Hoe gaan ek te werk met slim rooijakkalse??

User avatar
Rudie Combrinck(9mm)
Full Member
Full Member
Posts: 114
Joined: Sun Dec 13, 2009 11:44 am

Hoe gaan ek te werk met slim rooijakkalse??

Post by Rudie Combrinck(9mm) »

Hello almal

Is nuut op die forum. Die jakkals vang, ek kry sy spore bedags, maar hulle antwoord nie op die roepe nie. Ek tel nie eers 'n oog op in die nag nie. Ek weet nie of roep ek te lank of te kort, te hard of te sag of wat nie. Ek probeer als volgens die boek doen. Die voertuig is goed gekamoefleer, plaas die FX3 roeper uit, weg van die voertuig af. Ek is raadop, weet nie wat om nog te doen nie.
Het Woensdagaand naby Theunissen geskiet met groot sukses met rooijakkalse en rooikatte, maar kom nie met di? een reg nie.

Help asseblief?!?! 
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Hoe gaan ek te werk met slim rooijakkalse??

Post by Louis102 »

Rudie
Rudie Combrinck wrote: ... Ek is raadop, weet nie wat om nog te doen nie.  Help asseblief?!?! 
Ek weet nie of jy my gaan glo ?f na my luister nie, maar hierdie sal ek jou aanbeveel.  Vergeet om daardie jakkals voor einde Februarie te roep. Eintlik te gou, maar moeilike tyd is dan nie v?r nie.  Gebruik jou aande om Jaracal se DVD's te kyk, sy E Boek te bestudeer en op datum te kom hier op die Forum, jy het bitter baie leeswerk.  Begin sommer by Tafjak se Tips & Vrae.  Probeer sommer een van Heinrich se kursusse ook inpas en as jy dan nie daardie jakkals hier teen einde Februarie geroep kry nie, bel vir Tomcat.

Intussen kan jy behoorlik spoorsny om jou presies te vergewis van sy kerngebied en slagysters stel.

Hoop dit help.
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Hoe gaan ek te werk met slim rooijakkalse??

Post by JACQUES BOTHA »

RUDIE
DALK IS DIT DIE RUDIE WAT EK SAAM MET DEON(OORLEDE) ONTMOET HET , EK WEET NIE.
dAAI JAKKALS SAL JY OOK MET N DAGROEP KAN KRY,AS DIE TERREIN DIT TOELAAT.
DIS OOK BELANGRIK OM SY VAN PATROON TE PROBEER VASSTEL EN TYD WAT HY KOM EET, MAAR DIT BEHOORT JY AL TE WEET.
SO N DAGROEP KAN HOM SY TOEKOMS EN VERLEDE OP EEN SLAG LAAT SIEN.
ALTERNATIEF IS DIE VOORSTEL VAN OOM LEEU, JY MAG SELF REGKOM MET N VERANDERING IN LIG VAN ROOI NA WIT OF ANDERSOM,
LAAT WEET MAAR AS EK KAN HELP MET RAAD MY NOMMER EN EPOS IS OP DIE FORUM
GROETE
JACQUES
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
Benman
Full Member
Full Member
Posts: 126
Joined: Thu Aug 13, 2009 8:49 am

Re: Hoe gaan ek te werk met slim rooijakkalse??

Post by Benman »

Hi Rudi

Ek het laas week met jou gepraat oor die klanke en gebruike, jy het my nr by Faf gekry. Ek hoop jy het al jou e-mail gekry? As jy sukkel moet jy my bel, dan kom ek saam met jou uit. Heinrich bied 'n kursus aan vir ons Vrystaters 16 Januarie 2010. laat weet my as jy wil deel wees, hy gan ons ook wys hoe om dagroep te doen.

Groete
Benman
Skiet raak en praat die waarheid...
User avatar
Tomcat
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 266
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:48 am

Re: Hoe gaan ek te werk met slim rooijakkalse??

Post by Tomcat »

Rudie
Louis102 wrote: Ek weet nie of jy my gaan glo ?f na my luister nie, maar hierdie sal ek jou aanbeveel.  Vergeet om daardie jakkals voor einde Februarie te roep. Eintlik te gou, maar moeilike tyd is dan nie v?r nie.  Gebruik jou aande om Jaracal se DVD's te kyk, sy E Boek te bestudeer en op datum te kom hier op die Forum, jy het bitter baie leeswerk.  Begin sommer by Tafjak se Tips & Vrae.  Probeer sommer een van Heinrich se kursusse ook inpas en as jy dan nie daardie jakkals hier teen einde Februarie geroep kry nie, bel vir Tomcat.

Intussen kan jy behoorlik spoorsny om jou presies te vergewis van sy kerngebied en slagysters stel.
Jy kan maar luister na wat Louis vir jou se. Hy weet waarvan hy praat. Hy het net n tikfout gemaak, Tomcat moet eintlik Taffie wees.

Groete
Tomma
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Hoe gaan ek te werk met slim rooijakkalse??

