Frankryk 2021/2022 Jag seioen

User avatar
Methos
Hero Member
Hero Member
Posts: 581
Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm

Frankryk 2021/2022 Jag seioen

Post by Methos »

Hi Almal

Die 2021/20222 seisoen skop Saterdag af. Die algemene jag begin eers Sondag maar ons span hou 'n drukjag Saterdag oggend. Normaalweg is dit op die spot waar ek my 2de vark geskiet het.

Ons het laasweek Donderdag oggend voor werk gou 'n stuk gejag waar ons nie gewoonlik mag jag nie maar die eienaar het gevra dat ons kom want die varke eet baie van sy appels. Ons was 7:30 daar en wag 8uur op ons poste. My lyn was op die rand van 'n gestroopde koring veld. Die eerste vark wat geval het, het so 150m van my af uit gekom, Ek het die kruis op hom gehad maar kon nie skiet want daar was nie goeie backstop nie. 'n Ander omie wat op sy bakkie se bak gestaan het kon hom egter platmaak. Nog 'n vark is so 200m van ons af geskiet.

Ons word toe geskuif maar ek moes huistoe om betyds by die werk te wees. EK werk nogsteeds van die huis af so dis darem OK.

Ek het onlangs 'n oulike geweerwinkel ontdek nie te ver van my huis af nie en hulle pryse is uiters goed. Ek het Dinsdag gou my jag papiere gaan uitsort by die Burgermeester kantoor - €360 later maar nou ja. Toe ek daar klaar is is dit amper 12 uur - ek bel die winkel en vra of hulle toemaak tussen 12 en 2 soos baie Franse winkels - Ja hulle maak toe - ai sê ek, ek wou patrone kom koop. Meisie antwoord nee maar dis reg ons bly oop totdat jy hier was - awesome diens. EK kon toe 2 pakke Winchester Super X 180 gr in die hande kry teen €28 per boksie. Goeie prys as jy my vra.

Rugsak is gepak, gewere skoongemaak en radio en gehoor beskermer se batterye is nuut. Reg vir als ;)

Ons was op vakansie naby Toulon soos elke jaar. Ek ry toe die eendag rond opsoek na 'n Peugot 5008 se wielbout - lang storie - Kry een en ry terug kamp toe - sien 'n bord wat sê "Le Pistolier" Ek ken die naam want ek kry altyd hulle advertensie boekie in my jagtydskrifte. Ek stop daar en kyk bietjie rond. Baie baie oulikke winkel. Hulle het die mooiste Blaser R8 in Okerneut te koop - vir net €15 000. Wag nog vir die Lotto bus om te kom...

Sien toe daar is klompie fotos van Bakkies Botha en Danie Rossouw ook in die winkel wat hulle geteken het - hulle het mos beide vir Toulon gespeel so dis langs hulle. Was lekker om darem so klein SA connection te hê ;)

Ek het daar vir my 'n lekker "cheeck raiser" gekoop vir my haelgeweer - 'n neoprene sloop vir die kolf en dan verskillende diktes spons wat in hom gaan om jou oog reg optelyn. Sal sien hoe dit werk.

Het gedurende die somer darem heelwat met die windbuks geskiet so ek behoort hopelik nie te verroes te wees nie.

Mooi loop!
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Frankryk 2021/2022 Jag seioen

Post by tripodmvr »

Dankie vir die nuus. Sien uit na verdere jagberigte. Geniet dit.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2173
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Frankryk 2021/2022 Jag seioen

Post by Johan Nel »

Mooi man! Jy moet lekker jag Saterdag.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
Methos
Hero Member
Hero Member
Posts: 581
Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm

Re: Frankryk 2021/2022 Jag seioen

Post by Methos »

Daar is nie veel beter plekke om te wees op 'n Saterdag oggend nie... Image

Sent from my STK-LX1 using Tapatalk

User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Frankryk 2021/2022 Jag seioen

Post by DWB »

Rol daai otte!!!!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Methos
Hero Member
Hero Member
Posts: 581
Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm

Re: Frankryk 2021/2022 Jag seioen

Post by Methos »

Gister was daar net 2 geskiet. Een van 70kg. So 200m van my pos af geskiet. Ek het later my kruis op een gehad maar nie geskiet want dit was baie ver onder, so 150m van my af maar onder in vallei. Wou laat hy opkom maar hy het nie. Sou te moeilik wees om hom uit te sleep.

Toe die jag klaar is, sleep ons die 70kg een so 600m. Lekker moeg gewees. Net 3 ouens. Ons laai toe als en ry terug klubhuis toe. Toe ons amper uit is lui my foon en hulle vra dat ons kom help die grote uitsleep. Daar is klomp mense deel van die span maar min jonges.

Ons was 5 ouens. Dit was toe die een op wie ek die kruis gehad het. Die ou wat hom geskiet het, het hom geskiet 2 valleie van die pad af. Mos hom 75m op sleep teen helling. Toe weer af en toe die laaste stuk weer op van so 300m. Deur digte bosse etc. Laaste 100m toe quit een ou en sê hy kan nie meer nie. Uiteindelik uitgesleep, toe ons bo is gaan lê ek op rug sommer in stofpad. Lanklaas so moeg gewees.

