Vuurwapens inhandig as lisensies verval het.

Post Reply
User avatar
Spanner
Hero Member
Hero Member
Posts: 1083
Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm

Vuurwapens inhandig as lisensies verval het.

Post by Spanner »

Manne, ek is so befoeterd ek kan slange kaalhand vang !

Om 'n lang storie kort te maak... my vrou se twee vuurwapenlisensies het verval... en so gaan ons DFO toe om weer aansoek te doen en die wapens in te handig.
Moet my asseblief nie kritiseer oor die feit dat die lisensies NOOIT MOES verval het nie, ek het amper op egskeiding gedraai oor daai spesifieke feit ! Dit het gebeur.
Ek het daai fight gefight.
Ek het daai fight verloor.
Los dit daar.
Nou beweeg ons aan en probeer die gemors beredder.
My probleem kom in dat die DFO weier om my vrou se CZ 75 pistool in te neem en in te boek tensy ek die grips and die mag terug sit op die pistool. Volgens my is dit nie nodig nie, die grips is duur aftermarket items en die magasyn is onnodig.
Maar NEE - die DFO weier volstrek.
Na 'n vreeslike onderonsie en hewige woordewisseling met die onnosele DFO waartydens ons altwee naderhand op mekaar skree..."beveel" my vrou my om 'n draai te loop en af te koel, sodat sy die situasie kan probeer beredder.
Die DFO het sommer net daar my rekords op die sisteem na gegaan en my toe gedreig dat my "aanvallende en aggresiewe houding" teenoor haar, my toekomstige kanse vir suksesvolle hernuwing van al my lisensies erg gaan benadeel ! So toe word ek gedrieg dat ek moet stil bly en 'n soet seuntjie wees, anders sal sy op my rekord noteer dat ek nie geskik is vir my lisensiehernuwings nie omdat ek te aggressief en bakleierig is !
Op daai oomblik wou ek die DFO se wange en neus met my gebalde vuis streel, want ek glo sy maak addisionele reels op soos wat sy goed dink.

My vrou moes ook haar .30-06 jaggeweer surrender "vir veilige bewaring" want sy lisensie het ook pas verval !
Weer-eens... moenie vra vra nie maters...want dan vloek ek net weer van voor af !

Uiteindelik word ek toe vriendelik vergesel na my voertuig deur twee jong konstabels, want ek is blykbaar 'n bedreiging vir vrede en nasionale veiligheid !
Twee ure later, sluit sy lieflike vroutjie by my aan in die parkeerterrein.
Steeds terwyl die twee konstabeltjies 'n wakende ogie oor my hou...
Sy het kalm gebly en alles gedoen wat vir haar gesê was, so die DFO het haar die "guns gedoen" om haar met die lisensieaansoeke te assisteer.
En net hier strip my moer vir 'n vyfde keer !
Die DFO wat aangedring het dat ek die grips en 'n mag in die pistool moet sit, boek die pistool in sonder om te noteer dat daat grips en'n magasyn saam ingehandig is.
Selfde met die jaggweer - geen melding is gemaak van die teleskoop wat op die wapen is nie.
Die papierwerk meld slegs CZ 75 en Musgrave .30-06.
Dis dit !
So hulle kan die items van die wapens verwyder en ek het geen voet om op te staan nie !

Die hele moeilikheid het begin toe die DFO vir my sê dat daar 'n magasyn en grips op die pistool MOET WEES aangesien die pistool gestuur moet word vir ballistiese toetse en dit onmoontlik is om te doen sonder die items. Geen agrument van my kant af of demonstrasie hoe om dit te doen, kon haar anders oortuig nie - inteendeel... my vrou praat nou reeds drie dae later, steeds nie met my nie omdat ek die DFO se bullshit nie wou opvreet nie!
My verweer dat die grips en 'n magasyn nie noodsaaklik is on die wapen af te vuur en te toets nie, het geen indruk op die DFO gemaak nie. Net so is die teleskoop en geweerband nie noodsaaklik vir die afvuur van die .30-06 nie. Toe ek aandring om die absurde meriete van die DFO se versoek verder te debateer, daag die twee gewapende konstabeltjies skielik op om my van die perseel te vergesel ...

Hier is my punt : Die grips en magasyn is nie deel van die gelisensieerde pistool nie.
Net so is die teleskoop en die geweerband ook nie deel van die jaggeweer nie.
Volgens my hoef ek dit nie saam in te hadig nie.
So waarom daarop aandring ? Waar staan dit in die regulasies ?
As hulle dan die wapens ballisties wil toets, is die items nie 'n noodsaaklikheid om dit te doen nie.
Hoekom dan aandring dat ek dit moet inhandig , en dan pertinent versuim om die addisionele items te noteer op die "surrendering" dokumentasie ?
Natuurlik raak my vrou befok toe ek dadelik wil terug gaan en aandring dat die DFO die addisionele items so noteer !
Dit sal blykbaar haar kanse vir die uitreiking van die lisensies erg benadeel.

