Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
458 Lott 3 x skote laaste skoot of tweede was nie nodig ek het maar net gegooi solank die kat nie plat was nie.
480gr Woodleigh koeels teen 2180fps.
Gebeur op tweede vol jag dag eerste skoot was op 25 meter.
Was baie spesiaal ek hoop van harte die jagte bly oop as jy dit reg doen jag jy behoorlik en my seun kan dit hopelik eendag ervaar.
Ja bloed is mooi afgevee een skoot was van agter na eerste skoot.
Eerste een longe, tweede een van agter en derde skoot was middel van bewegende kat centre of mass geskiet en toe is dit klaar.
5 Sekondes tussen eerste en laaste skoot.
Andre308 wrote: Thu Sep 30, 2021 12:07 am
ps. Vir die Heimlich maneuver moet jy jou hande laer af tot net onder die sternum kry anders werk dit nie so goed nie
Dankie Andre, as ek dit ooit weer moet probeer en persoon weeg 180kg dan gaan hulle maar vrek.
BenJacobs wrote: Thu Sep 30, 2021 1:17 pm
Waar kan mens nog 'n leeu jag? Ek sal graag my geld vir so ietsie spaar?
Groete Ben
Die pakket het ek gekoop vir redelik baie minder as wat Capt noem maar ja makou geweer gaan net seker maak jy maak die kat kwaad en die PH gaan jou leeu skiet.
Daar is 8 plase wat in SA registreer is met SAPA en hulle het hulle eie reels onder andere die leeus moet minimum 30 dae in veld loop voor hulle gejag mag word en gewoonlik word daar meer as 1 afgelaai word. Toe ek gejag het die naweek was daar nog 3 leeus in die veld 2 wyfies en een mannetjie en dan sal die volgende 6 of meer wat weer afgelaai word.
Grond is 7000 hektaar groot geen binnedradde nie en daar is veel ander wild wat rondloop onder andere buffels.
Leeu jag is nie almal se lys nie maar dit is baie spesiaal en was vir my groot eer en seen wat ek kon waar laat word het.
Covid en al met die ekonomie en Ons Vader het dit nogsteeds laat gebeur.
Dankie oom.
Ek moet sê dit is ook iets op my lys. Wat die geweer aanbetref, ek is darem bewus oor die geweer. Daar is dalk iets in die pyplyn vir die roer, dan is net net wag en spaar.
Groete Ben
BenJacobs wrote: Thu Sep 30, 2021 7:20 pm
Dankie oom.
Ek moet sê dit is ook iets op my lys. Wat die geweer aanbetref, ek is darem bewus oor die geweer. Daar is dalk iets in die pyplyn vir die roer, dan is net net wag en spaar.
Groete Ben
Mooi groot wyfie, ek gaan nou n vraag vra mag dalk dom wees ma kom ons kyk, Sal n 250gr koeel teen so 2800ft/s nie beter wees as n swaar stadige koeel vir katte nie? Het al gelees dat die katte baie sensitief is is vir kinetiesie skok?
Use Enough Gun - Ek geniet my lott met dieselfde skoot plasing sou ek nie kan sien dat die leeu vinniger sou doodgaan nie. Leeu het net 12 meter gevorder vanaf eerste skoot.