338-06 ??

Post Reply
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

338-06 ??

Post by douw »

Goeie naand

Ek het vandag saam met 'n vriend gekuier wat so paar jaar terug, onder aanbeveling van groot jagters so kaliber laar bou het. Hulle wou buffels gaan jag. Die geweer is toe glo so paar skote geskiet. Nooit by die buffels uitgekom nie. Soos ek verstaan is dit 'n 338 punt, afgenek na 'n 30-06 dop.

Kan julle my asb meer hiervan vertel. Wat bereik mens hierdeur, ens?

Groetnis
Douw
LIFE IS TRUELY GENEROUS TO THOSE WHO PURSUE THEIR DESTINY
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2474
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: 338-06 ??

Post by Nico Harris »

dit is n 30-06 dop wat OPGENEK word om n .338 koeel te vat! die outjie wil n 9.3x62 wees as hy eendag groot is!!

groete

Nico
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Re: 338-06 ??

Post by douw »

Dankie Nico

Opgenek, ek sien nou dankie.

Is dit dus 'n oulike kaliber, wat kry mens uit dit uit, eerder as om net 'n standaard kaliber te koop?

Groetnis
Douw
LIFE IS TRUELY GENEROUS TO THOSE WHO PURSUE THEIR DESTINY
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1179
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Re: 338-06 ??

Post by Lourens »

Douw,

Die 338-06 is voorwaar 'n lekker kaliber, maar dit maak net soveel meer sin om sommer reguit 'n .338 Win Mag te koop. Soos Ludwig se doppe en ammunisie is van die rak af bekombaar en hy slaan bietjie harder as die 338-06. Meeste manne op die forum weet ek is 'n groot .338 Win Mag man en dis by verre my gunsteling kaliber. Ek is oortuig dat ek met my 338 Win Mag en sy 250gr TSX @ 2600 lag lag deur 'n buffelbul wat plankdwars staan sal skiet, maar soos Ludwig se dis onder die wettige minimum vir buffels en word geensins aanbeveel nie.

Groete,
Lourens
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
User avatar
GERT vd M
Hero Member
Hero Member
Posts: 650
Joined: Sat Apr 09, 2011 3:12 pm

Re: 338-06 ??

Post by GERT vd M »

As n mens n geweer in n sekere kaliber wil aanskaf dan weet jy alreeds wat jy wil klits met hom. Stem saam die  338-06 is nie n storm buffel geweer nie maar in dieselfde asem vra ek of is n 338 win mag ideaal - of die 375??  Ek sou se dat n 338-06 wel die ideale bosveld geweer is sonder die skop van n magnum. Ek skiet bv n 180gr koeel teen 3000v/sek en 250gr
koeel teen 2550v/sek en 275gr teen 2250v/sek. Die ideale koeel gewig waarvoor hy ontwerp is , is die 250gr. Hy skiet bv. dieselfde spoed met n250gr koeel as wat n 30-06 skiet met n 200gr koeel met dieselfde hoeveelheid kruit. Ag daar is baie sulke vergelykings maar ek se nie dit is die perfekte kaliber nie maar ek se wel as ek oor moet kies en ek weet ek gaan net een geweer kan he dan sal dit n 338-06 wees. Anders gestel, n338-06 is n 35 wheelen wat afgenek word om n338 koeel te vat en ek voel baie veilig in die veld met hom oor die skouer.  :) :)
.338-06 improved (VERKOOP) 7x64 brenn./ 6mm Musgr. BSA P14(VERKOOP)/
12Br s\s brno. /.22 Mauser Oberndorf./ 9mm P Glock gen 3./ Windbuks./ Kettie
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1179
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Re: 338-06 ??

Post by Lourens »

Gert,

Ek stem dat 'n 338 Win Mag allermins nie 'n geweer is waarmee mens 'n storm buffel moet aanvat nie, en ek is geneig om te se dat mens ook iets groters as 'n 375 sal wil he vir daai doel. Die meeste mense beskou 458 kaliber en groter as geskik vir stopwerk en ek is geneig om saam te stem, mens kan nooit te veel slaankrag he as daai buffel op jou afstorm nie.

Dis verseker 'n feit dat jou .338-06 'n uitstekende keuse as bosgeweer is en voorwaar 'n baie lekker kaliber is. Wanneer jy hom laai met ligter koeels soos bv 180gr is hy ook heel geskik vir verder skiet oor vlaktes en in die kalahari. Ek self het baie navorsing gedoen oor die verskillende .338's voor ek gesettle het op die Win Mag. My rede was maar hoofsaaklik omrede doppe en ammo reeds beskikbaar is (al is dit nie baie werk om .338-06 doppe te vorm nie) en ook omdat ek so bietjie van 'n voorliefde het vir die magnum kalibers..... ;)

Vertel ons so bietjie meer van jou geweer en jou ladings....

Groete,
Lourens
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Re: 338-06 ??

Post by douw »

Baie dankie vir almal se insette.

Dit is 'n vriend van my se geweer. Hy het dit ingegee by 'n tannie van hom wat Kaptein of ietsie in die polisie is. Hy het al sy bevoegdheid gedoen, maar nog nie aansoek. Hy het ook 'n 308. Hy wil vir die 308 aansoek doen, maar besluit nog of hy dalk die 338-06 wil verkoop.

Ek sal een naweek gou saam hom na sy tannie ry, fotos neem ens.

Groetnis
Douw
LIFE IS TRUELY GENEROUS TO THOSE WHO PURSUE THEIR DESTINY
Post Reply