So wat staan my te doen op daai oomblik in daai situasie? Ek het 'n glimlag geforseer vir konstbels Sipho en Thando weerskante van my voertuig gegroet, en die perseel verlaat... !

Het enige van julle al dieselfe nonsens oorgekom ?

Derik
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
User avatar
Heinz Petersen
Hero Member
Hero Member
Posts: 1583
Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm

Re: Vuurwapens inhandig as lisensies verval het.

Post by Heinz Petersen »

In n DFO se kantoor gooi jy nie n vloermoer nie. Jy sê ja en amen op als wat hy/sy sê.
Jou bad.
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2160
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Vuurwapens inhandig as lisensies verval het.

Post by Ds J »

Goeiedag Derik,

Jy gaan ongelukkig n paar prekerige antwoorde kry, en jy het n paar duur lesse geleer. Die eerste is om jou ego van nou af in jou gatsak te druk, en met jou kop te dink wanneer dit oor sulke kritiese sake gaan.

Dit is nodig om in alle opsigte deeglik voorbereid te wees wanneer jy met die staat werk. Ons leef onder n sosialistiese staatsbestel waar bekwaamheid en gewilligheid tot diens in baie gevalle n vloekwoord is. Jou standpunt dat die psitool sonder greepstukke en n magasyn kan werk is heeltemal korrek; dit help ongelukkig niks in n situasie waar die DFO die finale se^ het nie. Die enigste saak wat daar help is om hom skaakmat te sit, of om na sy wil te buig. Dit sou bv beteken om die duur parte tuis af te haal en goedkoop stukke op te sit, of vooraf vrede te maak dat jy hulle dalk nie weer kan sien nie. Of jy moet jou storie betyds reg he^ dat die magasyne n rukkie terug in julle skietmaat se kar uitgeval het, en dat die persoon intussen tydelik na Hawaii verplaas is.

Jy sal die saak met die DFO kan uitsorteer soos tyd aangaan. Dit gaan tande kners kos, maar jy sal die verhouding kan herstel.

Die saak met vroulief is n perd van n ander kleur: jy het haar in die publiek verneder deur jou optrede, en dit is nie iets wat ligtelik sal weggaan nie. Deur jou optrede lyk dit nou of sy met n soort maniak getroud is wat nie sy humeur kan beteuel nie; die SAP het haar waarskynlik gevra of julle gereeld sulke uitvalle het, of jy haar aanrand, en of jy haar en die kinders met jou vuurwapens dreig. Ongeag hoe (on)skuldig jy aan hierdie sake is, jy het nou die idee geskep dat jy presies dit is waarvoor hulle daagliks op die uitkyk moet wees. Dit reflekteer sleg op haar persoonlikheid, want dit lyk of sy n aap vir n man het.

Kontak my gerus indien nodig.
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2956
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Vuurwapens inhandig as lisensies verval het.

Post by Lategan1 »

Lees mooi wat DsJ hier skryf. Direk tot jou sonder doekies omdraai, maar met respek.

Neem eienaarskap hiervan/introspeksie, dan by baas in die huis, dan besoek jy die DFO om saak reg te maak, nie om wapensake te bespreek nie. Dit is slegs ‘n verhoudingsafspraak.

Ek gaan jou nie kritiseer nie, maar jou gesindheid jeens hierdie persoon, sy werk en wette van die land, sal jy ongelukkig moet respekteer. Waar hy verkeerd is, moenie vloermoer gooi nie :police: Maak ander plan soos die manne hier noem.

Dink van ons leer wel ook iets hier met jou ‘come clean’ oefening. Jy het moontlik ander goed ook wat jou pla, dit is net in jou hande om dit te oorkom.

Per slot van sake, jy wil jou wapens behou sowel as die reg om te kan.

Sterkte.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 959
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: Vuurwapens inhandig as lisensies verval het.

Post by OosKaapJagter »

Soms kan 'n mens regstegnies korrek wees maar steeds die geveg verloor.

In 'n hof sal jy waarskynlik suksesvol kan redeneer dat slegs die loop en raam die wesenlike dele van die pistool uitmaak; die res is bloot bykomstighede.

