22 Creedmoor of 22 BR

Post Reply
User avatar
Hano243
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 292
Joined: Wed Jan 21, 2015 3:56 pm

22 Creedmoor of 22 BR

Post by Hano243 »

Middag Manne

Ek wil n lekker veld skiet geweer laat bou. Die plan was 22 250 met 1/7 twist loop.

Paar mense het al gese 22 creedmoor of 22Br sal selfde job doen met langer loop lewe. Hoe vergelyk hulle met 22 250?
Hano
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13585
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: 22 Creedmoor of 22 BR

Post by Capt. Yoda »

Daar is so min verskil in performance tussen die 22 250 en 22Creed loop lewe gaan nie regtig verskil nie. Die 22BR gaan n baie beter loop lewe he maar ook weer minder as n 6BR en die 22BR sal nie die spoed maak wat die groter doppe soos die Creed doen nie, ek sou die 22BR pad gaan as jy regtig n "22"/224 soek anders sou ek net standaard 6mmBR gegaan het. Koop jou doppe en gaan skiet jou 4000 skote deur jou loop

Met die BR sal jy net moet seker maak alles voer mooi maar dit is nie regtig n probeem nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Hano243
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 292
Joined: Wed Jan 21, 2015 3:56 pm

Re: 22 Creedmoor of 22 BR

Post by Hano243 »

Dankie Cappie, ek kyk juis na iets met n swaarder punt en spoed. 22 250 is dan dalk beter aangesien sy doppe makliker beskikbaar is.
Hano
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13585
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: 22 Creedmoor of 22 BR

Post by Capt. Yoda »

Dit hang nou weer natuurlik af watse klas koels jy wil skiet, as jy swaar lang koele wil skiet gaan jy na n twist in n 22 250 rak geweer moet kyk wat nie so volop is nie maar as jy n 22 250 of 22Creed/BR wil bou is dit weer n baie lang uit gerekte proses en die kostes kan vinnig baie raak
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
WicusdP
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 389
Joined: Tue Jul 12, 2016 8:50 pm

Re: 22 Creedmoor of 22 BR

Post by WicusdP »

Hi Hano
Ek skiet 22-250ai en mater van my skiet 22Creed.
Beide skiet 80gr ELDM.
Ek skiet teen 3370fps en my mater se 22Creed teen net bokant 3400.

As jy straight 22-250 wil gaan…..dan gaan jy waarskynlik 75gr skiet iewers tussen 3200 en 3300…….uit 28” loop. Weet van paar groot veldskuts wat die kombinasie gebruik.

Jy gaan moet besluit watter gewig punt jy wil skiet teen watter spoed…..en dan van daar jou besluit neem.

Ek dink nie jy gaan 80gr uit straight 22-250 teen veel meer as 3200 geskiet kry nie……
22-250 Musgrave
6 XC Krieger/Savage
243 Howa
300WSM Tikka Super Varmint
22-250 Weatherby Varmint
6.5 Creed Tikka
User avatar
Hano243
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 292
Joined: Wed Jan 21, 2015 3:56 pm

Re: 22 Creedmoor of 22 BR

Post by Hano243 »

Capt. Oblivious wrote: Mon Sep 27, 2021 1:48 pm Dit hang nou weer natuurlik af watse klas koels jy wil skiet, as jy swaar lang koele wil skiet gaan jy na n twist in n 22 250 rak geweer moet kyk wat nie so volop is nie maar as jy n 22 250 of 22Creed/BR wil bou is dit weer n baie lang uit gerekte proses en die kostes kan vinnig baie raak
Die ideal sou n 22 250 rak geweer wees, net jammer die twist op hulle is nie wat mens wil he nie.
WicusdP wrote: Mon Sep 27, 2021 1:53 pm Hi Hano
Ek skiet 22-250ai en mater van my skiet 22Creed.
Beide skiet 80gr ELDM.
Ek skiet teen 3370fps en my mater se 22Creed teen net bokant 3400.

