Polish 'n sneller?
Posted: Fri Feb 19, 2021 11:44 am
More mense,
Ek sit met 'n Rem 700 wat vir my al hoe beter begin skiet. Een ding wat ek wel weet wat besig om my terug te hou is die sneller. Die geweer het die Remington X-Mark Pro verstelbare sneller in, wat ek weet nou nie die beste ding onder die son is nie maar dis wat ek het. Ek het 'n ander sneller van oorsee af bestel maar USPS het hom verloor so dis ook nou tot daartoe. Ek het nie die geld vir 'n ander sneller nie, nie teen ons lokale pryse nie, so nou moet ek maar probeer doen met wat ek het.
Ek het die sneller op my geweer so styf ingedraai soos wat ek kon met die regte Allen key. Die sneller is dus nou op sy "ligste" gedraai, maar dit maak maar min verskil. Dis nie net dat die sneller swaar is nie, maar dit voel vir my of die trekkrag verskil van skoot na skoot. Een skoot sal mooi breek soos ek wil hê en dan die volgende een voel asof ek hom trek en trek maar hy breek eenvoudig nie waar ek hom verwag nie.
So nou moet ek iets daaromtrent doen. As ek met ander gewere skiet, selfs gewer met fabrieksnellers, dan skiet ek oor die algemeen beter want ek weet wanneer die sneller breek, en ek is op die stadium redelik seker dis besig om my groepe te affekteer. Dit affekteer ook my vermoë om my skote te sien val want ek trek partykeer so hard aan die sneller dat ek die geweer van teiken aftrek as die skoot eers gebreek het. Die geweer en sneller werk reg vir jag (ek is gemaklik daarmee), maar ek kan eenvoudig nie fyner groepe of selfs langer afstande skiet met hom soos hy nou is nie. Dit werk eenvoudig nie.
Nou wil ek weet - kan ek die sneller laat polish, wat kos dit, is dit moeilik om self te doen, of hoegemaak? Ek sal natuurlik graag 'n goeie Jewell of iets wil laat insit, maar dis my nie nou beskore nie.
Enige raad of advies sal ek baie waardeer.