Majuba Kettie?
-
ThinusS
- Sr. Member

- Posts: 328
- Joined: Sun Jul 17, 2011 10:00 am
Majuba Kettie?
Gewere in .303 kaliber staan algemeen bekend as die Majuba Kettie, ek het onlangs so 'n bietjie opgelees omtrent die slag van Majuba, waar ons voorouers die Ingelse se gatte geskop het, en 'n interresante ontdekking gemaak.
Die .303 British is gedurende 1887 ontwikkel en in 1888 as die standaard Britse milit?re kaliber in gebruik geneem. Dit is dan ook die kaliber wat deur die Britse magte gedurende die tweede Vryheids Oorlog ( tweede Boere Oorlog) gebruik is. Die Boere het verskeie kalibers gebruik, met die 7mm Mauser (7x57) die mees algemene gedurende die eerste jare van die oorlog, baie Boere het later oorgeslaan na die .303 moontlik omdat (gebuite) ammunisie maklik verkrygbaar was. Die tweede Boere Oorlog het van 1898 tot 1902 geduur MAAR die slag van Majuba het op 27 Februarie 1881 plaasgevind tydens die eerste Boere Oorlog (1880-1881). Dit is 'n hele paar jaar voordat die .303 sy verskyning gemaak het.
Die standaard Britse milit?re rondte in 1881 was die 577/450 vir die Martini Henry geweer en die Boere het Martini Henry's, Westley Richards No 2 Musket gewere en 'n verskydenheid ander roere gebruik maar nie .303's nie.

- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4600
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Majuba Kettie?
ja, om die 303 die Majuba kettie te noem as n mens daardeur wil verwys na die welslae van die slag van Majuba is n mistasting. maar gaan vra mir vir die gewone Afrikaner op straat waarmee het die Boere die Engelse so lekker pak gegee en jy sal 9 uit die 10 antwoorde kry as 303. dis maar een van daai veralgemenings van die Gesk. ek sal dit in die selde klas plaas as wanneer n weekend warior vir jou se n AK 47 is n goeie aanvalswapen.
die 303 het egter mettertyd en Suid-Afrikaans geword. dit is ge-issue aan die Unie van SA se magte tydens die 1e en 2e wereld oorlog en as ek dit reg het tot laat in die 60tigs nog deel van die RSA se leer se gebruik. PMP het in die WW2 n derde van die gealieerdes se 303 ammo vervaardig.
ek weet nie werklik waar kom die woord Amajuba kettie vandaan nie maar die woord het ten goede of ten slegte al deel geword van die volksmond.

Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4600
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Majuba Kettie?
dis n bynaam wat ons in die mag gehad het vir persone wat nooit blootstelling gehad het aan n sekere onderwerp(gewoonlik militer van aard) nie maar hom baie ingelig voordoen daaroor. ek dink nie jy sal sommer so n persoon op die forum raakloop nie.
soortgelyk dus aan armchair coaches in rugby terme
soortgelyk dus aan armchair coaches in rugby terme
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
- Penkop
- Hero Member

- Posts: 621
- Joined: Tue Nov 16, 2010 11:29 am
Re: Majuba Kettie?
Hi Jagbehep,
Ek kan nie heeltemaal met jou saam stem oor siening van die boere en 303's nie:
Die Boere het die Mauser beroemd gemaak en die Mauser het die Boere Berug gemaak!

Waar daar 'n rokie trek is daar 'n bier'tjie...
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4600
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Majuba Kettie?
Penkop , die Boere het gekook met die mausers en vandaar natuurlik die Plezier mauser en ook die Mausers met OVS se wapen daarop. Penkop, ek is nie bekend vir my goeie koms skills nie dus glo ek ek en jy stem eindelik saam. se maar waaroor jy verskil dan gesels ons lekker verder. Musgrave het later die vrstaat model(ter viering van die Boere en die Mauser se welslae) uitgebring veral in die 7x57 en ek dink n paar 8x57's. as ek die storie reg het moes die OVS kabinet onder leiding van Pres Steyn besluit of hulle die TVL gaan steun in die Tweede vryheids oorlog. in die sitting in Bloem het n ene Van Rensburg(of janse van rensburg ek is nou onseker) opgestaan en gese die oormag(Britanje) sal oorwin word met: "God en die Mauser"
Groette
Groette
Last edited by James Wilson on Thu Jan 05, 2012 6:19 pm, edited 1 time in total.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
-
ThinusS
- Sr. Member