As jy straight 22-250 wil gaan…..dan gaan jy waarskynlik 75gr skiet iewers tussen 3200 en 3300…….uit 28” loop. Weet van paar groot veldskuts wat die kombinasie gebruik.

Jy gaan moet besluit watter gewig punt jy wil skiet teen watter spoed…..en dan van daar jou besluit neem.

Ek dink nie jy gaan 80gr uit straight 22-250 teen veel meer as 3200 geskiet kry nie……
Ek dink om n 80gr veilig tussen 3300 en 3400 te skiet sal die ding doen.
Hano
User avatar
WicusdP
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 389
Joined: Tue Jul 12, 2016 8:50 pm

Re: 22 Creedmoor of 22 BR

Post by WicusdP »

As jy bokant 3300 wil wees met 80gr……dan is 22Creed of 22-250ai jou opsies…..en rakgeweer is dus nie ‘n opsie nie.

Laat weet my as jy besluit het…..ek kan vir jou sê watter kruit ens ens ons tans gebruik in die 2 kalibers.

As jy rakgeweer wil gebruik…..dan jan jy kyk na savage vlp. Weet nie of daar tans van hulle beskikbaar is nie. Maar hul lope is 26” en as ek reg onthou is hulle 1:9” twist. Gaan nie 80gr kan skiet nie…..maar wel in die 70gr klas wat ook ‘n lekker veldskiet kombinasie kan wees.
22-250 Musgrave
6 XC Krieger/Savage
243 Howa
300WSM Tikka Super Varmint
22-250 Weatherby Varmint
6.5 Creed Tikka
User avatar
Hano243
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 292
Joined: Wed Jan 21, 2015 3:56 pm

Re: 22 Creedmoor of 22 BR

Post by Hano243 »

Dankie, die 22 creed lyk dan al hoe meer na die beter roep.

Ek moet dan nou net op aksie en loop besluit. Dan die lang wag vir lisensie.
Hano
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3079
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

22 Creedmoor of 22 BR

Post by Apie »

22 Creed uit 26duim loop gooi 88gr EldM @ 3250fps
22-250 doen selfde maar met 80gr Eld

Vir Veldskiet gaan die 22BR bietjie aan die pap kant wees.

22-250
22Creed
22 Dasher
6mm Dasher
6mm Creed
6XC
6SLR
243 en AI

Almal met voor en nadele

Sent from my iPhone using Tapatalk
Last edited by Apie on Mon Sep 27, 2021 8:16 pm, edited 1 time in total.
Tampie
Full Member
Full Member
Posts: 183
Joined: Wed Jun 05, 2013 2:03 pm

Re: 22 Creedmoor of 22 BR

Post by Tampie »

Savuti het ń ruk terug Howa 22-250's gehad met 27 duim 1 in 7 twist varmint lope. Dalk is jy gelukkig en daar is nog as jy na iets standaard soek...

Groete
User avatar
Hano243
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 292
Joined: Wed Jan 21, 2015 3:56 pm

Re: 22 Creedmoor of 22 BR

Post by Hano243 »

Tampie wrote: Mon Sep 27, 2021 8:48 pm Savuti het ń ruk terug Howa 22-250's gehad met 27 duim 1 in 7 twist varmint lope. Dalk is jy gelukkig en daar is nog as jy na iets standaard soek...

Groete
Savuti kan kry vir R24 000. Howa Barrelled action. Vir daai prys bou ek eerder.
Hano
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2111
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: 22 Creedmoor of 22 BR

Post by Supacow »

Not greedy but do like a lot
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 22 Creedmoor of 22 BR

Post by Arnold »

Hano243 wrote: Tue Sep 28, 2021 9:02 am
Tampie wrote: Mon Sep 27, 2021 8:48 pm Savuti het ń ruk terug Howa 22-250's gehad met 27 duim 1 in 7 twist varmint lope. Dalk is jy gelukkig en daar is nog as jy na iets standaard soek...

