Page 1 of 1

Skiet met Parkinsons

Posted: Fri Jun 05, 2020 9:53 am
by CassellG
More Manne
Ek , my Pa en Broer..jag al Jare saam.

Ma Pa in sy 70 het ligte parkinson begin ontwikkel en het ook nou "n pas aangeer....dus is die skiet van groot kaliber uit , omrede die skok na die pas aangeer. Ek wil nie graag he die ou kerel moet "ge-sideline" word nie,,,en ek en boet beplan om "n kaliber te bou , wat lighte recoil het vir papierskiet en bakkie skiet doeleindes..

dalk iets met "n chassis wat redelik swaar is wat oor sandsakkies gaan skiet.

Ek hoor graag julle slimmes se insette. :Hy besit reeds "n howa 308 bullbarrel met GRS Berserk.

my aanvanklikke gedagte was dalk om te herloop .260 toe , of dalk Grendel toe , met "n goeie loop en goeie muzzlebreak , omrede hy reeds die regte aksie het.

ek luister graag...

Re: Skiet met Parkinsons

Posted: Fri Jun 05, 2020 10:10 am
by tripodmvr
Groterige knaldemper? Hy is gewoond aan die 308 en dit tel baie.

Waar is die pasaangeër (links of regs) en uit watter skouer skiet hy?

Re: Skiet met Parkinsons

Posted: Fri Jun 05, 2020 10:34 am
by Toyrsi
Sit n kwik buis in daai 308 se kolf met n lekker knaldemper. Jy kan dan ook 125gn koele laai as jy wil.

Re: Skiet met Parkinsons

Posted: Fri Jun 05, 2020 10:46 am
by Lategan1
Stem saam Toyrsi.

Daar is ander moontlikhede soos ook hier genoem, maar sy voorstel bes moontlik die beste resultaat vir die laagste koste.

Beste.

Re: Skiet met Parkinsons

Posted: Fri Jun 05, 2020 11:14 am
by Vissie
Na my mening het die 6.5 Grendel beperkte doodmaakvermoë op wild behalwe die heel kleinste bokkies.

Beter as daai .308 met ‘n demper...

7x57 of 7mm08 met ‘n demper.

Re: Skiet met Parkinsons

Posted: Fri Jun 05, 2020 11:26 am
by Arnold
Sit 'n demper of muzzle brake op die 308 en skiet bietjie die ligter koeels soos die 125 ballistic tip en 130gr mono koeels ... hierdie is dalk 'n baie goedkoper en minder frustrerend as om die loop te probeer vervang.

Re: Skiet met Parkinsons

Posted: Fri Jun 05, 2020 5:40 pm
by CassellG
Baie dankie Die insette. Die pasaangeer sit aan die linkerknat en hy skiet met die regter skouer.

Ek stem vir die kwikbuis , die Roer het reeds "n sustac demper op...ek was egter verbaas hoe min terugskop Die Nuwe Warrior Muzzlebrake bied teenoor die sustac.

al rede hoekom ek wil 6.5 of self 6mm is vir lekker fynskiet....ons jag een of tweekeer per jaar maar is een of tweekeer per maand op die baan , dis mos hoe ons dorpenaars rol of hoe?

Re: Skiet met Parkinsons

Posted: Sun Jun 07, 2020 1:07 pm
by THOMAST
Praat van Parkinsons, daar was 'n ou omie wat graag haelgeweer kom skiet het ny ons klub.
Dit was pynlik om hom dop te hou as hy die haelpatrone laai.
Maar, wanneer hy reg was en die klei geroep het, was daar geen tekens van die siekte nie, hy het rotsvas gestaan en die kleie geklink

Re: Skiet met Parkinsons

Posted: Sun Jun 07, 2020 3:22 pm
by Apie
CassellG wrote:Baie dankie Die insette. Die pasaangeer sit aan die linkerknat en hy skiet met die regter skouer.

