Page 1 of 1

Buffel Jag

Posted: Thu Dec 15, 2011 8:58 pm
by Kallie404
Naand manne, ek het van more tot Sondag die voorreg om my heel beste vriend te vat vir sy eerste buffel bul. Ons jag vind plaas in n groot vyf area in die Phalaborwa area (jag area is 3000 hektaar binne die 70,000 hektaar reservaat).Ek self het so twee jaar terug n bul daar ge- jag  wat net net kort van 42 duim gemeet het.

My vriend gaan met sy .375 jag en ek uiteraard met my .404 Jeffery. So manne hou duim vas dat ons in een sal vas loop!

As ons suksesvol is sal ek verseker n paar fotos laai.Groete

Re: Buffel Jag

Posted: Thu Dec 15, 2011 10:59 pm
by Taylor
Kallie 404, sterkte, ek hoop julle jag is uot die boeke. Geniet dit en sterkte.

Re: Buffel Jag

Posted: Fri Dec 16, 2011 12:14 am
by Dawid
Geniet dit Kallie en ek hoop julle is suksesvol.Wees versigtig en kom lewend huistoe.
Groetnis

Re: Buffel Jag

Posted: Fri Dec 16, 2011 7:03 am
by Frederik
Lekka jag dis darem lekker groen en warm nou maar die dae is darem lank en die buffeltjies moet bietjie rus innie dag hoop julle kom vinnig reg.

Re: Buffel Jag

Posted: Fri Dec 16, 2011 7:35 am
by ThinusS
Geniet dit, dit is die ondervinding van 'n leeftyd.

Groetnis
Thinus

Re: Buffel Jag

Posted: Fri Dec 16, 2011 7:50 am
by Kallie404
Dankie manne,genadiglik is die weer lyk my aan ons kant,sal julle op hoogte hou!

Re: Buffel Jag

Posted: Fri Dec 16, 2011 8:20 am
by Boesman
Voor julle gaan, net dit: mik raak, braai lewer en neem foto's.

Re: Buffel Jag

Posted: Fri Dec 16, 2011 8:22 am
by theedge
Julle moet dit geniet laat hy val NB fotos

Re: Buffel Jag

Posted: Fri Dec 16, 2011 8:27 am
by Nuweseun
Sjoe kerels, 'n groot droom daai!!!
Geniet dit en mooi gooi!

Re: Buffel Jag

Posted: Mon Dec 19, 2011 8:17 pm
by Kallie404
Hello manne,net soos belowe n bietjie nuus oor die jag. Soos ek gese het die weer het vrydag saam gespeel,maar saterdag en sondag het ons gebraai !!!! Ons het vrydag laat daar aan- gekom en saterdag oggend vroeg begin soek na spore. Dit was stil met min vars spore,net baie,baie warm. Sondag was ons weer baie vroeg aan die gang en die middag het ons uiteindelik  n troppie van so 8 gekry met n skietbare bul tussen in, maar dit was seker so tussen 6 uur en half sewe en ons het toe besluit om liewers nie kanse te vat nie. Ons jag permit is gelukkig geldig tot die 15de januarie,so tussen kersfees en nuwe jaar gaan ons weer probeer en as ons niks kry nie dan weer net na nuwe jaar. Ek is oortuig dat ons gaan reg kom. Laat mens net weer onthou wat die ou mense altyd gese het: Elke dag is n jag dag,maar nie elke dag is n skiet dag nie !!. Dit was egter lekker om in die jag veld te wees en n voorreg om weer op groot spore te stap !  Ek hou julle op hoogte soos dinge gebeur,groete.

Re: Buffel Jag

Posted: Tue Dec 20, 2011 7:34 am
by Frederik
Solank 'n mens bly probeer gaan jy regkom.

Re: Buffel Jag

Posted: Tue Dec 20, 2011 7:38 am
by Gerhard
Lekke man Kallie...

Geniet dit.

Ek glo as julle die tyd in sit gaan julle n mooi bul om dop.

Dit bly n droom jag vir my.

Re: Buffel Jag

Posted: Tue Dec 20, 2011 8:26 am
by Boesman
Kyk, as ek 'n miljoen gehad het vir elke keer as ek met lee hande van 'n proper jag af gekom het, het ek lankal afgetree. Blase op die voete, seer skouers van backpack en geweer dra, rooi velle wat later afdop, 'n afgeremde gemoed van fisieke inspanning en konsentrasie en dan daai eerste kouetjie van die aand en later 'n tamaai bord kos... Dis die regte resep vir 'n groot-onthou-jag. Dit maak daai buffel of bok soveel meer belangrik.

