Buffel Jag
- Kallie404
- Sr. Member

- Posts: 424
- Joined: Sat Aug 27, 2011 8:55 pm
Buffel Jag
Naand manne, ek het van more tot Sondag die voorreg om my heel beste vriend te vat vir sy eerste buffel bul. Ons jag vind plaas in n groot vyf area in die Phalaborwa area (jag area is 3000 hektaar binne die 70,000 hektaar reservaat).Ek self het so twee jaar terug n bul daar ge- jag wat net net kort van 42 duim gemeet het.
My vriend gaan met sy .375 jag en ek uiteraard met my .404 Jeffery. So manne hou duim vas dat ons in een sal vas loop!
As ons suksesvol is sal ek verseker n paar fotos laai.Groete
My vriend gaan met sy .375 jag en ek uiteraard met my .404 Jeffery. So manne hou duim vas dat ons in een sal vas loop!
As ons suksesvol is sal ek verseker n paar fotos laai.Groete
404 Jeffery
500 NE Merkel
30.06 BRNO
30.30 L/A Marlin
.222 Sako
.12 Boor Berretta
.12 Boor Miroku
40 S&W Glock
500 NE Merkel
30.06 BRNO
30.30 L/A Marlin
.222 Sako
.12 Boor Berretta
.12 Boor Miroku
40 S&W Glock
- Taylor
- Full Member

- Posts: 125
- Joined: Tue Nov 17, 2009 1:35 pm
Re: Buffel Jag
Kallie 404, sterkte, ek hoop julle jag is uot die boeke. Geniet dit en sterkte.
Gooi daai lood reguit !!!!
- Dawid
- Hero Member

- Posts: 1079
- Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm
Re: Buffel Jag
Geniet dit Kallie en ek hoop julle is suksesvol.Wees versigtig en kom lewend huistoe.
Groetnis
Groetnis
IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER
9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5023
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Buffel Jag
Lekka jag dis darem lekker groen en warm nou maar die dae is darem lank en die buffeltjies moet bietjie rus innie dag hoop julle kom vinnig reg.
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
-
ThinusS
- Sr. Member

- Posts: 317
- Joined: Sun Jul 17, 2011 10:00 am
Re: Buffel Jag
Geniet dit, dit is die ondervinding van 'n leeftyd.
Groetnis
Thinus
Groetnis
Thinus
- Kallie404
- Sr. Member

- Posts: 424
- Joined: Sat Aug 27, 2011 8:55 pm
Re: Buffel Jag
Dankie manne,genadiglik is die weer lyk my aan ons kant,sal julle op hoogte hou!
404 Jeffery
500 NE Merkel
30.06 BRNO
30.30 L/A Marlin
.222 Sako
.12 Boor Berretta
.12 Boor Miroku
40 S&W Glock
500 NE Merkel
30.06 BRNO
30.30 L/A Marlin
.222 Sako
.12 Boor Berretta
.12 Boor Miroku
40 S&W Glock
- Boesman
- Sr. Member

- Posts: 447
- Joined: Sat Jun 05, 2010 11:03 pm
Re: Buffel Jag
Voor julle gaan, net dit: mik raak, braai lewer en neem foto's.
- theedge
- Hero Member

- Posts: 5012
- Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am
Re: Buffel Jag
Julle moet dit geniet laat hy val NB fotos
When People Walk Away From You, Let Them Go.
Your Destiny Is Never Tied To Anyone Who Leaves You. It Doesn't Mean They Are Bad People.
It Just Means That Their Part In Your Story Is Over.. !

Your Destiny Is Never Tied To Anyone Who Leaves You. It Doesn't Mean They Are Bad People.
It Just Means That Their Part In Your Story Is Over.. !

- Nuweseun
- Sr. Member

- Posts: 334
- Joined: Mon Sep 12, 2011 1:07 pm
Re: Buffel Jag
Sjoe kerels, 'n groot droom daai!!!
Geniet dit en mooi gooi!
Geniet dit en mooi gooi!
Lood in die lug, sit vleis op die tafel.
- Kallie404
- Sr. Member

