maar my agent se daardie grade wil nie nou loop nie. Net A grade loop goed. So ek sal moet bietjie terughou.
Freddie
Re: Vleisprysse
Posted: Wed Dec 23, 2009 2:54 pm
by CHRIS
Freddie
Ja bees verkoop Desember nie lekker nie, mense soek steak nie mince en kook vleis nie.
Groot skaap se prys is regtig nie so watwonders nie, maar ek dink volgende week gaan A2 en A3 ten minste met R1 opgaan , altans hoop ek so,
hier is dit nou droog en hitte draai elke dag tussen 38 en 40, maar die kaktusse blom so hier kom groot krismisboks dink ek.
Louis ek sien jy praat van kostes, die prysse wat ek gee is wat boer in sy sak kry, 5 de kwart betaal tog slagfooie dis hoekom dorper duurder is as merino oor die vel verskil
( praat van ore wat gewerk word
VELLE 
)
Groete Chris
Re: Vleisprysse
Posted: Wed Dec 23, 2009 3:41 pm
by Louis102
Chris
CHRIS wrote:
( praat van ore wat gewerk word
VELLE 
)
Die enigste mense wat regtig baie geld uit vleisskaap maak, is die velle manne. Ek kan dus nie anders as om met jou saam te stem nie.
Groete
Louis
Re: Vleisprysse
Posted: Sun Dec 27, 2009 8:30 pm
by CHRIS
Vleisprysse vir week 28-31 Des 2009
Dorper A2/3 - R39
AB & B 1/2/3 - R30.5 en vir C1/2/3 - R 26.5
Wolskaap en X-ras is prys R1 minder en lam wat minder as 15 kg is R1 af
Alle prysse sluit btw uit.
Ek het gedink ons gaan R40 haal maar nou ja.
Groete Chris
Re: Vleisprysse
Posted: Sun Jan 03, 2010 8:59 pm
by CHRIS
CHRIS wrote:
Vleisprysse vir week 4-8 Jan 2010
Dorper A2/3 - R34
AB & B 1/2/3 - R30.5 en vir C1/2/3 - R 27
Wolskaap en X-ras is prys R1 minder en lam wat minder as 15 kg is R1 af
Alle prysse sluit btw uit.
Groete Chris
Re: Vleisprysse
Posted: Sun Jan 10, 2010 7:25 pm
by CHRIS
CHRIS wrote:
CHRIS wrote:
Vleisprysse vir week 11-15 Jan 2010
Dorper A2/3 - R32
AB & B 1/2/3 - R29.5 en vir C1/2/3 - R 26
Wolskaap en X-ras is prys R1 minder Alle prysse sluit btw uit.
Groete Chris
Re: Vleisprysse
Posted: Sun Jan 17, 2010 8:39 pm
by CHRIS
Vleisprysse vir week 18-22 Jan 2010
Dorper A2/3 - R34
AB & B 1/2/3 - R30 en vir C1/2/3 - R 27
Wolskaap en X-ras is prys R1 minder Alle prysse sluit btw uit.
Groete Chris
Re: Vleisprysse
Posted: Sun Jan 17, 2010 9:20 pm
by CHRIS
Manne julle moenie net kyk nie reageer, ek weet nie of ek prysse moet opsit en of ek nie net julle tyd mors nie, maar ek voel soos ds wat net praat en ek kan nie eers psalm opgee om reaksie te kry nie
Murraysburg julle moet praat waar wanneer hoeveel

Re: Vleisprysse
Posted: Sun Jan 17, 2010 9:22 pm
by rockrabbit
Koop jy speenkalwers ook?
Re: Vleisprysse
Posted: Sun Jan 17, 2010 9:29 pm
by CHRIS
Rockrabbit
Skuus kry nie gereply nie. Nee ek is net op slaggoed en hoofsaaklik lam en skaap.
my nr is 0827836238 as jy wil bel,
Groete Chris
Re: Vleisprysse
Posted: Mon Jan 18, 2010 7:07 am
by Kruger
Hallo Rockrabbit
Weet nie in watter area jy is nie, maar ek is ook in daardie bedryf. Koop beslis speenkalwers. Prys tans so R14,50 plus btw hier in my area. Die hoeveelheid wat jy het, of kan bymekaarkry en die afstand wat ons moet vervoer kan hierdie prys beinvloed. Hier waar ek is moet ons ook etlike honderd kilometers vervoer na speenkalf mark, so jy kan moontlik nog nader wees. PM my as jy belangstel.
Al die pryse is wat jy in jou sak uitkry.
Wil nie Chris se post hijack nie, maar ek koop ook lam, skaap, boerbok (bokkies en ou ooie, tans R21,00 en R12,00 onderskeidelik, plus BTW) en Angora ou ooie en kapaters (R9,00 en R9,50 onderskeidelik, weer plus BTW) Koop en verkoop ook alle tipes boervee. Tans taamlik aanvraag vir Merino ooie.
Laat weet maar.
Groete
Kruger
Re: Vleisprysse
Posted: Mon Jan 18, 2010 7:19 am
by Christo
Lukas
Prys vir Dohne Merino's en Rooikop boerbokke. Ons het dalk 'n hele klomp om te verkoop, gaan die skaapboerdery afskaal. Ooie getal ? 1200.
Christo
Re: Vleisprysse
Posted: Mon Jan 18, 2010 7:35 am
by tafjak
Chris en Kruger
Wat van so -50c op kilo vir die manne wat nie beheer toepas nie. As die verkoper sertifiseer dat hy jakkalse beheer bly die geadverteerde prys van toepassing op hom.

Re: Vleisprysse
Posted: Mon Jan 18, 2010 10:21 am
by Kruger
Hi Taffie
Glo nie dis nodig nie. Ou Jakkie trek sommer self af en glo my hy vat meer as 50c/kg.
Re: Vleisprysse
Posted: Mon Jan 18, 2010 1:56 pm
by Freddie101
Chris en Kruger
Julle manne kan maar die pryse opsit. Ek lees dit en dan weet n man sommer of jou agent in die kol is
Freddie
Re: Vleisprysse
Posted: Mon Jan 18, 2010 3:00 pm
by CHRIS
KRUGER
Jy moet laat weet ek kan dalk hier speen kalf en boervee ook kry. Boerbok kopers is baie sterk hier. Slagbees koop ek vir slagters wat sukkel om in tyd tebetaal so ek briek bietjie.(jy sal hulle ken )
Gte CHRIS