`Powder efficient` vlakte kaliber

Mellies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm

`Powder efficient` vlakte kaliber

Post by Mellies »

More menere.

Ek kyk na veral die Yanks met hulle 300RUM`s, 7mm STW`s, 28 Noslers en ander wat in Afrika kom jag en bokke op gewone afstande, 150 - 300m, met hulle groot roere omdop. In dieselfde asem sien en hoor ek dat `n 140gr punt @ 2900voete ganog is vir enige van Afrika se boksoorte. Selfs elandbulle...

Die laaste ruk sien ons dat sonder om teveel hare te kloof `n houertjie ingevoerde kruit jou +/- R1000 uit die sak jaag.

`n 300RUM gebruik in die omgewing van 90gr poeier om `n boontjie (180gr) te stoot vs. die +/-45gr van `n 308Win (165gr) en +/-58gr van `n .30-06 Spfd (165gr). Natuurlik het meer kruit sy voordele...

Nou wonder ek watter kaliber (verkieslik in `n rakgeweer) met watter brand en massa punt slaan die hardste met die minste kruit?

Hoe sal so vlakteroer combo en sy glase lyk vir stapjag, van springbok tot eland tot 450m?

Met `n vleisie...
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: `Powder efficient` vlakte kaliber

Post by Smitstertjies »

Ek neem aan jou bekommernis is die koste van dryfmiddel per skoot?

Om elandbul op 450m met selfvertroue om te dop, sal ek nie sommer minder as n 168gr koeel teen 3000 vps wil skiet nie. Vir daardie doeleindes dink ek n 300wsm gaan jou naaste opsie wees, of iets soos n 30-06 ackley gaan jou ook naby bring. Dopvolume is nie buitensporig nie.Daar is hordes goedkoop 30-06'e en 300wsm rakgewere in die mark

Maar ek dink jou bekommernis moet nie die dryfmiddel wees nie, maar eerder die koeels wat jy skiet. Die dryfmiddel is maar n klein koste van n patroon vergeleke met die koeel. Kyk bietjie deesdae wat kos n Barnes TTSX of Nosler Accubond. Jy gaan nie met goedkoop koeels op 450m elande wil jag nie.
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: `Powder efficient` vlakte kaliber

Post by joe rocket »

7x57 Ackley improved. Glase? Enige scope wat akuraat kan track, glas.helderheid tot op 450 is nie so belangrik nie. Die ou drade boog en nul ses sal ook werk. Almal gaan seker sê 6.5 Needmore, jy is mos n sniper dan. Koeel keuse gaan belangriker wees.
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2111
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: `Powder efficient` vlakte kaliber

Post by Supacow »

270 win
300 magnum performance met n fraksie van die kruit
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
Mellies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm

Re: `Powder efficient` vlakte kaliber

Post by Mellies »

Smitstertjies wrote: Wed Dec 09, 2020 11:16 am Ek neem aan jou bekommernis is die koste van dryfmiddel per skoot?

Om elandbul op 450m met selfvertroue om te dop, sal ek nie sommer minder as n 168gr koeel teen 3000 vps wil skiet nie. Vir daardie doeleindes dink ek n 300wsm gaan jou naaste opsie wees, of iets soos n 30-06 ackley gaan jou ook naby bring. Dopvolume is nie buitensporig nie.Daar is hordes goedkoop 30-06'e en 300wsm rakgewere in die mark

Maar ek dink jou bekommernis moet nie die dryfmiddel wees nie, maar eerder die koeels wat jy skiet. Die dryfmiddel is maar n klein koste van n patroon vergeleke met die koeel. Kyk bietjie deesdae wat kos n Barnes TTSX of Nosler Accubond. Jy gaan nie met goedkoop koeels op 450m elande wil jag nie.
SS,

Ek vra sommer terloops watter kaliber sal die mees effektiefste kruitverbruiker wees. Dit is gladnie vir my persoonlik nie. Ek gebruik `n 300WM vir bg.

Ek weet meer poeier = meer spoed, platter trajek, meer energie ens. ens. Terselfdetyd is daar manne wat met relatief klein kalibers elandbulle op wye afstande kap en reken dit is al wat nodig is vir Afrika se bokke.

Is meer kruit regtig nodig? Of is die kleiner roere wat minder kruit verbruik voldoende?

Ek het wel verwag dat kortdopkalibers dalk meer hier genoem gaan word...

