More mense,
Ek sit met 'n Rem 700 wat vir my al hoe beter begin skiet. Een ding wat ek wel weet wat besig om my terug te hou is die sneller. Die geweer het die Remington X-Mark Pro verstelbare sneller in, wat ek weet nou nie die beste ding onder die son is nie maar dis wat ek het. Ek het 'n ander sneller van oorsee af bestel maar USPS het hom verloor so dis ook nou tot daartoe. Ek het nie die geld vir 'n ander sneller nie, nie teen ons lokale pryse nie, so nou moet ek maar probeer doen met wat ek het.
Ek het die sneller op my geweer so styf ingedraai soos wat ek kon met die regte Allen key. Die sneller is dus nou op sy "ligste" gedraai, maar dit maak maar min verskil. Dis nie net dat die sneller swaar is nie, maar dit voel vir my of die trekkrag verskil van skoot na skoot. Een skoot sal mooi breek soos ek wil hê en dan die volgende een voel asof ek hom trek en trek maar hy breek eenvoudig nie waar ek hom verwag nie.
So nou moet ek iets daaromtrent doen. As ek met ander gewere skiet, selfs gewer met fabrieksnellers, dan skiet ek oor die algemeen beter want ek weet wanneer die sneller breek, en ek is op die stadium redelik seker dis besig om my groepe te affekteer. Dit affekteer ook my vermoë om my skote te sien val want ek trek partykeer so hard aan die sneller dat ek die geweer van teiken aftrek as die skoot eers gebreek het. Die geweer en sneller werk reg vir jag (ek is gemaklik daarmee), maar ek kan eenvoudig nie fyner groepe of selfs langer afstande skiet met hom soos hy nou is nie. Dit werk eenvoudig nie.
Nou wil ek weet - kan ek die sneller laat polish, wat kos dit, is dit moeilik om self te doen, of hoegemaak? Ek sal natuurlik graag 'n goeie Jewell of iets wil laat insit, maar dis my nie nou beskore nie.
Enige raad of advies sal ek baie waardeer.
Polish 'n sneller?
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13573
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Polish 'n sneller?
n Quote wat ek een keer oor hulle gelees het
Sover ek verstaan het Remington hulle so gebou laat hulle basies nie onder 4.5lb kan breek nie, ek voel jou pyn ek dink nie eers my revolver se sneller breek op 4lb nie nevermind n geweer wat ek n groep me wil skiet nie. Ou Gawie verstaan van krap aan goed dalk sal hy jou n paar pointers kan gee om na te kykProbably best painted green and dropped in long grass...
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: Polish 'n sneller?
Jy kan polish maar dit het nie my 2 veel gehelp nie, timney snellers opgesit en nooit teruggekyk nie. Kyk of jy nie 2de handse timny kry by iemand wat opgradeer het na Jewl sneller?
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1368
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: Polish 'n sneller?
My swaer het syne op sy Rem 700 laat polish en die sneller is baie oulik, MAAR dit is nie die verstelbare een nie. Dis maar hoekom ek vra of iemand al die verstelbare een laat polish het?
Om dit in konteks te sit, ons het daardie kleiner kleiduiwe anderdag op die skietbaan gaan neersit, en ek en skoonpa "challenge" toe mekaar en kyk wie kan die meeste van hulle met die .30-06 uit die skouer uit raakskiet. Ek het geskiet en mooi raakgeskiet. Toe dit sy beurt is lê hy aan en ek kan sien hoe sy hand vasmaak soos hy die sneller probeer trek. Na 'n paar sekondes het hy die geweer laat sak en vir my gevra hoekom ek die veiligheidsknip vir hom aangesit het sodat hy so kan sukkel.
Ek het nie.
Die sneller is regtig net so swaar partykeer.

Ds J
- Hero Member

- Posts: 2148
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Polish 'n sneller?
Die feit dat die breekkrag verskil sê dat daar meganiese fout moet wees. Dit kan ook wees dat daar bietjie vuilgoed in die meganisme is.
My pa het donkiejare gelede n soortgelyke probleem gehad met een van sy gewere. Toe hulle begin krap was daar fout met een van die veertjies in die meganisme. As ek reg onthou was dit n plat veertjie met twee beentjies, en een van hulle het gebreek. Die los stukkie het rondgeskuif en soms die sneller geblok, en ander kere die sneller gewoon laat werk.

Last edited by Ds J on Sat Feb 20, 2021 6:49 am, edited 2 times in total.
- Geno
- Administrator

- Posts: 13643
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Polish 'n sneller?
Ek het vir jou 'n Remington fabriek-sneller wat jy aan kan krap om te kyk of dit doenbaar is sonder om joune op te neuk.
Whatsapp my jou details indien jy belangstel dan stuur ek hom. 0825354100
Whatsapp my jou details indien jy belangstel dan stuur ek hom. 0825354100
Goed, beter, 6millimeter!
-
THOMAST
- Hero Member

- Posts: 1892
- Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am
Re: Polish 'n sneller?
Bushills het 'n produk by name Gunsmithy sg. dry lube in 'n aerosol. Dit bevat Moly en alkohol.
Ek het daarvan op my voorlaaiers se snellers gespuit nadat ek hulle skoongemaak het. Soos die alkohol verdamp, bly daar 'n lagie Moly oor op al die oppervlaktes.
Dit het gehelp om snellers gladder te kry

- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Polish 'n sneller?
Ek sou ook eers daai aksie uit die kolf haal en die sneller met kragparafien uit was en met hoë druk lug droogspuit.
Spuit dan met daai doepa wat Thomas van praat.
Spuit dan met daai doepa wat Thomas van praat.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1368
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: Polish 'n sneller?
Die sneller is so te sê splinternuut en ek het hom nie te lank terug nie (seker so 120 skote) deur 'n smid laat besigtig. In totaal onder 200 skote geskiet. Manne, ek dink die ding is net eenvoudig bietjie gaar.
Ek het opgelees oor die fabrieksnellers en dis blykbaar nie ongewoon dat hulle so verskillend breek van skoot na skoot nie.
@Geno, ek sal met liefde daardie aanbod van jou aanvaar, baie dankie. Dit klink soos 'n wenresep. Ek kan die sneller bekyk, kyk hoe hy werk en voel en as ek hom wil polish, of laat polish, kan ek dit doen sonder om die geweer se werking in gedrang te bring (want hy werk darem).