Groete
Savuti kan kry vir R24 000. Howa Barrelled action. Vir daai prys bou ek eerder.
Hierdie is 'n geboude geweer want hy kom nie so standaard nie. Praat bietjie met hulle maar praat ook met die manne wat die vinnige 22s skiet. Die swaar punte en 7 twist kan dalk vir jou gryshare gee as die koeels nie bymekaar bly nie ;)

'n 8 twist behoort meer as voldoende te wees as jy hulle so vinnig gaan druk so los dalk die 7 twist lope vir die 223s :laugh:
User avatar
Gian_dP
Hero Member
Hero Member
Posts: 1618
Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm

Re: 22 Creedmoor of 22 BR

Post by Gian_dP »

Hano243 wrote:
Tampie wrote: Mon Sep 27, 2021 8:48 pm Savuti het ń ruk terug Howa 22-250's gehad met 27 duim 1 in 7 twist varmint lope. Dalk is jy gelukkig en daar is nog as jy na iets standaard soek...

Groete
Savuti kan kry vir R24 000. Howa Barrelled action. Vir daai prys bou ek eerder.
Ek dink nie jy gaan daardie prys klop deur self te bou nie. Plus jy gaan nie al die papierwerk by CFR hoef te doen nie, slegs aansoek doen vir lisensie.

Loop R10000, as jy een kan kry.
Geweersmit R10000+( kamer sny, kroon sny, loop skroefdraadsny en pas, reamer huur ens.)
Howa aksie R5000.

Sent from my SM-G973F using Tapatalk

_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
User avatar
Hano243
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 292
Joined: Wed Jan 21, 2015 3:56 pm

Re: 22 Creedmoor of 22 BR

Post by Hano243 »

Gian_dP wrote: Tue Sep 28, 2021 10:09 am

Waar kan ek n Howa aksie te koop kry?
Hano
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 22 Creedmoor of 22 BR

Post by Arnold »

Hano243 wrote: Tue Sep 28, 2021 11:42 am

Koop 'n goedkoop Howa barreled action. Jy kan nie 'n los aksie by die winkel koop nie.
Ek glo wat hier gebeur is dat 'n gooedkoop barreled action se loop vervang word met iets wat die mark soek.
User avatar
Gian_dP
Hero Member
Hero Member
Posts: 1618
Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm

Re: 22 Creedmoor of 22 BR

Post by Gian_dP »

Hano243 wrote:
Gian_dP wrote: Tue Sep 28, 2021 10:09 am
Hano243 wrote: Savuti kan kry vir R24 000. Howa Barrelled action. Vir daai prys bou ek eerder.
Ek dink nie jy gaan daardie prys klop deur self te bou nie. Plus jy gaan nie al die papierwerk by CFR hoef te doen nie, slegs aansoek doen vir lisensie.

Loop R10000, as jy een kan kry.
Geweersmit R10000+( kamer sny, kroon sny, loop skroefdraadsny en pas, reamer huur ens.)
Howa aksie R5000.

Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Waar kan ek n Howa aksie te koop kry?
Presies soos Arnold sê, jy sal nuwe Howa moet koop net vir die aksie, of tweedehandse Howa met loop wat moeg is. Hulle gaan vir so R5000 wanneer hulle op die mark kom.

Sent from my SM-G973F using Tapatalk

_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
User avatar
Hano243
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 292
Joined: Wed Jan 21, 2015 3:56 pm

Re: 22 Creedmoor of 22 BR

Post by Hano243 »

Dankie vir julle raad en hulp. Ek glo ek het nou redelik genoeg informasie om mee te werk voor ek my besluit neem.
Hano
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13585
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: 22 Creedmoor of 22 BR

Post by Capt. Yoda »

Koop n Howa 243 of Creedmoor en skiet sy loop klaar met 87gr Vmaxe, na dit gooi jy n nuwe loop op in die kaliber wat jy soek.