Dankie.

Met `n vleisie...
Mellies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm

Re: `Powder efficient` vlakte kaliber

Post by Mellies »

Supacow wrote: Wed Dec 09, 2020 11:29 am 270 win
300 magnum performance met n fraksie van die kruit
Hierdie een ook sien kom... ++>:

Met `n vleisie...
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2111
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: `Powder efficient` vlakte kaliber

Post by Supacow »

Ag ok as jy dan nou so aanhou...kortdop 270 WSM maar dis onnodig groot
7x57ai is nogals stout 284 win ook
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3125
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: `Powder efficient` vlakte kaliber

Post by LUAN »

300wsm met n 180gr Kriek LRH
Minder as 65gr kruit nodig
Mellies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm

Re: `Powder efficient` vlakte kaliber

Post by Mellies »

LUAN wrote: Wed Dec 09, 2020 12:00 pm 300wsm met n 180gr Kriek LRH
Minder as 65gr kruit nodig
Luan,

Dink jy nie `n 7mm WSM met dieselfde massa punt gaan die 300WSM klop nie?

Met `n vleisie...
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13573
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: `Powder efficient` vlakte kaliber

Post by Capt. Yoda »

300wsm met n 215gr Hybrid
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Mellies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm

Re: `Powder efficient` vlakte kaliber

Post by Mellies »

Capt. Oblivious wrote: Wed Dec 09, 2020 12:12 pm 300wsm met n 215gr Hybrid
Met `n Lynx 4x40?

Met `n vleisie...
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13573
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: `Powder efficient` vlakte kaliber

Post by Capt. Yoda »

My scope keuses vir jag laat mense tranerig raak so ek los daai maar oop vir elke ou om self te besluit maar ek sou seker n X5 op gooi as ek nou kan kies vir daai 450m bokke, enige ordentlike scope met tenminste 20x vergroting sou vir my werk
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
RabieL
Full Member
Full Member
Posts: 161
Joined: Mon Oct 20, 2014 10:10 am

Re: `Powder efficient` vlakte kaliber

Post by RabieL »

Spoed en Perfomance kom maar altyd teen n koste. Dit is maar soortvan n "Law of deminishing return" jy moet al hoe meer geld ingooi om n klein verbetering te kry.
Met Quickload het ek nou nogal baie begin oplet na die balistic efficiency regs onder. Dis maar n tipe van meetwyse wat seker vir jou energie per gr dryfmiddel gee. Ek dink om die stelling dus reg te benader gaan n mens moet definieer wat die voorvereiste parameters moet wees op watter afstand. Dan moet mens gaan kyk watter kalibers gaan die parameters susesvol kan haal en wat hulle balistiese effektiwiteit is. Wat ek wel kan se is daar is maar min wat die 308 Winchester wen in balistiese efficiency. Hulle is daar maar skaars.
"Only Accurate Rifles Are Interesting"

9mmP, .22 LR AR 15, 12 Gauge, 243 Win, 6 Creedmoor, 6.5 Creedmoor, 7mm RM, 338 WM.
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2111
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: `Powder efficient` vlakte kaliber

Post by Supacow »

R5000 voucher scope
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3125
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: `Powder efficient` vlakte kaliber

Post by LUAN »

Mellies wrote:
LUAN wrote: Wed Dec 09, 2020 12:00 pm 300wsm met n 180gr Kriek LRH
Minder as 65gr kruit nodig
Luan,

Dink jy nie `n 7mm WSM met dieselfde massa punt gaan die 300WSM klop nie?

Met `n vleisie...
Ek weet nie wat se ql gaan n 7wsm regkry met n 180gr? Hoor nie eintlik van baie manne wat met daai kaliber skiet.
As dit lang afstand is sou ek nie na n 180gr mono kyk maar ons praat nou van 450m op n Eland. Ek sou nie n match koel wil gebruik as daar n lyfskoot moet geskiet word op so groot dier. Vir my is n 180gr mono best of both worlds in n 300. Genoeg spoed en penetrasie.
User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1518
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm

Re: `Powder efficient` vlakte kaliber

Post by swc-tr »

Mellies, in my boek pas "stapjag" en "450m" nie lekker in dieselfde sin.
Wonder maar net....