Re: Buffel Jag

Posted: Tue Dec 20, 2011 8:27 am
by Rigby
More Kallie
Ek sit hier in my kantoorkie met 'n vars koppie koffie innie hand, koel lug wat deur die aircon geblaas word en die leerstoel nog so kraakvars van die aand se rus. Sommer lekker vars man!
Maar ek sal wat wou om dit eerder vir daardie moeg, natgeswete lyf, wat voos gedra is aan jou geweer, voete wat nie meer wil nie en 'n hoed wat so van die salpeter deurdrenk is dat dit lyk asof jy eintlik boer met soutpanne. Jy kry die prentjie - want jy was net die naweek daar!
Sien uit om die foto's te sien sodra julle sukses geproe het. Ook bly vir jou pel dat dit nie al Saterdag oggend gebeur het nie - mens wil die dinge nie rush nie...
Geniet die voorbereiding tot fase 2

Cheers vanuit 'n rustige Jozi!

Re: Buffel Jag

Posted: Fri Dec 23, 2011 7:45 am
by molopohunter
Kallie geniet hom.

Sal lekker wees om die volle storie vorentoe te lees en die fotos te sien.

Groete en mooi loop :)

Re: Buffel Jag

Posted: Thu Dec 29, 2011 9:21 am
by Herman Venter
Kallie,
Hoe het die jag toe gegaan? By wie het julle daar gejag? Ek het n vriend wat ook in daardie wereld is, hy het ook die groot 5 by hom, dalk nog dieselfde ou..

Groete
Herman

Re: Buffel Jag

Posted: Thu Dec 29, 2011 9:34 am
by Kallie404
Hello Herman

Ons stoei net om al die vakansie dae verby te kry dan gaan ons weer probeer. Soos ek voorheen gese het die permit is geldig tot so middel Januarie, so ons het nog n kans of twee oor. Die plaas is so n uur se ry van ons af so dit is lekker naby. Ons jag op n huur-plaas teen die Olifantsrivier , aan die oorkant is Balule en Klaserie natuur reservate. As ek mag vra wie is jou maat hier in ons geweste ?

Re: Buffel Jag

Posted: Thu Dec 29, 2011 11:05 am
by Beer (Christo)
8) Ek is baie jaloers. Hopelik sal ek teen 2013 die finansies he om so 'n ondervinding mee te maak.

Re: Buffel Jag

Posted: Thu Dec 29, 2011 11:15 am
by Herman Venter
Kallie
My vriend se naam is Anton Lombard, ek is net wel nie seker wat sy pa se naam nie.! Maar weet hulle is ook daar in daardie wereld

Re: Buffel Jag

Posted: Thu Dec 29, 2011 1:47 pm
by Kallie404
Herman , reg langs my Phalaborwa plaas is n vriend van my en hy is Kobus Lombard. Kobus is die bestuurder van die Mtinkulu reservaat en hulle jag gereeld olifant en buffels daar.Dalk is dit Anton se pa ??? Mtimkulu reservaat le reg langs Letaba Ranch wat oop is met die Kruger wildtuin, so daar is altyd n invloei van groot wild. N ander maat van my het die jag regte op Letaba Ranch ( 44000 hektaar ) en het nou die dag n 44.5 duim buffel daar laat jag !!! Dit is n magic area !!

Re: Buffel Jag

Posted: Thu Dec 29, 2011 2:01 pm
by Herman Venter
Kallie,
Het vir Anton nou gebel, ja Kobus is sy pa! Ai hierdie klein wereld van ons! Hehe! Daardie is n mooi buffel !

Re: Buffel Jag

Posted: Thu Dec 29, 2011 2:27 pm
by Herman Venter
Kallie, het by Anton gehoor, hy s? as ek vir jou se dat hy het julle pakhuis se krag gedoen dan sal jy weet wie hy is..  ???

Re: Buffel Jag

Posted: Thu Dec 29, 2011 4:50 pm
by Kallie404
Kan jy nou dit oor-vertel !!! Ja, nou weet ek presies wie jou mater is !! Hy en sy pel het ons pak stoor se krag uitgesorteer.Klein wereld ne !!!! Groete