Plaaslik vervaardigde voorste rus

Everything regarding Long Range Shooting and Hunting here / Alles rakende Langafstand skiet en jag hier
Post Reply
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1378
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Plaaslik vervaardigde voorste rus

Post by Toxxyc »

Goeiemiddag almal, ek wil so bietjie klets en sommer ook idees rondgooi. Ek soek nou al vir 'n rukkie 'n bargain op 'n "front rest" vir my geweer wat ek op die baan kan gebruik. Ek weet mens kry sandsakkies of ander skiet sommer oor sy Big Jim skietkas en die ander ou lê sommer aan oor sy vuis. Ek soek egter vir my 'n stabiele rus voor waarop ek my geweer kan rus sonder dat hy te veel rondbeweeg.

Ek het natuurlik nou al rondgeshop en gekyk wat daar buite beskikbaar is en het nou al 'n klompie van hulle getoets ook. Die een wat ek sover die meeste van hou is die Nordiske Precision, maar dis ook net omdat hy bekostigbaar is. Boonop is sy rus gedeelte, waar die geweer op lê, nie regtig baie stabiel nie want die ronde U-vorm bied geen inherente stabiliteit nie. Die vierkantige blok-vorms werk beter.

Nou as mens so een moet soek wat die vierkantige blok U-vorm het, dan moet jy natuurlik bietjie meer betaal. Die volgende goedkoopste een wat ek eintlik kan kry is die Caldwell The Rock Junior. Die meneertjie het die vierkantige vorm vir die geweer, maar die dingetjie se prys begin al by die R1,200 en op. Wat ek ook van hom hou is natuurlik die groter elevasie-wiel wat die op- en afstel van die geweer vergemaklik.

So toe kyk ek so na die R1,200 kontrepsie en wonder toe wat mens nog kan verbeter. Toe dink ek dalk 'n groter wiel om mee te stel, en dalk 'n verstelbare punt op elke poot. Toe soek ek nou maar na die volgende opsie en ek kom by die Caldwell The Rock De Luxe uit. Maar maggies, R2,600 en op vir die ding lyk vir my bietjie rof.

So toe dink ek - wat sal dit kos om so ding plaaslik te vervaardig? Ek weet 'n enkele eenheid gaan seker 'n fortuin kos, maar dalk as mens 'n hoeveelheid op een slag kan maak dan sal dit nie so duur wees nie, veral nie as daar 'n mark daarvoor is nie?

Nou vra ek - sal daar 'n mark hierso wees vir so iets? Ek beplan nie om ryk te word uit die storie uit nie, maar ek beplan wel 'n rus wat mooi sal werk. Ek beplan 'n bol-tipe middelstuk soos die Nordiske Precision rest, want dis goedkoop. Dan beplan ek drie pote wat in hom inskuif, gly of vasskroef op een of ander manier, elk met sy eie verstelbare punt om die rus waterpas te kry, sou dit nodig wees. Boonop dit beplan ek 'n vierkantige rus wat met spons of selfs 'n sandsakkie uitgevoer kan word, met verstelbare plaatjies wat van die kante af inskroef om die dikte van die kolf te akkommodeer. Met ander woorde einlik maar 'n kopie van die Caldwell The Rock De Luxe. Ek hoop net om die prys baie te onderskep.

So, wat moet mens in gedagte hou, en wat moet ek aan dink as ek iemand vra wat 'n CNC/Engineering shop het om so iets vir my te maak? Ek het gedink vir materiaal sal gewone mild steel mos reg wees. Dit hoef nie aluminium of SS te wees nie. Staal is lekker sterk, swaar en goedkoop genoeg.

PS: Indien julle nie kan agterkom nie, ek is verveeld.
Hansieslim
Hero Member
Hero Member
Posts: 1373
Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am

Re: Plaaslik vervaardigde voorste rus

Post by Hansieslim »

Toxx

Skakel gerus vir Oom Piet (Piet Patent soos ons hom ken). Hy maak n oulike rus wat omtrent al ons sportjagouens gebruik. Die patent is stewig, lig en bekostigbaar. Dalk kan jy sommer direk by hom een koop of dalk n idee kry om jou eie te maak. Sy nr is: 08twee 412twee 355sewe. Jy is ook welkom om my te kontak dan stuur ek jou n paar fotos...082 804 528twee.
CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1378
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Plaaslik vervaardigde voorste rus

Post by Toxxyc »

Ek sal die Oom bietjie kontak, dankie man. Ek sal jou ook sommer 'n boodskap stuur sodat ek kan fotos kry. Wat kos sy rest?
User avatar
EtienneA
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 350
Joined: Wed Sep 03, 2014 7:31 am

Re: Plaaslik vervaardigde voorste rus

Post by EtienneA »