Sent from my SM-G950F using Tapatalk

Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13573
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: `Powder efficient` vlakte kaliber

Post by Capt. Yoda »

Mellies jag in die berge waar daar ver gestap word en dan soms ver geskiet moet word
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
savage(P Coetzer)
Hero Member
Hero Member
Posts: 973
Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm

Re: `Powder efficient` vlakte kaliber

Post by savage(P Coetzer) »

Ek sou weer vêr weg bly van n mono op langer afstande. Gewone premium bonded koeels soos n accubond sou my keuse wees in n 7mm wsm. Vir n .30 om by die 7mm se bc en sd uit te kom teen dieselfde spoed is daar aansienlik meer recoil en kruit tot gevolg
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2111
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: `Powder efficient` vlakte kaliber

Post by Supacow »

Mellies stap die koppie uit en snipe dan n vleisie
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8003
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: `Powder efficient` vlakte kaliber

Post by Arnold »

Eland in die berge, dit klink lekker en ek dink sommer dadelik aan Nico Harris se laaste video waar hy sy 300WSM redelik stadig skiet met 'n swaar 225gr koeel. Voor dit was dit Geno wat ook sommer 'n eland op lang afstand met sy 260 AI geskiet het as ek reg onthou.

So binne perke is die kaliber en dop van minder belang as skietvernuf. Nou hierdie is seker welom bekend maar ek verwys nie net na die sneller trek nie maar om daai geweer te kan bestuur in die huidige omstandigehede wat dan ook jou fisieke toestand insluit. Ek weet hierdie is 'n simpel antowwrd want dit is nie lekker om soveel sin te praat nie en mens wil oor die ander goed praat en ek hou self daarvan.

Vir my, as ek kyk na beskikbaarheid, sal ek 'n 300 WM kies omdat ek hom vir ander goed ook wil gebruik. Dit gese^ dink ek ook iets kleiner kan voldoende wees.
Mellies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm

Re: `Powder efficient` vlakte kaliber

Post by Mellies »

RabieL wrote: Wed Dec 09, 2020 12:22 pm Spoed en Perfomance kom maar altyd teen n koste. Dit is maar soortvan n "Law of deminishing return" jy moet al hoe meer geld ingooi om n klein verbetering te kry.
Met Quickload het ek nou nogal baie begin oplet na die balistic efficiency regs onder. Dis maar n tipe van meetwyse wat seker vir jou energie per gr dryfmiddel gee. Ek dink om die stelling dus reg te benader gaan n mens moet definieer wat die voorvereiste parameters moet wees op watter afstand. Dan moet mens gaan kyk watter kalibers gaan die parameters susesvol kan haal en wat hulle balistiese effektiwiteit is. Wat ek wel kan se is daar is maar min wat die 308 Winchester wen in balistiese efficiency. Hulle is daar maar skaars.
7-08Rem?

Met `n vleisie...
Mellies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm

Re: `Powder efficient` vlakte kaliber

Post by Mellies »

swc-tr wrote: Wed Dec 09, 2020 12:44 pm Mellies, in my boek pas "stapjag" en "450m" nie lekker in dieselfde sin.
Wonder maar net....

Sent from my SM-G950F using Tapatalk
So ook nie `50m` en `bakkiejag` nie, maar dit gebeur...

Met `n vleisie...
Mellies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm

Re: `Powder efficient` vlakte kaliber

Post by Mellies »

swc-tr wrote: Wed Dec 09, 2020 12:44 pm Mellies, in my boek pas "stapjag" en "450m" nie lekker in dieselfde sin.
Wonder maar net....

Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Gaan loer bietjie na John X Safaris op die tube. Onder andere Gunwerks, Horizon Firearms etc. wat wyd skiet.

Met `n vleisie...
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: `Powder efficient` vlakte kaliber

Post by ruaanb »

300wsm want ek het dit nou al in jou scenario gebruik. 200gr Eld-x, 208gr eldm of 200gr kriek. Vir glase het ek n leupold LRP op.
Willem Grobler
Full Member
Full Member
Posts: 154
Joined: Mon Jul 08, 2013 2:48 pm

Re: `Powder efficient` vlakte kaliber

Post by Willem Grobler »

7x64 en 170gn ProAmm dit koop jy sommer al2 van die rak af

284 Win met 168gn punte @ so 2860vps

300 WSM ook vd rak af met 180-210 gn punte @ so rondom 2850vps

Enige goeie teleskoop tot by n 20x vergroting
Post Reply