Manne wat 20 duim howa .223 besit
-
Jacques.308
- Sr. Member

- Posts: 499
- Joined: Sun Mar 15, 2015 10:25 am
Manne wat 20 duim howa .223 besit
Hi manne ek hoop dit gaan goed? Ek oorweeg dit om die bostaande geweer aan te skaf. Ek wil sommer hoor die manne wat 53 of 55 gr punte skiet met hom watse spoed julle kry?
Groete
Sent from my SM-N770F using Tapatalk
Groete
Sent from my SM-N770F using Tapatalk
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Manne wat 20 duim howa .223 besit
Met my 24 duim loop skiet ek teen 3230-50vps met 55 Vmax en op hierdie node is die druk 50K psi.
Om met die 20 duim loop hierdie node te kry by 3230vps is die druk 60K psi volgens QL. (Maks 62K psi) Die laer node is naby 3080vps en druk daar is dan 50K psi en is die veiliger node wat ek sou aanbeveel. Ballistiek soos die 222. Meer as genoeg spoed om lekker plat te skiet.

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Jacques.308
- Sr. Member

- Posts: 499
- Joined: Sun Mar 15, 2015 10:25 am
Re: Manne wat 20 duim howa .223 besit
Dankie ek wil graag die 53 gr vmax skiet. Dink jy hy sal stabiliseer teen daai spoed? Aangesien sy ogief soveel langer as die 55 istripodmvr wrote:Met my 24 duim loop skiet ek teen 3230-50vps met 55 Vmax en op hierdie node is die druk 50K psi.
Om met die 20 duim loop hierdie node te kry by 3230vps is die druk 60K psi volgens QL. (Maks 62K psi) Die laer node is naby 3080vps en druk daar is dan 50K psi en is die veiliger node wat ek sou aanbeveel. Ballistiek soos die 222. Meer as genoeg spoed om lekker plat te skiet.
Sent from my SM-N770F using Tapatalk
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Manne wat 20 duim howa .223 besit
Wat se groefdraai het die nuwe Howas? Myne is nog 1 in 10 as ek dit nie mis het nie en selfs 69gr Winchester fabrieksammo het nie sleg gevaar nie.
Die 53Vmax BT is slags 0,4 mm langer as die 55gr, so daardie bietjie verskil behoort nie 'n groot effek te hê nie.
Die 53Vmax BT is slags 0,4 mm langer as die 55gr, so daardie bietjie verskil behoort nie 'n groot effek te hê nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2956
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Manne wat 20 duim howa .223 besit
Tripod, 0,4” is seker tikfout? (10mm)
My ervaring: Ken nie Howa’s nie. Sorg net dat dit die mini/ekstra-kort aksie is. Myne is nie en dit irriteer die hel uit my uit wanneer ek laai.
Beste.

Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Manne wat 20 duim howa .223 besit
Dankie vir uitwys. Moet lees 0,4mmLategan1 wrote: Sun Jul 04, 2021 12:27 pm Tripod, 0,4” is seker tikfout? (10mm)
My ervaring: Ken nie Howa’s nie. Sorg net dat dit die mini/ekstra-kort aksie is. Myne is nie en dit irriteer die hel uit my uit wanneer ek laai.
Beste.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Jacques.308
- Sr. Member