- Posts: 328
- Joined: Sun Jul 17, 2011 10:00 am
Re: Majuba Kettie?
Iewers het ek 'n artikel wat deur die Amerikaanse wapenskrywer, Jack Lott (ontwerper van die 458 Lott), geskryf is, dit handel oor die Boere oorlog. Die titel is: God and the Mauser.
Groete
Thinus
Groete
Thinus
- Dawid
- Hero Member

- Posts: 1079
- Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm
Re: Majuba Kettie?
Manne,
My oorle oupa het aan ons kinders baie stories voor die koolstoof gesit en vertel en onder andere het hy ons vertel van die 303 en die Mauser wat hy gehad het en ons het altyd grootoog na die stories gesit en luister van Ceylon en die boere wat met skippe weggevat is eilande toe.
Onder andere het die 303 sy naam gekry as Amajuba kettie aangesien die ding met n helse swaar koeel blykbaar so n boog geskiet het soos n kettie en die Ingilse nie tot by die boere kon skiet nie maar al die tyd kortgeskiet het, daarby het die Mauser wat n verder reikafstand gehad het die rook uit die Britte geskiet.
Ek praat onder korreksie maar dis hoe ek dit onthou van vroee jare se oorvertellings.

IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER
9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5154
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Majuba Kettie?
Dawid as ek jou weergawe so lees lyk dit my dit was/is meer 'n spot met die 303 as swak Britse wapen as wat dit bedoel is as 'n boere wapen.
Peet
Peet
Work to live, don"t live to work
- Dawid
- Hero Member

- Posts: 1079
- Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm
Re: Majuba Kettie?
Peet.
Ek is nou nie n kenner op die gebied nie maar soos ek onthou het die boere alhoewel hulle duisende van die wapens gebuit het by die vyand erg teen die gebruik daarvan geskop maar was later soortvan geforseer omrede amminusie nie n probleem was nie. Treintrokke vol is gebuit en dit wat nie gebruik is nie is in grotte versteek of teveel was is opgeblaas. Penkoppe was gewoonlik eerstes om 303`s te kry aangesien hulle maar altyd die perde moes oppas en eintlik maar die "standby" manne was.
Ek is nou nie n kenner op die gebied nie maar soos ek onthou het die boere alhoewel hulle duisende van die wapens gebuit het by die vyand erg teen die gebruik daarvan geskop maar was later soortvan geforseer omrede amminusie nie n probleem was nie. Treintrokke vol is gebuit en dit wat nie gebruik is nie is in grotte versteek of teveel was is opgeblaas. Penkoppe was gewoonlik eerstes om 303`s te kry aangesien hulle maar altyd die perde moes oppas en eintlik maar die "standby" manne was.
IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER
9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
- Penkop
- Hero Member

- Posts: 621
- Joined: Tue Nov 16, 2010 11:29 am
Re: Majuba Kettie?
Hi Jagbehep,
Ons is eintlik op die selfde bladsy, al waarna ek verwys is onderstaande paragraaf:
maar gaan vra mir vir die gewone Afrikaner op straat waarmee het die Boere die Engelse so lekker pak gegee en jy sal 9 uit die 10 antwoorde kry as 303.
Waar ek vandaan kom sal 99 uit 100 vir vertel die boere het gemaai onder die Ingelse met hul Mausers!
Ons is eintlik op die selfde bladsy, al waarna ek verwys is onderstaande paragraaf:
maar gaan vra mir vir die gewone Afrikaner op straat waarmee het die Boere die Engelse so lekker pak gegee en jy sal 9 uit die 10 antwoorde kry as 303.
Waar ek vandaan kom sal 99 uit 100 vir vertel die boere het gemaai onder die Ingelse met hul Mausers!
Waar daar 'n rokie trek is daar 'n bier'tjie...
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4600
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Majuba Kettie?
AI, ou Dawid wanneer land jy tog. Peet ek glo ook die Amujuba kettie benaming is n draadstekery met die 303.
Penkop, natuurlik gaan daar waar jy vandaan kom baie meer mense wees wat ken, jy is dan van die Vrystaat, dis reg mense daardie.
self n paar jaar in die OVS gebly en daar vir my n Boere nooi gekry. haar oupa grootjie was weer Komandant Theunissen van die Winburg komando. die dorp Theunissen is later na hom vernoem.
Penkop, natuurlik gaan daar waar jy vandaan kom baie meer mense wees wat ken, jy is dan van die Vrystaat, dis reg mense daardie.
Last edited by James Wilson on Fri Jan 06, 2012 10:20 am, edited 1 time in total.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
-
Henk100
- Full Member

