Page 1 of 1
Pierced primers
Posted: Tue Aug 31, 2021 6:05 am
by 6.5/284Norma
Hallo almal,
Hier is 'n ding wat my laat kopkrap.
6 Creedmoor met Lapua doppe en Federal match SRP met 'n lading wat 55k Psi gee is heelwat onder die maksimum maar ek kry elke nou en dan 'n "pierced primer" in my Howa.
Enige verklaring asb?
Re: Pierced primers
Posted: Tue Aug 31, 2021 6:23 am
by Apie
As ek reg onthou is party Howa’s se slagpen vere bietjie pap.
Jy kan die veer vervang of ‘n wasser of 2 gebruik as ‘spacers’ om die veer bietjie stywer te maak
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Pierced primers
Posted: Tue Aug 31, 2021 7:15 am
by Gawie(13mm)
Dagsê.
Ek sou eers na my herlaai metodiek kyk voor ek na die geweer kyk. Dit kan 'n perfekte storm wees, in die sin dat die doppe nog nie 100% gevuurvorm is nie en die lading te laag is om die dop se wande te laat seël in die kamer.
Dit manifesteer gewoonlik in tekens van hoë druk met 'n pap lading.
Indien jy dit korrek aangespreek het, sou ek kyk na die aksie in geheel en nie net na die slagpen nie.
Haal die geweer uit die kolf en was die sneller in parafien of iets dergliks. Haal die slot uit mekaar en was ook al die dele skoon met parafien.
Ek het onlangs 'n mede forum lid gehelp met dieselfde probleem. Sy Sako was ook vol grille en na 'n deeglike skrop en ligte olie en ghries, het hy die biltong laat hang.
Hier is twee foto's van voor en na die skoonmaak.

Re: Pierced primers
Posted: Tue Aug 31, 2021 7:17 am
by Gian_dP
Sommige Howas se toleransie tussen slotgesig en slagpen is te groot wat pierced primers gee, veral met small rifle primers. Lyk nie of die probleem by large rifle primers voorkom nie.
Jy kan of lrpndoppe gebruik, of jou slotgesig laat "bush". Slagpenkanaal word uitgeboor en vervang met staal "bushing" wat kleiner toleransie met slagpen het. Weet Warren Britnell van Gunwarrior het al heelwat ouens se Howas so uitsorteer
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Re: Pierced primers
Posted: Tue Aug 31, 2021 7:41 am
by swc-tr
Gian slaan die spyker op die kop.
Re: Pierced primers
Posted: Tue Aug 31, 2021 8:16 am
by tripodmvr
6.5/284Norma wrote: Tue Aug 31, 2021 6:05 am
Hallo almal,
Hier is 'n ding wat my laat kopkrap.
6 Creedmoor met Lapua doppe en Federal match SRP met 'n lading wat 55k Psi gee is heelwat onder die maksimum maar ek kry elke nou en dan 'n "pierced primer" in my Howa.
My 223 Howa doen soortgelyk met PMP FMJ 55gr patrone. Hulle spoed is heelwat hoër as wat ek geoonlik teen skiet. Hoe het jy die druk verkry met die lading wat jy nou skiet? Jy kan ook kyk om Magnum slagdoppe te gebruik synde hul wande effe dikker is as die gewone.
Enige verklaring asb?
Re: Pierced primers
Posted: Tue Aug 31, 2021 9:36 am
by Capt. Yoda
Soos Gian se dit het niks met druk te doen nie laat bush net jou pen as jy wil aan hy SRP doppe gebruik.
Vir n vinnige workaround kan jy dalk n harder primer probeer
Re: Pierced primers
Posted: Tue Aug 31, 2021 2:56 pm
by Malan123
Koop 'n tikka. Hulle gee nie sulke moeilikheid nie

Re: Pierced primers
Posted: Tue Aug 31, 2021 4:30 pm
by tripodmvr
Malan123 wrote: Tue Aug 31, 2021 2:56 pm
Koop 'n tikka. Hulle gee nie sulke moeilikheid nie
Lees Gawie se plasing weer !!!!!!
Re: Pierced primers
Posted: Tue Aug 31, 2021 4:55 pm
by 6.5/284Norma
Gian_dP wrote: Tue Aug 31, 2021 7:17 am
Sommige Howas se toleransie tussen slotgesig en slagpen is te groot wat pierced primers gee, veral met small rifle primers. Lyk nie of die probleem by large rifle primers voorkom nie.
Jy kan of lrpndoppe gebruik, of jou slotgesig laat "bush". Slagpenkanaal word uitgeboor en vervang met staal "bushing" wat kleiner toleransie met slagpen het. Weet Warren Britnell van Gunwarrior het al heelwat ouens se Howas so uitsorteer
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Ek het ook al die verklaring gehoor ja.
Re: Pierced primers
Posted: Tue Aug 31, 2021 4:56 pm
by 6.5/284Norma
tripodmvr wrote: Tue Aug 31, 2021 8:16 am
6.5/284Norma wrote: Tue Aug 31, 2021 6:05 am
Hallo almal,
Hier is 'n ding wat my laat kopkrap.
6 Creedmoor met Lapua doppe en Federal match SRP met 'n lading wat 55k Psi gee is heelwat onder die maksimum maar ek kry elke nou en dan 'n "pierced primer" in my Howa.
My 223 Howa doen soortgelyk met PMP FMJ 55gr patrone. Hulle spoed is heelwat hoër as wat ek geoonlik teen skiet. Hoe het jy die druk verkry met die lading wat jy nou skiet? Jy kan ook kyk om Magnum slagdoppe te gebruik synde hul wande effe dikker is as die gewone.
Enige verklaring asb?
Ek het die druk volgens QL gekry.
Re: Pierced primers
Posted: Tue Aug 31, 2021 4:57 pm
by 6.5/284Norma
Re: Pierced primers
Posted: Tue Aug 31, 2021 4:59 pm
by 6.5/284Norma
Dankie vir die insette manne!