Page 1 of 1
Savage MK II; ja of nee?
Posted: Fri Sep 17, 2021 7:40 am
by Gawie(13mm)
IMG-20210913-WA0004.jpg
Dagsê.
Hierdie roer is in die mark en ek het 'n vriend wat oorweeg om sy hard verdiende geld te verruil daarvoor.
Enige manne wat eerstehandse ervaring het wat kan help, se insig sal waardeer word.
Re: Savage MK II; ja of nee?
Posted: Fri Sep 17, 2021 7:57 am
by tripodmvr
Daar is so paar Youtube videos oor Savage .22's. Jy al daarna geloer?
Re: Savage MK II; ja of nee?
Posted: Fri Sep 17, 2021 8:02 am
by vossie1
More Gawie
Ek het al so paar savage's gehad en het geen probleme met hulle ondervind nie, ek het wel nie die .22 gehad nie maar hulle kwaliteit is goed, ek dink n man moet seker eers weet wat hy gaan betaal vir die roer. In my opienie is daar niks wat n mooi brno vir R5000 en onder sal klop nie. Sal dit gebruik word vir comp of net om n.22 te he in die kluis? Ek dink die savage sal so akuraad wees soos enige ander.
Groete
Vossie
Re: Savage MK II; ja of nee?
Posted: Fri Sep 17, 2021 8:54 am
by WihandV
Goeie môre Gawie,
Ek het presies so een en is baie tevrede.
Wihan
Re: Savage MK II; ja of nee?
Posted: Fri Sep 17, 2021 10:25 am
by Gawie(13mm)
tripodmvr wrote: Fri Sep 17, 2021 7:57 am
Daar is so paar Youtube videos oor Savage .22's. Jy al daarna geloer?
Marius, ek soek 'n man wat vir my in Afrikaans kan vertel of my vriend 'n donkie opsaal!
Jooptjoep is vol manne wat hulself wil oortuig met hul aanwins. Ek soek dit uit die perd se bek.
Vossie, hy gaan werk maat.
WihandV, dankie maat.