Post by JACQUES BOTHA »

RUDI
DAAR KRY JY SOMMER N KLOMP RAAD EN HULP OP EEN SLAG.
GROETNIS
JB
Shoot straight and tell the truth!
tafjak

Re: Hoe gaan ek te werk met slim rooijakkalse??

Post by tafjak »

Rudie
Tomcat wrote:

Hy het net n tikfout gemaak, Tomcat moet eintlik Taffie wees.
As jy dit glo, het jy so pas die eerste slimme laat wegkom.
Last edited by tafjak on Tue Dec 15, 2009 4:55 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Rudie Combrinck(9mm)
Full Member
Full Member
Posts: 114
Joined: Sun Dec 13, 2009 11:44 am

Re: Hoe gaan ek te werk met slim rooijakkalse??

Post by Rudie Combrinck(9mm) »

Dankie vir almal met jul raad. Dit word opreg waardeer! Sal als probeer en dadelik lat weet wat gewerk het!
Jacques dit is die  Rudie waaraan jy dink Deon v Aswegen se neef. Lekke om van jou te hoor
User avatar
Rudie Combrinck(9mm)
Full Member
Full Member
Posts: 114
Joined: Sun Dec 13, 2009 11:44 am

Re: Hoe gaan ek te werk met slim rooijakkalse??

Post by Rudie Combrinck(9mm) »

Het almal se raad gevolg! Jakki het agter op bakkie gery! Het n af voorpoot gehaad uit n vorige skermitselig met of n geweer of iets anders!
dankie aan almal!
britsman
Hero Member
Hero Member
Posts: 792
Joined: Sun Feb 01, 2009 3:06 pm

Re: Hoe gaan ek te werk met slim rooijakkalse??

Post by britsman »

Mooi so, Rudi
      sterkte,
 
            ou brits
If guns are outlawed. Only outlaws will have guns.
Roelo
Full Member
Full Member
Posts: 157
Joined: Tue Feb 24, 2009 7:59 am

Re: Hoe gaan ek te werk met slim rooijakkalse??

Post by Roelo »

Welgedaan ou 9mm GEDULD werk
Geweldig man Geweldig
User avatar
Foxhound
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 284
Joined: Wed Jul 15, 2009 11:32 am

Re: Hoe gaan ek te werk met slim rooijakkalse??

Post by Foxhound »

hier sommer so ou skelm derduiwil wat sy mosis tee gekom het buite Dealesville in die Vrystaat

Image
You miss 100% of the shots you don't take...!!!
User avatar
Rudie Combrinck(9mm)
Full Member
Full Member
Posts: 114
Joined: Sun Dec 13, 2009 11:44 am

Re: Hoe gaan ek te werk met slim rooijakkalse??

Post by Rudie Combrinck(9mm) »

Roelo ek lag ng steeds oor dai s?goed van jou! Veral dat jy ni tyd het om nog n jakkals met die lig te bestuur nie!
Goed gan met jou!
User avatar
Rudie Combrinck(9mm)
Full Member
Full Member
Posts: 114
Joined: Sun Dec 13, 2009 11:44 am

Re: Hoe gaan ek te werk met slim rooijakkalse??

Post by Rudie Combrinck(9mm) »

Hou so aan! Pasop dat jy hul nie uitroei nie!
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: Hoe gaan ek te werk met slim rooijakkalse??

Post by MEERKAT »

Foxie

Mooi jakkals amper so rooi soos daardie emmer van jou.

Die groen velde pla my die meeste , lyk of jy sprayers van tyd tot tyd opsit.
Hoeveel reen moet mens kry dat jou werf so lyk?

Ander manne moet bietjie fotos opsit van hul veld bly seker van die mooiste dinge.

Lekker jag
Knou goggas af
MEERKAT
User avatar
Foxhound
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 284
Joined: Wed Jul 15, 2009 11:32 am

Re: Hoe gaan ek te werk met slim rooijakkalse??

Post by Foxhound »

haha ja nee stephan ek moes seker byse dat dit die skelm jakkals was en nie die.... uhm ek dink ons albei weet wat nie, kan net byse dat die hanteerder in die foto vir januarie al 34 rooijakkalse en 7 roiikatte gevang het met sy baas se pak honde
You miss 100% of the shots you don't take...!!!
Stephan
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 56
Joined: Thu Jul 16, 2009 3:43 pm

Re: Hoe gaan ek te werk met slim rooijakkalse??

Post by Stephan »

FH

Grap sommer net, 34 jakkalse ,dis goeie werk!!
User avatar
Foxhound
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 284
Joined: Wed Jul 15, 2009 11:32 am

Re: Hoe gaan ek te werk met slim rooijakkalse??

Post by Foxhound »

stephan dis plank van ben
You miss 100% of the shots you don't take...!!!
Stephan
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 56
Joined: Thu Jul 16, 2009 3:43 pm

Re: Hoe gaan ek te werk met slim rooijakkalse??