- Posts: 424
- Joined: Sat Aug 27, 2011 8:55 pm
Re: Buffel Jag
Hello manne,net soos belowe n bietjie nuus oor die jag. Soos ek gese het die weer het vrydag saam gespeel,maar saterdag en sondag het ons gebraai !!!! Ons het vrydag laat daar aan- gekom en saterdag oggend vroeg begin soek na spore. Dit was stil met min vars spore,net baie,baie warm. Sondag was ons weer baie vroeg aan die gang en die middag het ons uiteindelik n troppie van so 8 gekry met n skietbare bul tussen in, maar dit was seker so tussen 6 uur en half sewe en ons het toe besluit om liewers nie kanse te vat nie. Ons jag permit is gelukkig geldig tot die 15de januarie,so tussen kersfees en nuwe jaar gaan ons weer probeer en as ons niks kry nie dan weer net na nuwe jaar. Ek is oortuig dat ons gaan reg kom. Laat mens net weer onthou wat die ou mense altyd gese het: Elke dag is n jag dag,maar nie elke dag is n skiet dag nie !!. Dit was egter lekker om in die jag veld te wees en n voorreg om weer op groot spore te stap ! Ek hou julle op hoogte soos dinge gebeur,groete.
404 Jeffery
500 NE Merkel
30.06 BRNO
30.30 L/A Marlin
.222 Sako
.12 Boor Berretta
.12 Boor Miroku
40 S&W Glock
500 NE Merkel
30.06 BRNO
30.30 L/A Marlin
.222 Sako
.12 Boor Berretta
.12 Boor Miroku
40 S&W Glock
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5023
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Buffel Jag
Lekke man Kallie...
Geniet dit.
Ek glo as julle die tyd in sit gaan julle n mooi bul om dop.
Dit bly n droom jag vir my.
Geniet dit.
Ek glo as julle die tyd in sit gaan julle n mooi bul om dop.
Dit bly n droom jag vir my.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
- Boesman
- Sr. Member

- Posts: 447
- Joined: Sat Jun 05, 2010 11:03 pm
Re: Buffel Jag
Kyk, as ek 'n miljoen gehad het vir elke keer as ek met lee hande van 'n proper jag af gekom het, het ek lankal afgetree. Blase op die voete, seer skouers van backpack en geweer dra, rooi velle wat later afdop, 'n afgeremde gemoed van fisieke inspanning en konsentrasie en dan daai eerste kouetjie van die aand en later 'n tamaai bord kos... Dis die regte resep vir 'n groot-onthou-jag. Dit maak daai buffel of bok soveel meer belangrik.
- Rigby
- Full Member

- Posts: 164
- Joined: Tue Dec 13, 2011 5:58 pm
Re: Buffel Jag
More Kallie
Ek sit hier in my kantoorkie met 'n vars koppie koffie innie hand, koel lug wat deur die aircon geblaas word en die leerstoel nog so kraakvars van die aand se rus. Sommer lekker vars man!
Maar ek sal wat wou om dit eerder vir daardie moeg, natgeswete lyf, wat voos gedra is aan jou geweer, voete wat nie meer wil nie en 'n hoed wat so van die salpeter deurdrenk is dat dit lyk asof jy eintlik boer met soutpanne. Jy kry die prentjie - want jy was net die naweek daar!
Sien uit om die foto's te sien sodra julle sukses geproe het. Ook bly vir jou pel dat dit nie al Saterdag oggend gebeur het nie - mens wil die dinge nie rush nie...
Geniet die voorbereiding tot fase 2
Cheers vanuit 'n rustige Jozi!

- molopohunter
- Sr. Member

- Posts: 476
- Joined: Sun Aug 29, 2010 5:54 pm
Re: Buffel Jag
Kallie geniet hom.
Sal lekker wees om die volle storie vorentoe te lees en die fotos te sien.
Groete en mooi loop
Sal lekker wees om die volle storie vorentoe te lees en die fotos te sien.
Groete en mooi loop
Ruger 10/22, BRNO 22 mod2, Ruger mini 14, CZ 22-250 varminter, Ruger 77/44, BRNO 270, Mauser M96 30-06 straight pull, Remington T/T 308, Ruger 375, Ruger 416, Howa 375 ruger, Baikal 12ga S/S, CZ 12ga O/U, Taurus 9mm PT111, Vector 40s&w sp2, Hoyt.
-
Herman Venter
- Hero Member

- Posts: 645
- Joined: Sun May 08, 2011 5:29 pm
Re: Buffel Jag
Kallie,
Hoe het die jag toe gegaan? By wie het julle daar gejag? Ek het n vriend wat ook in daardie wereld is, hy het ook die groot 5 by hom, dalk nog dieselfde ou..
Groete
Herman
Hoe het die jag toe gegaan? By wie het julle daar gejag? Ek het n vriend wat ook in daardie wereld is, hy het ook die groot 5 by hom, dalk nog dieselfde ou..
Groete
Herman
Bowtech Assassin Black Ops
30.06
.243
REFUSE TO FOLLOW
30.06
.243
REFUSE TO FOLLOW
- Kallie404
- Sr. Member

- Posts: 424
- Joined: Sat Aug 27, 2011 8:55 pm
Re: Buffel Jag
Hello Herman
Ons stoei net om al die vakansie dae verby te kry dan gaan ons weer probeer. Soos ek voorheen gese het die permit is geldig tot so middel Januarie, so ons het nog n kans of twee oor. Die plaas is so n uur se ry van ons af so dit is lekker naby. Ons jag op n huur-plaas teen die Olifantsrivier , aan die oorkant is Balule en Klaserie natuur reservate. As ek mag vra wie is jou maat hier in ons geweste ?