Die probleem is dat jy moet redeneer met iemand wat nie 'n regsgeleerde is nie, maar wat bloot die Kommissaris se direktiewe probeer interpreteer op sy of haar wyse, ongeag of die direktiewe korrek is of nie. Jy kan die duur roete volg en 'n regsaksie aanhangig maak net om 'n punt te bewys.

Die feit is egter dat daardie lisensies verval het. Gevolglik is jy en jou vrou dus nie nou in enige posisie om sake te dikteer nie, maar julle is verleë in die sin dat die SAPD nou moet besluit of die aansoeker inderdaad 'n geskikte persoon is wat die wapens mag besit en dit inderdaad nodig het. Op die aansoekvorms is daar 'n plek waar daardie selfde "onnosele" DFO, wat in haar oë jou moes laat verwyder vir haar eie en die publiek se veiligheid, 'n aanbeveling hieroor moet maak. Dink daaroor....

Indien ek self ooit 'n wapen permanent moet inhandig vir welke rede, sê maar die ding is ondiensbaar en die onderdele onverkrygbaar, sal ek afhaal wat ek wil, die res skenk/verkoop aan 'n wapensmid. Ek sal die raam en loop met 'n stuk draad vasbind aan mekaar en die twee stukke ingee by die DFO, tesame met 'n uittreksel van die wet met die definisie van 'n vuurwapen daarby. Ek sal sommer noem dat alles wat nie 'n vuurwapen is nie, verkoop is. Dit staan die SAPD se wapensmede vry om ander soortgelyke tipe wapens se onderdele voor vernietiging te neem om myne weer aanmekaar te sit en te vuur vir ballistiese toetse. Ek keer hulle nie.

In jou situasie sou ek die 30-06 sonder teleskoop en geweerband ingegee het. In die geval van die CZ 75 sou ek die oudste, lelikste magasyn saam met ook die lelikste grepe ingehandig het. Indien jy nie meer die grepe het nie, kerf jy twee uit tamatiekasplankies en sit hulle op. Dit is nie 'n wetlike vereiste nie, maar jy wil tog hê jou aansoeke moet gunstig oorweeg word.

Hier klink dit asof jy die geveg verloor het en nou katvoet in die huis en by jou DFO moet loop in die toekoms.

Ek kritiseer nie, maar nie almal het die tyd of geduld vir regsaksies nie. Daarbenewens het die Grondwetlike Hof duidelik uitgestippel dat die besit van 'n vuurwapen 'n voorreg en nie 'n reg is nie. Jy kan dus die SAPD dwing om die wapens waarvan die lisensies verval het in te neem op jou terme, net vir die aansoeke om afgekeur te word.
User avatar
Spanner
Hero Member
Hero Member
Posts: 1083
Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm

Re: Vuurwapens inhandig as lisensies verval het.

Post by Spanner »

Ek het julle manne se antwoorde mooi gelees en toe die volgende dag weer gelees.
Ek het kans gehad om af te koel en daaroor te dink. Julle is absoluut korrek - ek het die ding verkeerd hanteer.
Of ek reg was of nie, het my nie gehelp nie.
Ek en mamma-beer het ons dinge reeds uitgesorteer. Ek sal later die week die DFO gaan sien.

Dankie kêrels.
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Vuurwapens inhandig as lisensies verval het.

Post by Hein M. »

Spanner wrote: Mon Dec 21, 2020 9:26 am Ek het julle manne se antwoorde mooi gelees en toe die volgende dag weer gelees.
Ek het kans gehad om af te koel en daaroor te dink. Julle is absoluut korrek - ek het die ding verkeerd hanteer.
Of ek reg was of nie, het my nie gehelp nie.
Ek en mamma-beer het ons dinge reeds uitgesorteer. Ek sal later die week die DFO gaan sien.

Dankie kêrels.
Sterkte. Trek maar jou krismispakkie aan en vat genoeg KFC ook...
User avatar
JurieW
Full Member
Full Member
Posts: 129
Joined: Wed Apr 19, 2017 1:18 pm

Re: Vuurwapens inhandig as lisensies verval het.

Post by JurieW »

Daars engelse datjie hieroor..

"Don't argue with fools, they will drag you down to their level and beat you with experience."
12ga ELG
.223 BRNO
.30-06 Tikka T3 Supervarmint
Zuku
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 304
Joined: Mon May 29, 2017 7:28 pm

Re: Vuurwapens inhandig as lisensies verval het.

Post by Zuku »

Spanner, troos jou daaraan dat daar duisende ander mans soos jy voel en soos jy optree. Reg of verkeerd. Neem notisie van die goeie advies en tree op daarvolgens.

Die Bybel se immers "'n Sagte antwoord laat woede bedaar; 'n krenkende woord laat woede ontvlam".

Sterkte vorentoe
Post Reply