Plaas vir ons 'n paar fotos op die draad asseblief.
Lapua
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 485
Joined: Wed May 03, 2017 7:26 am

Re: Plaaslik vervaardigde voorste rus

Post by Lapua »

X2
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1378
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Plaaslik vervaardigde voorste rus

Post by Toxxyc »

Die oom se ontwerp lyk my is meer 'n langafstand kompetisie rest. Iets wat aan die geweer vasmaak soos 'n bipod. Dis nie wat ek in gedagte het vir myne nie. Ek sal kyk of ek iewers kan tyd kry om my gedagtes neer te pen maar daardie Caldwell The Rock De Luxe is baie naby aan wat ek wil laat maak, net vir baie goedkoper.
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3652
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Plaaslik vervaardigde voorste rus

Post by JPS »

As jy nou regtig 'n stabiele rest wil he dan kyk jy na die Seb rests maar hulle kos so 10 x die Caldwell rock de lux.
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1378
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Plaaslik vervaardigde voorste rus

Post by Toxxyc »

Kyk ek dink ek moet bietjie verduidelik hierso. Ek is nie 'n bench rest shooter nie, en ek het nie 'n 2-km setup nie. Ek het 'n Remington 700 dunloop geweer, in .30-06. Dis eintlik 'n jaggeweer waarmee ek nou op medium afstande (so 500m tot 800m) begin gonge probeer raakskiet, so dis maar dit.

As gevolg van die feit dat dit 'n jaggeweer is gaan ek beslis nie 'n massiewe rest koop wat ek aan die geweer moet vasmaak nie. Ek soek iets kleiner en ligter wat ek kan op en afslaan as dit nodig is en sommer in die skietkas kan gooi. Dis hoekom ek iets soos die Rock De Luxe geplaas het as mikpunt - dit doen wat ek wil hê hy moet doen vir my. Die geweer is nie eers akkuraat genoeg (vir nou) om 3 skote deur dieselfde gat te skiet op 100m nie, so die standvastigheid van die rest hoef nie so presies te wees nie. Net presies genoeg!

Hoop dit maak sin?
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Plaaslik vervaardigde voorste rus

Post by Capt. Yoda »

Toxxyc, doen jouself nou n guns en spaar vir so bipod.

https://www.sinclairintl.com/shooting-r ... 35272.aspx

As jy baie gelukkig is kan jy dalk een hier in SA kry waar iemand dalk wil downgrade na n atlas toe ;), die ding kom vas op een van jou sling studs en jy kan nog jou band ook aan die bipod vas maak en hom dra. Dit is n bul van n bipod wat baie stabiel is as jy sit van n bank af of op jou maag le en jy kan met hom oefen en met hom jag en op verder afstand op die baan speel.

Jy kan natuurlik nog die oorspronklike setup wat jy beplan bou en verkoop en as jou prys en kwalitieit beter as die ingevoerde goed is sal hulle verseker verkoop maar vir n all rounder bipod is die een hier bo die een wat ek sou koop
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13647
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Plaaslik vervaardigde voorste rus

Post by Geno »

Capt. Oblivious wrote: Wed Feb 03, 2021 10:05 am Toxxyc, doen jouself nou n guns en spaar vir so bipod.

https://www.sinclairintl.com/shooting-r ... 35272.aspx

As jy baie gelukkig is kan jy dalk een hier in SA kry waar iemand dalk wil downgrade na n atlas toe ;), die ding kom vas op een van jou sling studs en jy kan nog jou band ook aan die bipod vas maak en hom dra. Dit is n bul van n bipod wat baie stabiel is as jy sit van n bank af of op jou maag le en jy kan met hom oefen en met hom jag en op verder afstand op die baan speel.

Jy kan natuurlik nog die oorspronklike setup wat jy beplan bou en verkoop en as jou prys en kwalitieit beter as die ingevoerde goed is sal hulle verseker verkoop maar vir n all rounder bipod is die een hier bo die een wat ek sou koop
Ek stem saam. Ek het ook geupgrade na so een toe vanaf 'n Atlas en paar Harris bipods.
Goed, beter, 6millimeter!
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1378
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Plaaslik vervaardigde voorste rus

Post by Toxxyc »

Dis bietjie buite my prysklas, dankie man. Ek sal hom eerder later op 'n ander geweer laat sit as dit sulke tyd is eendag. Vir nou wil ek probeer om nie so baie dinge op my jaggeweer vas te sit nie, ek soek regtig net 'n eenvoudige rest. Vir nou :D
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Plaaslik vervaardigde voorste rus

Post by Eugene »

Toxxyc , ek het eendag my FTR-bi-pod by die huis vergeet en moes toe nood gedwone die X-bag gebruik om te oefen op lang afstande. Ek was verbaas hoe gemaklik dit eintlik was, in beide die sit en lê posisies. Volgens dit wat jy alles hierbo genoem het, wonder ek op 'n ordentlike X-bag of H-bag, nie dalk die oplossing vir jou is nie? Jy kan daarmee oefen en dit van die bakkie af gebruik...
Aim small, miss small
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1378
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Plaaslik vervaardigde voorste rus