Post by Stephan »

Ek het so aangeneem...
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Hoe gaan ek te werk met slim rooijakkalse??

Post by JACQUES BOTHA »

januarie verlede jaar ne...(grappie)
mooi hond daai..
weereens bewys dat probleemdiere met meer as 1 metode beheer moet word...
groetnis
jb
Shoot straight and tell the truth!
Ambessa

Re: Hoe gaan ek te werk met slim rooijakkalse??

Post by Ambessa »

Hallo Foxhound
Foxhound wrote:...die hanteerder in die foto vir januarie al 34 rooijakkalse en 7 roiikatte gevang het met sy baas se pak honde
Ervaring en vaardigheid...

Ambessa
User avatar
Foxhound
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 284
Joined: Wed Jul 15, 2009 11:32 am

Re: Hoe gaan ek te werk met slim rooijakkalse??

Post by Foxhound »

hallo oom leeu

Die hanteerder is werksaam by n vriend van my wat ook al jare lannk jag en onskatbare ervaring het met probleemdierbeheer, ongelukkig is hy rekenaargestremd en vind ma deur my uit van al die works wat aangaan op die forum ens, hy het 2 hanteerders wat uiters bekwaam is met sy diere,

Dink ons kan gerus altyd sulke manne probeer nader om kennis in te win,ek is nog jonk en jag ook al van kleins af maar al het mens al die nodge inligting denkbaar tot jou beskikking is daar min kere wat dit die ervare hand klop,so man soos jaracal ens het n natuurlikke aanvoeling of eerder die ervaring praat vanself, en kan dalk net help om daai superjakkie of probleemdier uit te haal

Groete
Foxhound
You miss 100% of the shots you don't take...!!!
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Hoe gaan ek te werk met slim rooijakkalse??

Post by Louis102 »

Nine Mill & Foxhound

Mooi met julle jakkalse en die gebruik van ervaring en raad.

Ek wil graag by 9mm-Rudi hoor hoe daai slim jakkals toe aan sy einde gekom het.  Oor so 'n jakkals vertel mens mos meer as om net te s? hy het bakkie gery?  Kleur die prentjie bietjie in.  Het jy hom ingeroep (dag/nag), watter klanke is gebruik?  Wat het jy anders gedoen as voorheen om jou slim jakkals te uitoorl??

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
Ambessa

Re: Hoe gaan ek te werk met slim rooijakkalse??

Post by Ambessa »

Hallo Foxhound
Foxhound wrote:...hanteerder is werksaam by n vriend... ....onskatbare ervaring het met probleemdierbeheer... ...rekenaargestremd en vind ma deur my uit van al die works wat aangaan op die forum ens, hy het 2 hanteerders wat uiters bekwaam is met sy diere,...
Mooi. Dit is hoe dit mos moet werk - help mekaar en betrek alle ervaring. Ons het nie baie tyd oor om die rypes se kennis wat deur jare se ervaring opgevang is te benut en wyer oor te dra nie.

Ambessa
User avatar
Rudie Combrinck(9mm)
Full Member
Full Member
Posts: 114
Joined: Sun Dec 13, 2009 11:44 am

Re: Hoe gaan ek te werk met slim rooijakkalse??

Post by Rudie Combrinck(9mm) »

Hallo Louis
Gesels gewoonlik makliker as om te tik!
Het die jakkals omtrent n maand gelos en glad nie in die nag in sy gebied gekom nie.
Het toe vroeg aand naby n lister enjin waarmee ons water pomp gaan staan. Het gedink dat dit jare al da is en na diesel en olie ryk en gewoonlik geraas maak en daar kom bakkies en mense daar. Dit behoort vir die jakkels half natuurlik te wees. Het net na donker met n Vlakhaas begin vir omtrent 5min en toe vir 4min stil gebly. Het toe na n jakkals baklei 4 oorgegaan en dadelik die oog aan die verkeerde kant van die wind opgetel met n rooi filter +-op 300m. Ek het die Fx3 laat bly speel net die volume sagter gemaak na omtrent 1/3 toe. Sy het 180grade gesirkel en teen die wind ingekom en die heeltyd gekyk! Ek het haar  op 50m gestop en met .243 geskiet voor die bors.

Wat ek verander het:
Ek het met kos klank begin in plaas van Jakkals klanke
Het van dimer na rooi filter verander vir die spesifieke aand
Het bakkie goed gekamofleer
Het geduld gebruik
Het iets gan soek in die gebied waar mense normaalweg kom wat bekend is en nie n bedreiging
Het roeper so uitgeplaas dat op die enjin se reuk gewerk sal word en nie op myne nie.
Let wel die enjin het nie geloop nie omdat ons altyd in die dag water pomp.

Dit was n volwasse teef met een af voorpoot.
Dit was al n ou wond was mooi gesond en het ha ni veel gepla nie.

Hoop dit sal wwer vir iemand van hulp wees!
Groete
Rudie
Post Reply