- Posts: 499
- Joined: Sun Mar 15, 2015 10:25 am
Re: Manne wat 20 duim howa .223 besit
Wat maak hy as hy laai? Dis n medium aksieLategan1 wrote:Tripod, 0,4” is seker tikfout? (10mm)
My ervaring: Ken nie Howa’s nie. Sorg net dat dit die mini/ekstra-kort aksie is. Myne is nie en dit irriteer die hel uit my uit wanneer ek laai.
Beste.
Sent from my SM-N770F using Tapatalk
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2956
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Manne wat 20 duim howa .223 besit
Kom algemeen voor by baie fabrikate, sover my kennis gebruik die minderheid die mini/eksta kort aksie vir die .223. Of ten minste ‘n ‘bolt stop’ om te voorkom dat mens die slot tot heel agter kan terugtrek.
Myne Remington Mod 700 BDL.(ou houtKolf BDL) Aksie is .243/.308 kortaksie lengte wat ook vir die .223 gebruik word. Die magasynlengte is wel vir die 223, maar die aksie en slot nie. Gevoglik wanneer jy jou slot terugtrek tot agter, sit die korter magasyn aan die loopkant. Wanneer jy vinnig laai met die slotkop teruggetrek, mis jy die magasyn gedeeltelik en die rondte gaan nie glad in die magasyn nie. Jy moet of kyk waar is die magasyn of jy moet jou slot vorentoe stoot en vashou om te belyn met die magasyn se agterkant vir vinnig laai. Die slotkop is dan jou stopper en help om rondte vinnig in magasyn af te druk. Maar dit verg ekstra dinkwerk.
Ek het dit nie voor die tyd geweet nie. Geweer vorm wel ‘n paar met my .243, wat ook weer lekker is.
Vertrou duidelik, skets sou makliker wees!
Beste.
Myne Remington Mod 700 BDL.(ou houtKolf BDL) Aksie is .243/.308 kortaksie lengte wat ook vir die .223 gebruik word. Die magasynlengte is wel vir die 223, maar die aksie en slot nie. Gevoglik wanneer jy jou slot terugtrek tot agter, sit die korter magasyn aan die loopkant. Wanneer jy vinnig laai met die slotkop teruggetrek, mis jy die magasyn gedeeltelik en die rondte gaan nie glad in die magasyn nie. Jy moet of kyk waar is die magasyn of jy moet jou slot vorentoe stoot en vashou om te belyn met die magasyn se agterkant vir vinnig laai. Die slotkop is dan jou stopper en help om rondte vinnig in magasyn af te druk. Maar dit verg ekstra dinkwerk.
Ek het dit nie voor die tyd geweet nie. Geweer vorm wel ‘n paar met my .243, wat ook weer lekker is.
Vertrou duidelik, skets sou makliker wees!
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Manne wat 20 duim howa .223 besit
Sien die nuwe 223's is 1 in 8 groefdraai. Sal seker selfs 80gr koeëls kan gebruik.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Jacques.308
- Sr. Member

- Posts: 499
- Joined: Sun Mar 15, 2015 10:25 am
Re: Manne wat 20 duim howa .223 besit
Lategan ek het nou gou gaan kyk na n pel wat saam my gekoop het hy het al syne. Die Howa op die medium aksie het n bolt stop wat verhou dat dit gebeur. Sien aangeheg foto. Grendel is heel terug getrek Sent from my SM-N770F using TapatalkLategan1 wrote:Kom algemeen voor by baie fabrikate, sover my kennis gebruik die minderheid die mini/eksta kort aksie vir die .223. Of ten minste ‘n ‘bolt stop’ om te voorkom dat mens die slot tot heel agter kan terugtrek.
Myne Remington Mod 700 BDL.(ou houtKolf BDL) Aksie is .243/.308 kortaksie lengte wat ook vir die .223 gebruik word. Die magasynlengte is wel vir die 223, maar die aksie en slot nie. Gevoglik wanneer jy jou slot terugtrek tot agter, sit die korter magasyn aan die loopkant. Wanneer jy vinnig laai met die slotkop teruggetrek, mis jy die magasyn gedeeltelik en die rondte gaan nie glad in die magasyn nie. Jy moet of kyk waar is die magasyn of jy moet jou slot vorentoe stoot en vashou om te belyn met die magasyn se agterkant vir vinnig laai. Die slotkop is dan jou stopper en help om rondte vinnig in magasyn af te druk. Maar dit verg ekstra dinkwerk.
Ek het dit nie voor die tyd geweet nie. Geweer vorm wel ‘n paar met my .243, wat ook weer lekker is.
Vertrou duidelik, skets sou makliker wees!
Beste.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2956
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Manne wat 20 duim howa .223 besit
Hy lyk reg, ten minste wag daar nie ‘n verrassing vir jou nie! Hoop nie ek jou onrustig gehad nie.
Lekker kombinasie saam met jou 26” .308!