Post by Toxxyc »

Yes dit is 'n opsie vir my, verseker. Ek moet elkgeval 'n sakkie koop vir agter (of een maak, ek beplan om my ou jeans in my kas bietjie te modify hiervoor), maar ek kyk ook na meer stabiele opsies vir as ek nou bietjie tyd op die baan gaan spandeer. Geen ander rede as vir bietjie speel nie. As ek jag dan skiet ek oor watookal in die veld beskikbaar is, al is dit nou niks. Ek het die afgelope 5 jaar net een keer van die bakkie af geskiet, en dit was nie eers met my eie geweer nie. Ek oorweeg dit nog (baie sterk), maar ek dink ek sal anyway vir my so iets bou, ten minste, as die vervaardiging nie die moeite werd sal wees nie.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Plaaslik vervaardigde voorste rus

Post by Arnold »

As jy n student is en nie een van daai in die winkel kan bekostig nie dan maak jy n plan ... hy het beter gelyk maar ek gebruik hom bitter min deesdae en skiet vanaf n bipod.


Image

Image

Sent from my SM-G955F using Tapatalk

User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Plaaslik vervaardigde voorste rus

Post by Capt. Yoda »

Hak een van jou pelle se kar jack en weld n plaat bo op hom vas waar jy dan jou sakkie op vas sit
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1378
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Plaaslik vervaardigde voorste rus

Post by Toxxyc »

Arnold wrote: Wed Feb 03, 2021 12:21 pm As jy n student is en nie een van daai in die winkel kan bekostig nie dan maak jy n plan ... hy het beter gelyk maar ek gebruik hom bitter min deesdae en skiet vanaf n bipod.


Image

Image

Sent from my SM-G955F using Tapatalk
Hierdie is baie naby aan wat ek self wil vervaardig. BAIE naby. Kostebesparing is belangrik vir my nou. Nuwe baba is more hier, so ek moet spaar vir nou.
afrikanerbloed
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 300
Joined: Sat Dec 10, 2011 2:07 pm

Re: Plaaslik vervaardigde voorste rus

Post by afrikanerbloed »

Net so n vinnige hi jack as ek mag asb.
Hoe vergelyk die Sinclair met n Tier one Tactical.
Ek het die Tier one gekoop maar my skiet werk was nog nooit so vrot nie,
Sal heeltemal van voor af moet leer skiet met n bi pod.
Is dit by almal so of is daar manne wat n bipod opsit en net laat loop.
By my is dit defnitief nie die geval nie
Johan
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Plaaslik vervaardigde voorste rus

Post by Capt. Yoda »

Die Sinclair is die enigste bipod wat ek nog gebruik het waar daar nie n verskil is hoe ek hom skiet nie, “geload”, omtrent free recoil waar hy net net my skouer raak of vas hou in die skouer van sement, gras of sand af skiet hy selfde. Atlas was naaste aam dit van die bipods wat ek nog gebruik het maar in my geval wou hulle ook bq geload word en ek verkies om n bipod nie regtig te load nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
afrikanerbloed
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 300
Joined: Sat Dec 10, 2011 2:07 pm

Re: Plaaslik vervaardigde voorste rus

Post by afrikanerbloed »

Dankie Kaptein.
Op watter kalibers doen daai bipod diens.
Ek probeer om myne te laat werk op n 223 en n 308.Die 223 se groepe was aanvaarbaar maar met die 308 knor dit.
Johan
User avatar
Francoisv
Hero Member
Hero Member
Posts: 1615
Joined: Wed Jan 01, 2014 10:39 pm

Re: Plaaslik vervaardigde voorste rus

Post by Francoisv »

Cheap cheap Image

2 daughters. Plenty guns.

Francois Vogel
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2595
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm

Re: Plaaslik vervaardigde voorste rus

Post by JohanvB »

Toxxyc wrote: Wed Feb 03, 2021 1:11 pm
Arnold wrote: Wed Feb 03, 2021 12:21 pm As jy n student is en nie een van daai in die winkel kan bekostig nie dan maak jy n plan ... hy het beter gelyk maar ek gebruik hom bitter min deesdae en skiet vanaf n bipod.

Oom Chris van Niekerk verkoop soortgelyke bipods..

Hulle werk regtig lekker.

Sy nr, 0822985272

Groete

Image

Image

Sent from my SM-G955F using Tapatalk
Hierdie is baie naby aan wat ek self wil vervaardig. BAIE naby. Kostebesparing is belangrik vir my nou. Nuwe baba is more hier, so ek moet spaar vir nou.
Post Reply