Ek het my persepsie oor die skoonmaak van gewere heeltemal verander nadat ek videos van Gunblue490 op YouTube begin kyk het. Die obsessie oor die tipes skoonmaakmiddels, olie vir smering, ens. om te gebruik is heeltemal weg. Net so pla koper in die loop my nie meer soos in die verlede nie.
Die ou wat die videos maak is iemand met so 45 jaar ondervinding wat opleiding by Ruger, Smith & Wesson en Remington gekry het en self baie skiet. Dit is dalk die moeite werd om na sy videos te kyk. Ek glo dat ouens wat die nuutste skoonmaak "wondermiddels" vervaardig en bemark niks van hierdie man gaan hou nie. Hy is baie prakties en reguit in sy benadering.
Die videos is dikwels lank, maar dit klink nogal of die man geldige kwessies opper, gebaseer op ondervinding en logika. In die inperkingstyd het ons baie tyd op hande en die tyd om deur die video te werk kan dalk net tyd en geld in die toekoms spaar. Hier is 'n voorbeeld. Hy bespreek bv. "copper fouling" vanaf so 6:22 in die video: https://www.youtube.com/watch?v=rZZOE_pzjLA
Dit is egter die moeite werd om te luister van die begin af.