Als gelaai en toe klubhuis toe. 2 biere gedrink en huistoe. Op soos ou tekkies. Ek moes maar die vark geskiet het, dan sou ek ten minste vir myself gesweet het... Image

Sent from my STK-LX1 using Tapatalk

User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5023
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Frankryk 2021/2022 Jag seioen

Post by Frederik »

Dankie vir die deel van jou jagte. Soos jy tereg se skiet eerder maar sodat jy sweet op jou eie vark.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Frankryk 2021/2022 Jag seioen

Post by tripodmvr »

Methos, sleep julle deur pote te gryp, of het julle 'n tou waaraan 'n paar manne kan trek?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Methos
Hero Member
Hero Member
Posts: 581
Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm

Re: Frankryk 2021/2022 Jag seioen

Post by Methos »

Oom Driepoot - Daar word 'n tou agter die vark se tande vasgemaak. Hy sleep makliker so.

Vir die kleiner een het ons my tou gebruik, dit is die tou van 'n roeimasjien wat ons in die huis gehad het wat gebreek het wat ek afgesny het. Hy het 'n lekker handle wat die trekkery makliker maak.

Vir die grote het ons 'n langer tou gebruik met 'n paar knope in hom om loops te vorm sodat elke ou sy hand daar kan inkry. Twwe ouens op die tou en 2 op die vark se voor pote om sy kop optelig want hy haak gereeld vas.

Mens moet ook baie versigtig wees want die vark se tande kan nogsteeds steek. Die ou heel links van die foto het paar jaar terug 2 dae in hospitaal gespandeer want die vark het gegly en hom diep in die kuit gesteek. Saterdag het die een ou ook 'n lekker krap van die dooie vark gekry op die kuit.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Frankryk 2021/2022 Jag seioen

Post by tripodmvr »

'n Voorstel - maak 'n kappie (kondoom) wat oor sy kop kan vastrek en die tande toemaak. Dit kan ook help om hom meer vaartbelynd te maak om deur die bosse te sleep. Wees bly daar is min doring bome.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Methos
Hero Member
Hero Member
Posts: 581
Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm

Re: Frankryk 2021/2022 Jag seioen

Post by Methos »

Vanoggend weer gaan jag. Was 5:40 wakker en 6:30 by die jag klub. 7:30 was ons op ons poste. Ek was op die spot waar ek 2 jaar terug 'n vos en vark binne 10 min uitmekaar geskiet het. Ons was 3 ouens in on lyn. Reg in die middel van die jag. Op die rand van 'n kruin van so 600m. Ons mag albei kante toe skiet maar nie te lang skote.

Die honde is losgelaat en nie lank kyk ek na my vriend langs my en ek sien hy lê aan op iets. Hy was so 150m aan my regs. Ek kyk waar hy mik en dis 'n vos. Hy skiet nie en ek het die kruis op die vos maar nie heel seker oor die skoot en omdat dit die begin van die dryf is en die algemene wysheid is dat die varke die vosse volg,besluit ek om nie te skiet nie.

Daar is 'n plaat bome voor ons en agter. Lekker varkerig! Die honde kom en begin dit deurwerk. Niks maak nie. Na 'n ruk hoor ek 'n fluit en dis my buurman aan linkerkant. Daar kom 'n vos na my aangehardloop reg op die kruin van die rif en ek haal geweer af. Vos sien my toe hy so 7m van my af is en steek vas en draai om. Ek kan nie skiet want Jacques is agter die vos.

9 uur is die honde al moeg en dis stil. Ek weet vandag gaan niks gebeur nie. Haal maar foon uit en begin bokke se game kyk met die klank af, maar ek kyk darem baie rond. So 25 min die game in hoor ek deur my elektroniese earmuffs 'n paar klippies rol. Foon word blitsvinnig neergesit en ek staan op. Jacques waai sy arms en wys af. Hy lê aan maar die skoot klap nie. So 30 sekondes later kom die vark deur paar dennebome te voorskyn. Dis binne my 30 grade veilige skiet zone en ek lê aan op so 25m. Wil kop skiet maar vark draai op. Gaan uit amper uit my veilige zone. Mik agter blad en skoot klap. Vark val, los een skreeu bly lê.

Ek stap nader om seker te maak dat vark dood is en nie suffer. Oi. Dis pens skoot. Moes skoot getrek het. Vark van so 35kg is egter morsdood. Ver agter geskiet. 308 is nie 'n speelding nie.

Jag gaan aan maar niks anders kom ons kant toe nie.

11h word einde van aangekondig. Ek slaap vark tot by kar en ons laai en gaan terug klubhuis toe. Nog een ander vark is geskiet. Sog van 95kg. Grootse tande wat ek ooit op sig gesien het. Sy is geskiet op 30cm toe sy hondehandler gestorm het. Het een hond se bors lelik oopgesny. Moes steke kry.

