Page 1 of 1

Nuwe Koedoe en Rooibok rekords

Posted: Thu Feb 18, 2021 2:30 pm
by Frederik
Image
Blykbaar 31 Duim

Image
71" plus

Re: Nuwe Koedoe en Rooibok rekords

Posted: Thu Feb 18, 2021 2:38 pm
by Capt. Yoda
Liewe genade 71"

Re: Nuwe Koedoe en Rooibok rekords

Posted: Thu Feb 18, 2021 4:45 pm
by tripodmvr
Rowland Ward
Kudu 73 en 7/8
Impala 31 en 7/8

Daardie is pragtige trofees.

Groenie sê - al die goeie genetika word uitgeskiet.

Re: Nuwe Koedoe en Rooibok rekords

Posted: Thu Feb 18, 2021 5:33 pm
by Frederik
Oom Marius dink die is nuwe no.1 vir SCI maar die RW rekord was ook opgetel as iemand dalk RW boek het om te kyk hoe ver is hy met koedoe wat gejag is.

Re: Nuwe Koedoe en Rooibok rekords

Posted: Thu Feb 18, 2021 5:46 pm
by knipmes
Baie indrukwekkend. Geluk aan die jagter

Re: Nuwe Koedoe en Rooibok rekords

Posted: Thu Feb 18, 2021 8:35 pm
by Eduard Venter
Dis 'n stoet rooibok daai!

Sent from my Nokia C2 using Tapatalk


Re: Nuwe Koedoe en Rooibok rekords

Posted: Thu Feb 18, 2021 9:52 pm
by tripodmvr
Frederik wrote: Thu Feb 18, 2021 5:33 pm Oom Marius dink die is nuwe no.1 vir SCI maar die RW rekord was ook opgetel as iemand dalk RW boek het om te kyk hoe ver is hy met koedoe eat gejag is.
Die langste is wel 'n opgetelde stel horings uit Mosambiek as my geheue reg is. Hierdie 2 bokke is darem uitmuntende voorbeelde van hulle spesies.

Re: Nuwe Koedoe en Rooibok rekords

Posted: Fri Feb 19, 2021 5:02 am
by Pappabeer
Daai tefbaal koedoe wat onlangs dood is Mr Wow was 75&2/8” met sy laaste lewendige meet en 76&7/8” na hy dood is.

Daar loop n 74” koedoe op 777 Ranch in Texas ook.

Re: Nuwe Koedoe en Rooibok rekords

Posted: Fri Feb 19, 2021 5:52 am
by Frederik
Ek moet sé die rooibok beindruk my meer as die koedoe.

Re: Nuwe Koedoe en Rooibok rekords

Posted: Fri Feb 19, 2021 5:54 am
by Geno
Bly hulle het darm die rubbers van die horings afgehaal en die oor tags uitgehaal voor die jagfotos geneem is van die rooibok Image


Image


Image


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Nuwe Koedoe en Rooibok rekords

Posted: Fri Feb 19, 2021 6:28 am
by ruaanb

Re: Nuwe Koedoe en Rooibok rekords

Posted: Fri Feb 19, 2021 6:40 am
by Frederik
Geno, jou speurder knap gedaan!!!!

Neem aan Koedoe was op dieselfde teel plaas geskiet.

Seker beter om geld nou vir hulle te kry as wat hulle doodgaan van natuurlikke oorsakke soos die 74" koedoe bul.

Re: Nuwe Koedoe en Rooibok rekords

Posted: Fri Feb 19, 2021 7:00 am
by Lategan1
Alles vir geld!

Wat my opval op die Kudu-foto, behalwe die een punt (Nie koeëlpunt!) wat blyk onnatuurlik in sy eie rigting te wys, is die nek. Mens kan nie ingeligte opinie maak nie en net duideliker foto’s sou dit kon uitlig. Die nek lyk vir my relatief dun in verhouding met die horings?

‘n Kudu met sulke horings se nek is normaalweg opsigtelik dik van swaardra en baklei. Mag dalk net foto wees, tog.

Nietemin, uitsonderlik.

Beste.

Re: Nuwe Koedoe en Rooibok rekords

Posted: Fri Feb 19, 2021 7:03 am
by tripodmvr
Baie kalsium in daardie lekke gewees. So die spogfotos vertel nie die ware verhaal nie.

Re: Nuwe Koedoe en Rooibok rekords

Posted: Fri Feb 19, 2021 7:57 am
by Capt. Yoda
Pappabeer wrote: Fri Feb 19, 2021 5:02 am Daai tefbaal koedoe wat onlangs dood is Mr Wow was 75&2/8” met sy laaste lewendige meet en 76&7/8” na hy dood is.

Daar loop n 74” koedoe op 777 Ranch in Texas ook.
:laugh: :laugh: :laugh: :laugh:

Re: Nuwe Koedoe en Rooibok rekords

Posted: Fri Feb 19, 2021 8:04 am
by Geno
Die koedoebul lyk oud en oor sy prime as ek sy kondisie so kyk. Dit maak sin om sulke diere uit teelprojekte te haal, en in groter kampe te sit om te laat jag. Ek weet ek sal...
https://www.facebook.com/StudGameBreeders


Image

Re: Nuwe Koedoe en Rooibok rekords

Posted: Fri Feb 19, 2021 8:28 am
by Capt. Yoda
Solank hy nie soos n hanslam na my toe aan gedraf kom as die bakkie stop nie sal ek hom in die teelkamp ook stamp

Re: Nuwe Koedoe en Rooibok rekords

Posted: Fri Feb 19, 2021 9:10 am
by naas222
Capie lyk my jy raak desperaat vir n stampie😂