Last edited by Kallie404 on Thu Dec 29, 2011 4:55 pm, edited 1 time in total.
404 Jeffery
500 NE Merkel
30.06 BRNO
30.30 L/A Marlin
.222 Sako
.12 Boor Berretta
.12 Boor Miroku
40 S&W Glock
500 NE Merkel
30.06 BRNO
30.30 L/A Marlin
.222 Sako
.12 Boor Berretta
.12 Boor Miroku
40 S&W Glock
-
Beer (Christo)
- Hero Member

- Posts: 1150
- Joined: Wed Dec 28, 2011 1:41 pm
Re: Buffel Jag
-
Herman Venter
- Hero Member

- Posts: 645
- Joined: Sun May 08, 2011 5:29 pm
Re: Buffel Jag
Kallie
My vriend se naam is Anton Lombard, ek is net wel nie seker wat sy pa se naam nie.! Maar weet hulle is ook daar in daardie wereld
My vriend se naam is Anton Lombard, ek is net wel nie seker wat sy pa se naam nie.! Maar weet hulle is ook daar in daardie wereld
Bowtech Assassin Black Ops
30.06
.243
REFUSE TO FOLLOW
30.06
.243
REFUSE TO FOLLOW
- Kallie404
- Sr. Member

- Posts: 424
- Joined: Sat Aug 27, 2011 8:55 pm
Re: Buffel Jag
Herman , reg langs my Phalaborwa plaas is n vriend van my en hy is Kobus Lombard. Kobus is die bestuurder van die Mtinkulu reservaat en hulle jag gereeld olifant en buffels daar.Dalk is dit Anton se pa
Mtimkulu reservaat le reg langs Letaba Ranch wat oop is met die Kruger wildtuin, so daar is altyd n invloei van groot wild. N ander maat van my het die jag regte op Letaba Ranch ( 44000 hektaar ) en het nou die dag n 44.5 duim buffel daar laat jag !!! Dit is n magic area !!
404 Jeffery
500 NE Merkel
30.06 BRNO
30.30 L/A Marlin
.222 Sako
.12 Boor Berretta
.12 Boor Miroku
40 S&W Glock
500 NE Merkel
30.06 BRNO
30.30 L/A Marlin
.222 Sako
.12 Boor Berretta
.12 Boor Miroku
40 S&W Glock
-
Herman Venter
- Hero Member

- Posts: 645
- Joined: Sun May 08, 2011 5:29 pm
Re: Buffel Jag
Kallie,
Het vir Anton nou gebel, ja Kobus is sy pa! Ai hierdie klein wereld van ons! Hehe! Daardie is n mooi buffel !
Het vir Anton nou gebel, ja Kobus is sy pa! Ai hierdie klein wereld van ons! Hehe! Daardie is n mooi buffel !
Bowtech Assassin Black Ops
30.06
.243
REFUSE TO FOLLOW
30.06
.243
REFUSE TO FOLLOW
-
Herman Venter
- Hero Member

- Posts: 645
- Joined: Sun May 08, 2011 5:29 pm
Re: Buffel Jag
Kallie, het by Anton gehoor, hy s? as ek vir jou se dat hy het julle pakhuis se krag gedoen dan sal jy weet wie hy is.. 
Bowtech Assassin Black Ops
30.06
.243
REFUSE TO FOLLOW
30.06
.243
REFUSE TO FOLLOW
- Kallie404
- Sr. Member

- Posts: 424
- Joined: Sat Aug 27, 2011 8:55 pm
Re: Buffel Jag
Kan jy nou dit oor-vertel !!! Ja, nou weet ek presies wie jou mater is !! Hy en sy pel het ons pak stoor se krag uitgesorteer.Klein wereld ne !!!! Groete
404 Jeffery
500 NE Merkel
30.06 BRNO
30.30 L/A Marlin
.222 Sako
.12 Boor Berretta
.12 Boor Miroku
40 S&W Glock
500 NE Merkel
30.06 BRNO
30.30 L/A Marlin
.222 Sako
.12 Boor Berretta
.12 Boor Miroku
40 S&W Glock