Page 1 of 1

Vuurwapen koeriers

Posted: Wed Aug 18, 2021 9:30 pm
by OosKaapJagter
Ek het so rukkie terug 'n berig gesien van 'n RAM koerier voertuig wat vandag beroof is. https://ridgetimes.co.za/266525/update- ... ier-heist/

Dit is insiggewend dat indien 'n mens 'n google soektog doen, daar baie sulke gevalle is. Net soos ons weet watter koeriers wapens vervoer, weet misdadigers dit ook.

Die betrokke maatskappy sê spesifiek op hulle webtuiste dat hulle geen aanspreeklikheid aanvaar vir hulle vuurwapen dienste nie. https://www.ram.co.za/Services/Special

Die implikasie hiervan is duidelik. Indien iemand 'n winskopie koop by 'n winkel vêr van sy woonplek af, moet die koste van vervoer en ook versekering in ag geneem word. Dan is daar verder die kwessie van die lang wag vir 'n lisensie, net om die frustrasie te beleef dat die wapen geroof is voordat jy dit in ontvangs kon neem. Vir hierdie rede koop ek plaaslik, al is dit soms effens duurder, of ten minste by plekke waarheen ek bereid is om te reis.

Re: Vuurwapen koeriers

Posted: Mon Mar 11, 2024 2:10 pm
by Sarelss
Goeie middag

Is daar enige kourier wat wapens vervoer in RSA op die oomblik? My seun wil kom jag in Limpopo. Bly in Mosselbaai.
SAL vlieg wapens maar nie van George af nie.
RAM vervoer nie meer wapens volgens my kennis.
Ander opsies?

Hoor graag as iemand weet van iets.

Dankie

Re: Vuurwapen koeriers

Posted: Tue Mar 12, 2024 7:26 am
by Ds J
Inligtig ontvang van n ervare persoon:

Ram - Bitterlik duur en vinnig. Maar doen nie private presone nie. Slegs groot handelaars

Rhenus - Tussen R 900 en R 1600. Moet by wapen winkel optel en wapen winkel aflaai. Vat so week

We Move Guns - Tussen R 750 en R 1200. Moet by wapen winkel optel en aflaai. Vat so 3 weke

Re: Vuurwapen koeriers

Posted: Tue Mar 12, 2024 7:34 am
by Sarelss
Baie dankie 👍

Re: Vuurwapen koeriers

Posted: Tue Mar 12, 2024 10:00 am
by obasch
Gunsmoke Logistics (Reinier Northman 083 305 5408) R1850. So week of wat.

Re: Vuurwapen koeriers

Posted: Tue Mar 12, 2024 1:19 pm
by Lategan1
obasch wrote: Tue Mar 12, 2024 10:00 am Gunsmoke Logistics (Reinier Northman 083 305 5408) R1850. So week of wat.
Stem, hulle was laasjaar basies no. 1 keuse hier op forum.

Check sy roetes?

Beste.

Re: Vuurwapen koeriers

Posted: Tue Mar 12, 2024 3:26 pm
by Hannes H
Rhenus het laas jaar Augustus by my huis afgelewer. Dit was wel ‘n groot gesukkel om iemand daar in die hande te kry om reelings te tref, maar die geweer was binne een dag afgelewer, vanaf Pretoria tot in die Kaap!

Re: Vuurwapen koeriers

Posted: Tue Oct 08, 2024 6:36 pm
by sixdays
Middag sê

Iemand onlangs van gunsmoke gebruik gemaak?

Groete

Sent from my SM-S711B using Tapatalk


Re: Vuurwapen koeriers

Posted: Wed Feb 19, 2025 5:53 pm
by LouisR
Middag om handwapen van Durban na Pretoria te kry wat is tans goedkoopste en maklikste manier?, Iemand het genoem iewers boek by Safari in en uit by bestemming? Doen Wildman dalk dieselfde? Of enige wapen winkel wat iets soortgelyk kan doen van Durban na Pretoria? Tweedens kan dit met lisensie 'printout' gedoen word, kaartjie sal seker nog ruk neem, vandag SMS ontvang.

Groete
Louis

Re: Vuurwapen koeriers

Posted: Thu Feb 20, 2025 10:00 am
by Hano243
LouisR wrote: Wed Feb 19, 2025 5:53 pm Middag om handwapen van Durban na Pretoria te kry wat is tans goedkoopste en maklikste manier?, Iemand het genoem iewers boek by Safari in en uit by bestemming? Doen Wildman dalk dieselfde? Of enige wapen winkel wat iets soortgelyk kan doen van Durban na Pretoria? Tweedens kan dit met lisensie 'printout' gedoen word, kaartjie sal seker nog ruk neem, vandag SMS ontvang.

Groete
Louis
RAM Couriers, ek het gister middag n wapen laat courier en is vanoggend af gelaai. Myne is deur Wildman gereel en hulle het die instruksie aan RAM courier gegee. Lisensie printout word aanvaar.

Re: Vuurwapen koeriers

Posted: Thu Feb 20, 2025 10:31 am
by Toxxyc
Sover ek weet doen RAM nie meer privaat vuurwapen couriers nie. Dis net deur dealers wat hulle dit doen, so vra dalk 'n dealer om jou te help met hulle.

Re: Vuurwapen koeriers

Posted: Thu Feb 20, 2025 10:35 am
by LUAN
Ram het vir my gese hul doen nie meer vuurwapen couriers nie. Ek moes Rhenus gebruik en hulle sal net van een handelaar na die een van jou keuse stuur sal nie by jou huis afgelaai word.

Re: Vuurwapen koeriers

Posted: Thu Feb 20, 2025 10:52 am
by Martiens Bekker
Wat is dit met RAM dat hulle vir verskillende mense verskillende informasie gee. Hulle het twee weke gelede vir my 'n geweer afgelewer by my huis vanaf 'n geweersmid. Nie eers die lisensie gevra met aflewering nie.

Re: Vuurwapen koeriers

Posted: Thu Feb 20, 2025 10:56 am
by bor
Selfde hier van Gauteng na my huis in KZN

Re: Vuurwapen koeriers

Posted: Thu Feb 20, 2025 12:09 pm
by LouisR
Wat was kostes as ek mag vra, handwapen in my geval maar grote sal seker nie werklik prys verander nie, jy betaal vir hul magtiging.

Re: Vuurwapen koeriers

Posted: Thu Feb 20, 2025 12:17 pm
by LUAN
LouisR wrote:Wat was kostes as ek mag vra, handwapen in my geval maar grote sal seker nie werklik prys verander nie, jy betaal vir hul magtiging.
Dit het my n R1611 gekos om n pistool 1035km ver te laat ry met Rhenus

Re: Vuurwapen koeriers

Posted: Thu Feb 20, 2025 4:44 pm
by Martiens Bekker
RAM was R1400 vir lang geweer van Ermelo na George.

Re: Vuurwapen koeriers

Posted: Sun Feb 23, 2025 3:45 pm
by LouisR
Ek het Ram gekontak, hul het bevestig dat hulle nie meer vuurwapens van persoon tot persoon doen nie. Moet deur wapen winkel gereël word wat rekening het.

Re: Vuurwapen koeriers

Posted: Tue Feb 25, 2025 8:04 am
by Fanta300
Het al ‘n paar keer deur Wildman gereël van tak tot tak.
Baie goeie diens elke keer