Taai buffel
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Taai buffel
Ken een van julle dalk die mense of waar die jag plaasgevind het? Ek het vergeet om skote te tel.
https://youtu.be/Z-lechRyFpA
https://youtu.be/Z-lechRyFpA
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Fanta300
- Hero Member

- Posts: 3606
- Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm
Re: Taai buffel
Gelukkig ken ek hulle nie 
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
-
Carlc
- Sr. Member

- Posts: 271
- Joined: Tue Nov 15, 2016 7:40 am
Re: Taai buffel
As iemand nog gewonder het hoekom daar n minimum kaliber vir buffel jag is, is hierdie 'n baie goeie voorbeeld hoekom.
-
MyLani
- Full Member

- Posts: 125
- Joined: Sun Jun 25, 2017 10:51 am
Re: Taai buffel
11 skote. Dis hoekom jy Swift A Frames, Trophy Bonded Bear Claws, Barnes of so gebruik op n Buffel en nie PMP.
- BeesBreet
- Hero Member

- Posts: 1649
- Joined: Sat Nov 22, 2014 9:03 am
Re: Taai buffel
Ons kan nou nie rerig skoot plasing so mooi sien nie, maar ek is huiwerig om iemand skuld te gee. Daai ding is besonders taai
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
- Alberts
- Full Member

- Posts: 123
- Joined: Fri Jul 13, 2018 8:17 am
Re: Taai buffel
Ek het al beeste geskiet wat wilder is as daai buffel.
Sent from my ELE-L09 using Tapatalk
Sent from my ELE-L09 using Tapatalk
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2940
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Taai buffel
Vraag aan diegene wat gereeld betrokke is met buffeljag.
As jy kyk na die optrede van die buffel vanaf die eerste raak skoot tot die laaste ene.
Is die Buffel goed getref met die eerste paar skote of eers met die laaste skote? Sou die jagters hom gelos het na die eerste klompie skote, was hy nie reeds ‘fatally wounded’ nie?
Of lyk dit of hy lig gewond is na die eerste klomp skote? Anders gestel, op watter stadium was die buffel oppad af, ongeag die hordes skote wat dalk oorbodig kon wees?
Beste.

Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6968
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Taai buffel
Die skote lyk nie of hulle impak maak nie, so ek het 'n vermoede die man het dalk met 'n klomp solids geskiet wat net deur vlieg en minimaal skade gemaak het.
Die verskil kom in as daai ding se adrenalien pompie begin pomp, dan vrek hy nie graag nie.
Soos John Sharp sê "Killing a buffalo is easy, to convince him he's dead is a whole different story" (Of so iets)

Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1343
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: Taai buffel
Vir my is die ergste hoe hulle na die skietery vir die mannetjie gelukwens asof hy so goeie werk gedoen het.
Ek persoonlik dink dis net een ding hierso - die mannetjie kan nie skiet nie.
Ek is nie 'n grootwildjagter nie en ek het min ervaring met buffels jag, maar ek dink nie hierso kan solids blameer word nie. As hy met die 3de skoot hom gesit het waar hy moes (oor die skof, in die spine) dan het die buffel net daar geval.DWB wrote: Wed May 20, 2020 8:07 am Die skote lyk nie of hulle impak maak nie, so ek het 'n vermoede die man het dalk met 'n klomp solids geskiet wat net deur vlieg en minimaal skade gemaak het.
Die verskil kom in as daai ding se adrenalien pompie begin pomp, dan vrek hy nie graag nie.
Soos John Sharp sê "Killing a buffalo is easy, to convince him he's dead is a whole different story" (Of so iets)
Ek persoonlik dink dis net een ding hierso - die mannetjie kan nie skiet nie.
-
Carlc
- Sr. Member

- Posts: 271
- Joined: Tue Nov 15, 2016 7:40 am
Re: Taai buffel
Ek sal graag wil weet watse kaliber hy gebruik het. Sy teleskoop lyk darem vir my te vèr terug gemount. As dit n 375H&H of groter was sou sy oog sleg seer gekry het van die terugskop.
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7545
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Taai buffel
Boys
Op n ander noot, ek is darem bly hulle het van die Cruiser af geklim om daai eerste skote te vat en ek moet erken dit is nou die eerste keer dat ek sien mense volg n buffel op met n Cruiser. Duidelik hou daai mense baie van hulle trokkie.
Bye the way die eerste skoot was op die nommer.
Groetnis
Wouter

PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Taai buffel
Pateties!!! Ek sou te skaam wees om so 'n video vry te stel!!!
Dit is net olie op die vuur vir die groenes!!
Dit is net olie op die vuur vir die groenes!!
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2149
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Taai buffel
Mak buffel, diesel stalk, uiters goeie skietwerk... fantastiese jag!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Nou sal die groenes tevrede wees.
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6968
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Taai buffel
Manne, ek hoor almal se misnoë, en ek lewer nie kommentaar op die skote nie…
Maar, ek sê weer, mak buffel of wilde buffel, as daai ding se adrenalien pompie begin loop dan vrek hy moeilik tensy jy sy brein of rugstring af skiet.
Hier aan die einde waar die ou die loop so half na die kamera toe wys, lyk die gat aan die groter kant…. so ek glo dit was 'n .375
Ek staan nie vir die ou op nie, maar ek het self al gevoel hoe gebeur dinge as dit skeef loop.... En so groot soos 'n buffel is kies hy nie altyd die mooi oop plekkies om te gaan staan as jy vinnig moet skiet nie.
Maar, ek sê weer, mak buffel of wilde buffel, as daai ding se adrenalien pompie begin loop dan vrek hy moeilik tensy jy sy brein of rugstring af skiet.
Hier aan die einde waar die ou die loop so half na die kamera toe wys, lyk die gat aan die groter kant…. so ek glo dit was 'n .375
Ek staan nie vir die ou op nie, maar ek het self al gevoel hoe gebeur dinge as dit skeef loop.... En so groot soos 'n buffel is kies hy nie altyd die mooi oop plekkies om te gaan staan as jy vinnig moet skiet nie.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Taai buffel
Ja, Koos, dit gaan so as 'n springhaasjagter 'n buffel probeer skiet.Koos Barnard wrote: Wed May 20, 2020 9:44 am Mak buffel, diesel stalk, uiters goeie skietwerk... fantastiese jag!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Nou sal die groenes tevrede wees.
- BeesBreet
- Hero Member