Maak leeg en sien die lewer het skoot deur en die niere is amper jellie van shock. 11:45 is ek en die vark se agterkwart in die kar en op pad huis toe!

Die rekening is oop vir die jaar! Nie te trots op die skoot. Sal die week die zero gaan check.

Sent from my STK-LX1 using Tapatalk

User avatar
Methos
Hero Member
Hero Member
Posts: 581
Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm

Re: Frankryk 2021/2022 Jag seioen

Post by Methos »

Foto van die varkie. ImageImageImage

Sent from my STK-LX1 using Tapatalk

User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Frankryk 2021/2022 Jag seioen

Post by tripodmvr »

Geluk met die opening van die rekening. Het die varkie nie beweeg net toe jy die sneller trek nie?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Methos
Hero Member
Hero Member
Posts: 581
Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm

Re: Frankryk 2021/2022 Jag seioen

Post by Methos »

Jip. Was besig om te draf. Gewoonlik skiet ek beter maar darem net bly dat dit dood skoot was en sy nie gely het nie.

Sent from my STK-LX1 using Tapatalk

Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2173
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Frankryk 2021/2022 Jag seioen

Post by Johan Nel »

Welgedaan Methos.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
JJV
Hero Member
Hero Member
Posts: 770
Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am

Re: Frankryk 2021/2022 Jag seioen

Post by JJV »

Great! Maak jy Salami?? JJV


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5023
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Frankryk 2021/2022 Jag seioen

Post by Frederik »

Geluk met die eerste een hopelik sal dit beter van nou gaan het jy dalk foto van die groot sog se tande?
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2595
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm

Re: Frankryk 2021/2022 Jag seioen

Post by JohanvB »

Geluk!
User avatar
Methos
Hero Member
Hero Member
Posts: 581
Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm

Re: Frankryk 2021/2022 Jag seioen

Post by Methos »

Frederik wrote:Geluk met die eerste een hopelik sal dit beter van nou gaan het jy dalk foto van die groot sog se tande?
Ongelukkig nie. Toe ek wou fotos neem was hande al vol bloed. Toe kom die beseerde hond ook daar aan. Hier is foto van sy bors


Sent from my STK-LX1 using Tapatalk

User avatar
Methos
Hero Member
Hero Member
Posts: 581
Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm

Re: Frankryk 2021/2022 Jag seioen

Post by Methos »

Hond se bors
Image

Sent from my STK-LX1 using Tapatalk

User avatar
Methos
Hero Member
Hero Member
Posts: 581
Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm

Re: Frankryk 2021/2022 Jag seioen

Post by Methos »

Pal van my het foto geneem! Daai onderste tande is so skerp soos 'n mes! Image

Sent from my STK-LX1 using Tapatalk

User avatar
Methos
Hero Member
Hero Member
Posts: 581
Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm

Re: Frankryk 2021/2022 Jag seioen

Post by Methos »

Hi

Het die naweek weer gejag. In die olyfboorde nie te ver van die dorp af nie. Ek was tussen 2 huise - so 100m van een huis en 150m van ander huis. Ek hou niks daarvan om daar te jag nie maar dit moet gedoen word. Ek het maar die haelgeweer met slugs gevat - minder kans vir slegte ricochet. Daar het niks na my kant toe gekom nie. Later na ander plek geskuif maar ook niks daar gemaak nie. Van die ander ouens het bietjie meer luck gehad.

NA die tyd is ek weg - nie klubhuis toe nie, goed om te doen. Pal van my stuur later vir my die fotos - hy het 'n stuk vleis gevat en toe hy dit by die huis afslag kry hy 'n ou wond, wat gesond geword het - Hier is 'n foto van die koeel in die laaste foto is hy langs 'n 300wm vir skaal. Enige idee van die kaliber?
User avatar
Methos
Hero Member
Hero Member
Posts: 581
Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm

Re: Frankryk 2021/2022 Jag seioen

Post by Methos »

Die koeël. ImageImageImage

Sent from my STK-LX1 using Tapatalk

User avatar
toelie
Hero Member
Hero Member
Posts: 928
Joined: Mon Nov 26, 2012 9:10 pm

Re: Frankryk 2021/2022 Jag seioen

Post by toelie »

Lyk soos n .22 koeeltjie daai
.22LR Voere
.22LR CZ Varmint
.22-250 CZ Varmint
.22-250 Savage Vlp
.243 Kwagga Savage Vlp
.6 XC Tikka Varmint
.25-06 Ruger Nr1
.300WM Sako
.375 Ruger Howa
.50 cal voorlaaier Buckstalker
.38 Special Rossi
.9mm Glock 17
.9mm Glock 43X
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Frankryk 2021/2022 Jag seioen

Post by tripodmvr »

Iets anders om te jag in Frankryk.

[youtube]https://youtu.be/m7V6bNedxso[/youtube]
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Post Reply