Page 1 of 1

Nuwe Scope, probleem of nie?

Posted: Sat Jun 13, 2020 1:44 pm
by sako 30-06
Ek het n nuwe scope gekoop vir my 30-06, die geweer en scope het ek Safari toe gevat om die ou een met die nuwe een te vervang.
Ou Scope Burris Fullfield II 4.5-14x42.
Nuwe scope Burris Fullfield E1 6.5-20x50.

Die buise is dieselfde diameters so die ringe en alles is dieselfde, die scope is ook geboresight.
Toe ek by die huis kom toe sien ek die elevasie is 2 clicks opgestel en die windage 22 clicks.
Is dit normaal, ek sou gedink het die windage moet ook net een of twee soos al my vorige scopes?

Se asb vir my ek is verniet bekommerd.

Re: Nuwe Scope, probleem of nie?

Posted: Sat Jun 13, 2020 4:04 pm
by tripodmvr
Ek sĂȘ jy is verniet bekommerd. Die 22 klieks is slegs 5.5 duim op 100 tree. Jy moet nog gaan kyk waar dit nou skiet, so dit kan nog beteken dat daardie 22 klieks weer uitgestel word.

Re: Nuwe Scope, probleem of nie?

Posted: Sat Jun 13, 2020 4:10 pm
by sako 30-06
Baie dankie Oom, dis baie goeie nuus.
Sal binnekort gaan skiet en kyk.
Net half gevoel scope is dalk skeef op een of ander manier.