Dit is egter nie so belangrik nie, maar as jy die dop kry, is dit duidelik dat hy 'n harde hou op die bek gekry het wanneer hy teen die kamerwand geslaan word met die uittrek-aksie, sodat dit lyk soos die aanvang van 'n maansverduistering as jy van bo af op die die dopbek afkyk.
Verder glo ek dat so 'n sterk druk van die uitwerper op die dop, wanneer dit gekamer is, die dop skeef mag druk en dit 'n konsenrtisiteitsprobleem veroorsaak.
Ek het toe die veertjie van die uitwerper verkort sodat hy die dop op 'n beskaafde manier uit die kamer laat verlaat! Hoop dit dra by tot groter akkuraatheid en 'n afname van die bloeddruk van medejagters.
Sal graag van julle wil hoor of julle al so 'n probleem ondervind het.