- Posts: 1649
- Joined: Sat Nov 22, 2014 9:03 am
Re: Taai buffel
Ek dink ook die eerste skoot was mooi.Wouter Roets wrote:Boys
Op n ander noot, ek is darem bly hulle het van die Cruiser af geklim om daai eerste skote te vat en ek moet erken dit is nou die eerste keer dat ek sien mense volg n buffel op met n Cruiser. Duidelik hou daai mense baie van hulle trokkie.
Bye the way die eerste skoot was op die nommer.
Groetnis
Wouter
Hulle kon dalk net kans gegee het voor hulle begin opvolg het?
Sent from my iPhone using Tapatalk
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7545
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Taai buffel
Manne
Ek dink hierdie video maak meer skade vir die reputasie van Suid Afrika as jagbestemming as wat dit skietgoed gee vir die groenes.
Groetnis
Wouter
Ek dink hierdie video maak meer skade vir die reputasie van Suid Afrika as jagbestemming as wat dit skietgoed gee vir die groenes.
Groetnis
Wouter
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2940
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Taai buffel
Ek het die vraag gevra omrede die buffel se optrede na ‘n goeie skoot nie my veld van kennis is nie, dankie vir deel.BeesBreet wrote: Wed May 20, 2020 11:12 amEk dink ook die eerste skoot was mooi.Wouter Roets wrote:Boys
Op n ander noot, ek is darem bly hulle het van die Cruiser af geklim om daai eerste skote te vat en ek moet erken dit is nou die eerste keer dat ek sien mense volg n buffel op met n Cruiser. Duidelik hou daai mense baie van hulle trokkie.
Bye the way die eerste skoot was op die nommer.
Groetnis
Wouter
Hulle kon dalk net kans gegee het voor hulle begin opvolg het?
Sent from my iPhone using Tapatalk
Saak is eenvoudig vir my. Deon DWB of ander hoef niks hier te regverdig teenoor enige een nie. Jag is nie ‘n laboratorium oefening met gekalibreerde toerusting nie. Elkeen maak sy eie waarneming, met reg.
Feit is, ons beheptheid om tegnologie te gebruik soos video en cams en dit die hele wêreld in te stuur, is rugskote vir jagters/ons. Ongelukkig is die jonger garde dalk meer skuldig hieraan, om alles te wil herleef met die vriende. Dit is ook nie verkeerd nie. Tog, selfdissipline en die regte leiding kry wel, ouer garde ingesluit. Neem foto’s en video’s wat nie onnodige aksie en bloed en lyding toon nie, en deel dit. Vernietig die res en moedig ander jagters aan om dieselfde te doen.
In ons jaggeselskap: Slegs foto’s waarvoor ‘gepose’ is en almal weet daarvan, geen aksie foto’s laataand van ‘n 50-jarige skelmroker of sogenaamde geheelonthouer langs die vuur nie! Almal val daarby in.
Anders ‘delete’ oorbodige foto’s asook hierdie buffel vanaf jou foon, ook van jaracal! Dan sit mens jou geld waar jou mond is. Hierdie video materiaal soos reeds hier gemeld, is selfvernietigend.
My 2c.
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2149
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Taai buffel
Ja Wouter jy is reg oor die groenes. Ek het my eintlik verkeerd uitgedruk. Dis ons jagreputasie onder oorsese mense wat erg skade ly. Die gevolg is dat jagters eerder in Suidwes en ander plekke gaan jag. Ek het so twee jaar gelede met 'n Amerikaner en sy twee pelle gepraat wat hier kom jag het. Een ou se spesifieke woorde was "...never in South Africa again". Dit is glad nie nodig om te kyk hoeveel jy kan suffer op 'n jag nie. Daardie saak het ons al baie deurtrap hier. Maar jag het so ongelooflik kunsmatig geraak in Suid-Afrika dat ons naam behoorlik stink oorsee. Met die inperking kyk ek soos baie van julle byna elke aand jagvideo's. Onlangs weer een gekyk oor die sogenaamde Springbok Slam waar die vier hoofkleur bokke gejag word (normaal, wit, swart en koper). DIe jagter het sommer gou-gou alvier die bokke van die bakkie af geklits sonder enige moeite. So 'n Slam behoort tog iets besonders te wees en moet darem meer om te lyf te hê as bloot vier skote van 'n bakkie af. Dit gaan glad nie oor etiek nie, maar oor wat ons besoekers bied wat hier opdaag. Baie jagters wil jag maar ons bied teikenskiet aan (en heel dikwels op hondmak diere).
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7545
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Taai buffel
Ongelukkis so waar wat jy se Koos.
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2940
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Taai buffel
Beide aspekte vorm deel van dieselfde kant van die muntstuk. Dit staan nie los van mekaar nie.
Beste.
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13509
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Taai buffel
Just stand by a tree 
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5020
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Taai buffel
Mooi buffel wat moes lei lyk soos Steenbokpan se wereld.
As ek die storie so kyk dan is die my afleiding Pa en seun het kom jag nie noodwendig buffel nie toe word daar 'n mooi aanbod gemaak vir 'n buffel en pa het gedink dit is goeie idee om vir seun 'n buffel te koop.
Die geweer wat hy skiet lyk nie soos syne nie meer geleen.
Die buffel jag het na buffel skiet ontaard en ek wonder of daar ooit tyd geneem is om die jong man te wys waar hy moet skiet en wat hom te verwag. Ek dink ook hier is solids betrokke en as die geweer geleen was en dit 375 is is die kanse goed dat dit 286gr PMP solids is.
Vir die wat dink dit is 'n mak buffel sal ek so se waar buffels nie hard gejag word nie is hulle maar bang vir min. Veral ou groter bulle daar is bitter min wat hulle sal aanval nie. Vir jare lank sien hulle die cruiser verby ry en in droogte tye voer neersit so hoekom moet hy hardloop?
As jy gaan buffel jag gaan soek 'n jag waar hulle gereeld gejag word of waar daar leeus is dit verander hulle van die mak goed tot die wilde goed waar jy km op km agter hulle gaan aangaan.
Selfde met die swartwitpense op plase baie van hulle is ook mak want hulle word nie gejag nie.
Kan ons net asb terug veld toe, genoeg Youtube jag gekyk vir lang tyd raak nou te lus self.

Wouter, hoe kan jy sê dat die eerste skoot op die nommer was? Ek het oor en oor gekyk, maar kan nie sien waar die skoot is nie.
- Pappabeer
- Hero Member

- Posts: 3176
- Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Re: Taai buffel
Hierdie lyk maar ongelukkig na n sirkus. Dit is egter n baie mooi bul.
As die kamara se hoek dieselfde as die jagter sin was, het hy hoeveel oop skote gehad voor die een waar die dier agter n boom staan. Daar is nie links of regs n oop skoot op daai bul se vitals nie, maar kom ons neem aan hy het hom wel deur n paar takkies op die skouer getref.
Die opvolg skietwerk is steeds sub standaard.
Die ph is beslis die grootste nar in die span. Gaan haal jou dubbel om n gewonde buffel met n Cruiser te soek. Wat n grap. Dan “just stand by a tree...”. Ai. Niemand vat ook skietstokke saam op die opvolg nie. Ek twyfel of die klieënt bekwaam genoeg is uit die vuis uit om n kritieke skoot te land.
Daar waar hy n skoot het “over the boss at the spine” moes hy deur die gwarriebos takkies gegaan het vir die middel van die bors.
Die leer lus om die dubbel se lope lyk of dit in die pad van sy sight picture gaan kom.

.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44