Page 1 of 1
Subsonies 223
Posted: Thu Jun 18, 2020 7:16 pm
by dehacked
Goeie naand vriende.
Ek het onlangs vir my 270 subsoniese ladings gelaai. Wonder nou of mens 'n Springbok met 'n 55gr vmax wat 1000fps hardloop kan voorsit. Dit sal kop skote, 50m en nader wees. Het enige iemand dit al probeer?
Re: Subsonies 223
Posted: Thu Jun 18, 2020 8:11 pm
by Pvdw
Al gaans en eende so geskiet. 3.7gr S221 met SPP agter 55gr FMJ.
Jy sal springbok op 50m met gemak skiet, beide kop en blad. Ek was verbaas oor akuraatheid met hulle.
Hulle skiet so sag jy hoor letterlik die slagpen op die slagdop val.
Re: Subsonies 223
Posted: Thu Jun 18, 2020 8:17 pm
by dehacked
Dit is juis soos jy sê oom pvdw. Met die 270 hoor ek net die slagpen en die punt sê impak op die teiken.
Re: Subsonies 223
Posted: Thu Jun 18, 2020 8:43 pm
by tripodmvr
Hoekom gebruik jy nie die 270 nie. Die swaarder koeël sal beter doodmaakvermoë hê. Geen gesukkle met ladingontwikkeling nie.
Re: Subsonies 223
Posted: Thu Jun 18, 2020 8:45 pm
by Basie2
223 sub-sonies, .22 is baie minder moeite. Goed jy is 30% swaarder op 55gn, maar dis my 2c.
Miskien laai jy akurater as goeie .22, dan maak dit sin.
Sent from my iPad using Tapatalk
Re: Subsonies 223
Posted: Thu Jun 18, 2020 9:40 pm
by JVT172
Wat laai jy vir daai subsonic 270?
Re: Subsonies 223
Posted: Thu Jun 18, 2020 10:17 pm
by dehacked
9.5 MP200 986fps 150S&B punte. Rem 91/2 primers en dacron.
Re: Subsonies 223
Posted: Thu Jun 18, 2020 10:19 pm
by dehacked
tripodmvr wrote:Hoekom gebruik jy nie die 270 nie. Die swaarder koeël sal beter doodmaakvermoë hê. Geen gesukkle met ladingontwikkeling nie.
Ek is geweer sponsor so ek laat maar my swaer met die 270 skiet. Geen twyfel in die 270 nie. Was maar meer 'n retoriese vraag.
Re: Subsonies 223
Posted: Thu Jun 18, 2020 11:26 pm
by Flip Nel
dehacked wrote: Thu Jun 18, 2020 7:16 pm
Goeie naand vriende.
Ek het onlangs vir my 270 subsoniese ladings gelaai. Wonder nou of mens 'n Springbok met 'n 55gr vmax wat 1000fps hardloop kan voorsit. Dit sal kop skote, 50m en nader wees. Het enige iemand dit al probeer?
Ek is seker hy sal mooi werk maar ek sal eerder nek skoot skiet, nek is bietjie groter en daai koeel sal nogsteeds nek breek, ek het jare gelede mak springbokke by my swear so geskiet juis om dit stil te hou met .22. Sal ook werk agter die blad, het 'n hele paar so met .22 geskiet as hulle nie reg staan vir kop of nek nie.
Re: Subsonies 223
Posted: Fri Jun 19, 2020 7:04 am
by Plaashaas
Pvdw wrote: Thu Jun 18, 2020 8:11 pm
Al gaans en eende so geskiet. 3.7gr S221 met SPP agter 55gr FMJ.
Jy sal springbok op 50m met gemak skiet, beide kop en blad. Ek was verbaas oor akuraatheid met hulle.
Hulle skiet so sag jy hoor letterlik die slagpen op die slagdop val.
Sal daai lading nog cycle in n semi?
Re: Subsonies 223
Posted: Fri Jun 19, 2020 8:22 am
by Pvdw
Plaashaas wrote: Fri Jun 19, 2020 7:04 am
Pvdw wrote: Thu Jun 18, 2020 8:11 pm
Al gaans en eende so geskiet. 3.7gr S221 met SPP agter 55gr FMJ.
Jy sal springbok op 50m met gemak skiet, beide kop en blad. Ek was verbaas oor akuraatheid met hulle.
Hulle skiet so sag jy hoor letterlik die slagpen op die slagdop val.
Sal daai lading nog cycle in n semi?
Diw 1 wat ek gesien the het nie gewerk nie.