- Posts: 108
- Joined: Wed Mar 16, 2011 3:32 pm
Re: Majuba Kettie?
Ek het groot geword met 'n Majuba Kettie. Sy loop was so lank dat ons moes oor iets rus om te skiet. Dit was in die dae wat wild vinnig moes geskied word vir huis gebruik en ransoene. Die laaste wat ek met die geweer iets geskied het, was 2007. As ek weer iets moet skiet, soos destyds sal ek met hom weer skiet.
Die geweer is in 1904 gemaak en al ons drie seuns het met hom bokke geskiet. Ons het net 3 dinge wat hierdie land gemaak het en dit is 'n .303, Landrover en Penn49 katrol.
Die geweer is in 1904 gemaak en al ons drie seuns het met hom bokke geskiet. Ons het net 3 dinge wat hierdie land gemaak het en dit is 'n .303, Landrover en Penn49 katrol.
- Dawid
- Hero Member

- Posts: 1079
- Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm
Re: Majuba Kettie?
Ons het net 3 dinge wat hierdie land gemaak het en dit is 'n .303, Landrover en Penn49 katrol.
Henk, nou verstaan ek nie lekker nie..
...Verduidelik n bietjie. 
Henk, nou verstaan ek nie lekker nie..
IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER
9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
-
Henk100
- Full Member

- Posts: 108
- Joined: Wed Mar 16, 2011 3:32 pm
Re: Majuba Kettie?
Dawid
Hier in Namibia soos dit nou bekend is was daar destyds geen Toyotas of enige ander vorertuig wat die duine kon klim soos 'n Landrower nie. Daar was ook net Penn katrolle om mee vis te vang, die Penn 49 was koning. Al geweer wat ons goed geken het was 'n .303. Met dit het ons alles geskiet. ek sal probeer om 'n foto te kry van my eerste koedoe wat ek me die 303 geskiet het en aanstuur. Die 303 was miskien stadig teenoor vandag se gewere, maar hy het die vleis huistoe gebring. Dinge het weldra verander en meer modern geraak. Dit was in die dae wat General Motors nog Korporaal motors was.
Hoop dit verduidelik my standpunt.
Groete
Henk

Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Majuba Kettie?
Al wat ek kan s? is: Dankie tog vir tegnologiese vooruitgang!
- Wonder of daar enige kaliber is wat meer gekwes en misgeskiet het as die 303's van ouds? My Oupa het die koedoes sommer met sy Saloon'tjie omgeskiet.
- Niks wat meer gebreek, gouer warm geword het en/of makliker vas gesit het as daai ou Landrovers nie. Kan nog onthou hoe selfs die 2 wiel aangedrewe Chef Nomads sommer draaie om die Landrovers geloop het daar by die duine anderkant die Omaruru mond, noord van Henties. Was dit nie meer 'n Ford vs Chef debat daardie tyd nie?
- Geen katrol wat meer onsmaaklik hanteer en meer kraaineste veroorsaak het as die Penn49 nie (die Penn Jigmaster was enige tyd net so goed of selfs beter vir die doel - vis was vollop en sommer agter die eerste brander).
"Beauty" bly maar "in the eye of the beholder" - of so iets s? die Engelsman mos.

Goeie dade oortref goeie woorde.