Ek stem vir die kwikbuis , die Roer het reeds "n sustac demper op...ek was egter verbaas hoe min terugskop Die Nuwe Warrior Muzzlebrake bied teenoor die sustac.

al rede hoekom ek wil 6.5 of self 6mm is vir lekker fynskiet....ons jag een of tweekeer per jaar maar is een of tweekeer per maand op die baan , dis mos hoe ons dorpenaars rol of hoe?
308 is reg vir fynskiet


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Skiet met Parkinsons

Posted: Sun Jun 07, 2020 3:35 pm
by Lategan1
Stem verseker vir 308 vir fynskiet en algemene jag - vlak, berge en dale, bosveld en wat nog.

Tesame met ekstra’s bygevoeg en raad hier ontvang, sal hy met selfvertroue en waardigheid sy ding kan doen. Hoef niks te verduidelik nie.

Beste.

Re: Skiet met Parkinsons

Posted: Sun Jun 07, 2020 10:50 pm
by Basjan123
CassellG wrote: Fri Jun 05, 2020 5:40 pm Baie dankie Die insette. Die pasaangeer sit aan die linkerknat en hy skiet met die regter skouer.

Ek stem vir die kwikbuis , die Roer het reeds "n sustac demper op...ek was egter verbaas hoe min terugskop Die Nuwe Warrior Muzzlebrake bied teenoor die sustac.

al rede hoekom ek wil 6.5 of self 6mm is vir lekker fynskiet....ons jag een of tweekeer per jaar maar is een of tweekeer per maand op die baan , dis mos hoe ons dorpenaars rol of hoe?
Ek het 'n defibrilator in my linkerbors en skiet normaal met die ding. Die dr. wat my opereer het , het my spesifiek gevra of ek skiet en met watter skouer, dit was die rede dat hy dit toe links ingesit het. So glo my jy kan met so ding skiet , vir eie gemoedsrus bevestig dit met die dr....

Glo my as ek vir jou sê dat jy nie daai defib wil kwaad maak nie, hy byt hard!!

Re: Skiet met Parkinsons

Posted: Fri Jun 12, 2020 9:40 am
by CassellG
Dankie manne...dit is sy 2de pas aangeer....die eerste een se drade het losgekom uit die hart , en daar word met alle mag en krag gese , dat dit die 30 nul kwes was wat hom losgeskud het. nous die ou kerel huiwerig om roer te vat...

na aanleiding van die gesprek glo ek die .308 gaan biekie werk kry

Re: Skiet met Parkinsons

Posted: Sat Jul 11, 2020 11:58 pm
by Quicker
.308, kwikbuis of chassis, dink wel kwikbuis mag dalk cheaper wees as chassis en sal die man se “style” pas.
155gr comp pitte vir stad skiet en dan sommer 150gr pitte vir jag.
En dan n lekker aggressive brake, check net laat hy gasse ens ni te kwaai agtertoe gooi ni...dan is daai .308 Só mak soos n lammietjie.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Skiet met Parkinsons

Posted: Sun Jul 12, 2020 10:48 am
by Pappabeer
CassellG wrote: Fri Jun 12, 2020 9:40 am Dankie manne...dit is sy 2de pas aangeer....die eerste een se drade het losgekom uit die hart , en daar word met alle mag en krag gese , dat dit die 30 nul kwes was wat hom losgeskud het. nous die ou kerel huiwerig om roer te vat...

na aanleiding van die gesprek glo ek die .308 gaan biekie werk kry
Ek verstaan julle bekommernis 100%. Daar is egter geen manier dat n medium kaliber n pasaangeër gaan beïnvloed nie. Litteken weefsel in die borskaswand vorm soms om die drade en met die 24/7 beweging van jou bors agv asemhaling kan dit selfs in raar gevalle self uittrek. Daar is egter redelik speling ingebou met die elektrodes se koord lengtes om vir n harde hou of val te kompenseer.

By all means koop n 6mm of 6,5mm tac driver vir die genot daarvan, maar hou maar aan om met die .30 kalibers te skiet ook.