Page 1 of 1
Varke
Posted: Wed Dec 28, 2011 8:18 pm
by Onskulligejakkals
Graag verneem ek van lede wat my kan se wat my regte is omtrent varke (plaasvarke) van n buurman wat los rondloop op my grond en na verskeie versoeke wat op dowe ore val om hulle op hok tehou.
Re: Varke
Posted: Mon Jan 02, 2012 9:57 am
by James Wilson
as die varke nie bewysbare skade doen nie, is maar redelik beperk tot aanhoudende skriftelikke korrespondensie wat dan uiteindelik aan n prokureur sal moet oorhandig word.
intussen gebeur ongelukke altyd so maklik

Re: Varke
Posted: Mon Jan 02, 2012 12:22 pm
by Mac
Weet nie waar jy is nie, maar slangkop proe vir 'n vark soos lekkergoed, dan neem dit met 'n paar minute vir jou probleem om opgelos te word. Veldkos wat hy eet kan jy nie voor keer nie, of hoe?
Moet net nie daardie vark eet niie, of so word daar gese
Re: Varke
Posted: Mon Jan 02, 2012 12:37 pm
by molopohunter
As dit my plaas was, en ek het hom al baie gevra om die varke in sy kant te hou...sou daar n paar in n gat weg geraak het.
As hy my skade doen

Ek het al soort gelyke probleem met buur maatskapy met beeste in botswana gehad. Vir hulle n brief geskryf om te se ek gaan van nou af skiet (ek en die bestuurder was nie kwaai vrinne nie). En die direkteur n faktuur gestuur vir die weiding en lek.
Hulle het betaal en het toe begin om hulle kampe aan hulle kant reg te kry. Vark, bees, skaap...ek sien nie die verskil nie...dit bly vee.
Groete.
Peet
Re: Varke
Posted: Mon Jan 02, 2012 2:06 pm
by Onskulligejakkals
Die skade wat varke aanrig is meer natuurbewaring skade want die goed ruik mos als uit ,voelnessies wat in die rivier beddings is en knol en bol plante word uitgedol en gevreet en dan ook die goed mis orals en my skape wei ook daar so dit word n inwendige parrasiet probleem vir my en glo my maar my plaaswerkers het soms n vrieskas vol "vis". Die rede vir my vraag was dat naturbewaring vir my gese het as gevolg van die vark probleem wat reeds in die Weskaap is mag ek hulle skiet ek mag hulle blykbaar net nie optel enbegrawe binne 24 uur nie.Nou het ek maar net gewonder of daai ou bekommerd was oor die natuur en of dit so is.
Re: Varke
Posted: Tue Jan 03, 2012 9:22 am
by James Wilson
skiet Boeta skiet!!!!
Re: Varke
Posted: Wed Feb 22, 2012 9:20 am
by Gerhard Smith
Ons skiet ook die "feral" varke in die wes kaap so van wellington se kant en dan soms meer veldrif toe. Die goed is n groot pes en natuurbewaring het nou n program uiteengesit om die goed te probeer onder beheer kry. Rede hiervoor is dat hulle besig is om die renosterveld biome te vernietig en wellington voelvlei dam tulbagh is dink en die enigste plek in die wereld waar die renosterveld natuurlik voorkom. Ek het ook al gehoor van die varke eet ook die bedreigte luiperd skilpaadjies!
Ons het seker in die laaste paar maande so 10-15 van die goed gewalk en stalk hulle is maar moeilik om te kry aangesien hulle baie skelm is. Ek het nog niks gehoor van iemand af dat jy nie die vark mag optel of begrawe binne 24hr nie. Ons slag hulle maak worsies en rook die boude ens en dis nogal leka vleis om te eet proe natuurlik geensins soos vark nie.
Re: Varke
Posted: Wed Feb 22, 2012 10:23 am
by Rambo
Buurman: "Wat het jy met my varke gedoen?"

x: "Watter varke?"

Buurman: "Die varke wat so los hier rondloop!"

x: "Los rondloop?... seker weggeloop of gesteel, hulle was mos nie op hok nie?"

Re: Varke
Posted: Wed Feb 22, 2012 4:36 pm
by Onskulligejakkals
Gerhard
Ja soos jy daar beduie van Wellington en die skilpadjies so het natuurbewaring my ook gese.
Die 24 uur het blykbaar tedoen as jy weet wie se vark dit is..Ek sien hier van Het Kruis se kant af Redelinghuis se kant toe waar die teerpad stop loop ook n trop rond wat lyk soos daai een in jou foto.
Groetnis
Re: Varke
Posted: Wed Feb 22, 2012 5:41 pm
by Pvdw
Hi Gerdhard, dis darm 'n koddige kolvark daai. Is dit nou 'n kruising tussen mak vark en bosvark daai? Hier bo glo ek nie het ons so iets nie.
Peet
Re: Varke
Posted: Fri Mar 16, 2012 11:10 pm
by Gerhard Smith
Jammer ek reply nou eers het bietjie verlore geraak. Daai varke is n europese vark wat in die 50's sa toe in gevoer is en toe net laat gaan is!
Jakkalsgat jy moet uitvind of mens iets kan doen oor daai trop wat jy van praat sal kom help.