6mm Dasher vs 6mm Creedmoor looplewe teen dieselfde spoed

Post Reply
Rem
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 418
Joined: Wed Jun 01, 2016 1:07 pm

6mm Dasher vs 6mm Creedmoor looplewe teen dieselfde spoed

Post by Rem »

Hi Almal

Ek skiet self n 6mm Creedmoor en gewonder oor di volgende.
Gese ons skiet n 108eld teen 2850fps met 26duim loop deur n 6mm Creedmoor en 6mm Dasher, gaan die Dasher steeds beter loop lewe he?

Soos ek verstaan is looplewe n kombinasie van druk, hitte en hoeveelheid kruit, spoed

Met die bogenoemde in ag geneem sal met die 6mm CM met n stadiger kruit skiet teen baie laer druk as die Dasher wat teen hoe druk, vinniger kruit, maar minder kruit gebruik.

Me denke is dat die Creed baie nader dan aan die dasher gaan kom?

Dankie

Sent from my SM-G780F using Tapatalk

Sako .243
Tikka 6.5Creedmoor
Krieger 300WSM
9mm Glock 19 Gen 4
--------------------------------------------------------------------------
A bullet is forever
User avatar
Schalk van Wyk
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 341
Joined: Fri Mar 07, 2014 2:09 pm

Re: 6mm Dasher vs 6mm Creedmoor looplewe teen dieselfde spoed

Post by Schalk van Wyk »

2850 voel vir my stadig vir altwee kalibers. Jy behoort goeie loop lewe te kry uit beide. Ek skiet ‘n 6mm Dasher uit ‘n 26” loop. Het nou so 1000 skote deur die loop met Hodgon Varget. Skiet meestal 90gr Lapua L teen 3150. My freebore het nog nie met ‘n mm ge groei nie.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Geld maak mens nie gelukkig nie, maar geld kan gewere koop en gewere maak mens gelukkig!
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13574
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: 6mm Dasher vs 6mm Creedmoor looplewe teen dieselfde spoed

Post by Capt. Yoda »

Is nog n bq vroeg op n Vrydag vir die aan maar kom ons try.

Jou voordeel in die Creed is die dop is groot genoeg om iets soos N160 te gebruik wat n baie (amper een van die koelste) koel brandende kruit is, die nadeel is dan nou weer jy gooi meer kruit in jou dop so daar is n groter stadiger vlam in die keel al brand hy nou kouer as se ma S365.
Die Dasher aan die anderkant gaan nou weer met iets soos N140 skiet wat warmer brand as die N160 in jou Creed maar omdat jy aansienlik minder kruit gooi en omdat die kruit ook vinniger brand is die eina sjoe sjoe in die keel vinniger verby. Die kruit wat jy op besluit het imo n groter effek op loop lewe as die hoeveelheid wat jy gaan gebruik of dan nou self die spoed en tot n mate druk wat jy behaal. As jy die selfde hoeveelheid N560 in jou Creed gooi as wat iemand N140 in sy Dasher gooi en al 2 teen 2850fps skiet waar die Creed teen laer druk hhardloop gaan die Creedmoor eerste groed omdat N560 soveel warmer brand om daai ekstra energie op te maak om by te dra vir die laer druk wat jy nou het

Daar is dan ook ouens wat glo en ek dink dit dra meriete dat druk die oorsaak van die "fire cracking" in die eerste deel van die loop is. Hoe hoer jou druk is hoe meer uitset en krimp is daar in die staal en dit is dan wat daai krake in die loop veroorsaak en soos ons weet is dit daai eerste 6"wat so "krake" brand in n loop wat sy dood is en nie noodwendig die keel wat weg brand nie so met die teorie gaan die een wat teen laer druk hardloop seker beter hou maar met dit gese kan jy enige goeie 308 FTR skut vra hoekom hulle eder N140 sal gebruik en teen hoer druk skiet as om N540 te gebruik (wat baie warmer brand) en dan teen n laer druk en selfde spoed as die N140 lading skiet.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8005
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 6mm Dasher vs 6mm Creedmoor looplewe teen dieselfde spoed

Post by Arnold »

As ek nou net kan opsom wil ek sê dat ek saamstem met Capt. en hy het dit mooi verduidelik :laugh:

As jy self wil speel kan jy van die barrel life calculators gebruik om jou 'n idee te gee. Hoe akkuraat hulle tot op die nommer is van minder belang as om te sien hoeveel meer skote jy uit die een kan kry. Intrees vir die sompomp is kaliber, hoe warm die dryfmiddel is, hoeveel dryfmiddel en piek kamerdruk. Ek het al baie hiermee gespeel op soek na die beste middelweg en soos Capt noem is 'n groter dop nie altyd 'n slegte ding nie.
Rem
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 418
Joined: Wed Jun 01, 2016 1:07 pm

Re: 6mm Dasher vs 6mm Creedmoor looplewe teen dieselfde spoed

Post by Rem »

Dankie manne. Ek het nog altyd dieselfde gedink. Sal vir my interessant wees om die "real world" resultate te sien. Vir nou skiet ek my 6creed en hou van die opsie om hom vinniger te kan skiet indien ek wou. Sit nou op 1500skote en hy is nog n hammerImage

Sent from my SM-G780F using Tapatalk

Sako .243
Tikka 6.5Creedmoor
Krieger 300WSM
9mm Glock 19 Gen 4
--------------------------------------------------------------------------
A bullet is forever
User avatar
Izak H
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 343
Joined: Sun Jun 14, 2009 9:38 am

Re: 6mm Dasher vs 6mm Creedmoor looplewe teen dieselfde spoed

Post by Izak H »

Môre, ek weet van 'n jakkals skiet dasher wat begin skiet met 58gr vmax @ omtrent 3900 en toe later oor is na 70gr nosler ballistic tip varmint punte @ so 3600
Geweer werk nou in die rigting van 3500 skote, col nog dieselfde en groepering nog snyers op 100m
Ek weet dis nou ander gewig punte, maar net so iets oor dasher loop lewe
Ps. ek dink die soort loop maak ook verskil
Groete izak

Sent from my ANG-LX1 using Tapatalk

Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1875
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: 6mm Dasher vs 6mm Creedmoor looplewe teen dieselfde spoed

Post by Alwin »

Ek vermoed dat die grootste van die genoemde faktore wat looplewe be-invloed is die hoeveelheid dryfmiddel. Ontbrandingstemperatuur is 2de. Spoed tel nie enige punte nie. M.a.w. ek wil beweer dat om jou lading effens te verlaag om spoed te verminder, baie min effek op loopleeftyd gaan toon. Vermider die dopkapasiteit, dan verleng jy die loopleeftyd.
Post Reply