Die is nou wel uit verkoop maar so iets sal glad loop met n 87/95gr vir veldskiet
https://www.habitatafrica.co.za/product ... el-action/
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 22 Creedmoor of 22 BR

Post by Arnold »

Daai Creedmoor het 'n vinnige twist en sal die 105gr gemaklik skiet teen 'n redelike spoed 8)
6.5/284Norma
Hero Member
Hero Member
Posts: 1730
Joined: Tue Sep 08, 2015 7:28 am

Re: 22 Creedmoor of 22 BR

Post by 6.5/284Norma »

Van van die een, nou wel nie 22 nie maar great vir veldskiet:

6xc Sauer 100 Fieldshoot. {net 'n idee}
6mm-xc-sauer-s100-fieldshoot-25-5-inch-treaded-18x1-rifle6xcfieldshoot_.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
I'd rather be hunting!

Truvelo 6mm Creedmoor
Howa 6mm Creedmoor
Howa 6.5 Creedmoor
Pinkes
Hero Member
Hero Member
Posts: 1226
Joined: Wed Jan 30, 2013 11:04 am

Re: 22 Creedmoor of 22 BR

Post by Pinkes »

Gian_dP wrote: Tue Sep 28, 2021 10:09 am
Hano243 wrote:
Tampie wrote: Mon Sep 27, 2021 8:48 pm Savuti het ń ruk terug Howa 22-250's gehad met 27 duim 1 in 7 twist varmint lope. Dalk is jy gelukkig en daar is nog as jy na iets standaard soek...

Groete
Savuti kan kry vir R24 000. Howa Barrelled action. Vir daai prys bou ek eerder.
Ek dink nie jy gaan daardie prys klop deur self te bou nie. Plus jy gaan nie al die papierwerk by CFR hoef te doen nie, slegs aansoek doen vir lisensie.

Loop R10000, as jy een kan kry.
Geweersmit R10000+( kamer sny, kroon sny, loop skroefdraadsny en pas, reamer huur ens.)
Howa aksie R5000.

Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Ek hoop jou GS vat jou darem vir ete voor hy jou so s.....! :police:
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: 22 Creedmoor of 22 BR

Post by Gawie(13mm) »

Manne, hoe meer dinge verander, hoe meer bly dit dieselfde.😅

David Tubb het sy 6XC ontwikkel deur 'n 22-250 dop op te nek na 6mm en 'n paar klein verstellings te maak, soos 'n 30 grade skouer en amper reguit wande om die dopvolume bietjie te rek.

Toe kom Hornady en nek dieselfde dop op na 6.5mm en noem dit die Creedmoor. Na 'n wyle nek Hornady hom af na 6mm en siedaar; 'n 6mm Creedmoor.

Manne soek weerlig spoed en Hornady druk 'n .22 koeël in sy nek en noem dit 'n 22 Creedmoor.

Enigste sigbare verskil tussen hom en 'n .22-250 AI is die hoek van die skouer. AI het 'n 40 grade skouer.

...en nee, die rede vir die 30 grade skouer is nie om beter te voer uit die magesyn nie. Die meeste Ackley's word deesdae op 'n "druk-voer" aksie gebou, en met 'n los magesyn is die moontlike voer probleme uiters gering.
Die rede is dat Ackley doppe so lank soos die loop hou en selfs langer, waar die Creed maar gereeld gesny moet word. Hornady verkoop ook doppe, onthou.😅

Kruks van die saak is dat 'n Howa in 22-250 van die rak af ge-Ackley kan word en beter doplewe op goedkoper doppe gaan gee as die Creed, in my opinie. Jy gaan daai R2000. 00 vir die sny van die kamer vinnig spaar in doppe en voorbereiding tyd.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Post Reply