Page 1 of 2
Ek is tevrede met my wapensmid
Posted: Tue Apr 28, 2020 11:24 am
by Cbird
Laat ons net al die goeie werk plaas wat u van u wapensmid ontvang het, as verwysing vir ander skuts en advertensie van net goeie diens....
Re: Ek is tevrede met my wapensmid
Posted: Tue Apr 28, 2020 11:30 am
by Cbird
Gerrie Coetzee Vuurwapens in Bloemfontein het my 22-250 Rem se loop vervang op 'n Sako 85 aksie en laat Cerakote by Trueworx. Die geweer skiet, al die werk is bitter netjies gedoen.
Re: Ek is tevrede met my wapensmid
Posted: Tue Apr 28, 2020 11:53 am
by figjam
Ek het al 2 keer laat werk doen by Geoffrey by Wildman Cape Gate. Kan net goeie goed van hom praat!
Re: Ek is tevrede met my wapensmid
Posted: Tue Apr 28, 2020 12:03 pm
by Malan123
Trueworx. Dink nie ek hoef verder uit te brei nie.
Re: Ek is tevrede met my wapensmid
Posted: Tue Apr 28, 2020 12:34 pm
by Willem Grobler
Tinus van Wyk by Formalito. Al 4 gewere by hom laat bou, restaurasie van ouer gewere en n hele paar onder herstelwerk met verloop van tyd. Baie vinnig en nooit ooit afskeepwerk nie.
Re: Ek is tevrede met my wapensmid
Posted: Tue Apr 28, 2020 12:53 pm
by Askari
Glen McGill (Oudtshoorn Gunsports)
Izak Hattingh (Trueworx)
Johan van Rensburg (W.R. Wapens, Cradock)
Re: Ek is tevrede met my wapensmid
Posted: Tue Apr 28, 2020 12:58 pm
by Frikkie Coetzee
Johan van Tensburg het al n paar gewere vir my gebou. Baie baie tevrede net die kwaliteit van sy werk.
Re: Ek is tevrede met my wapensmid
Posted: Tue Apr 28, 2020 2:26 pm
by Lapua
Dawie Nel by Marksman Arms Pretoria. Hy bou prag gewere en is baie behulpsaam. Sy werk is netjies, en jy kry puik kliente diens.
Re: Ek is tevrede met my wapensmid
Posted: Tue Apr 28, 2020 3:23 pm
by toelie
Gunworx
Wikus/Jean Lux
Randfontein
Klomp gewere al tussen ons skiet maats gebou en baie werk gedoen op klomp verskeidenheid items, kan net goed praat elke keer en die gewere skiet n koek hou.
Re: Ek is tevrede met my wapensmid
Posted: Tue Apr 28, 2020 4:08 pm
by Alberts
toelie wrote:Gunworx
Wikus/Jean Lux
Randfontein
Klomp gewere al tussen ons skiet maats gebou en baie werk gedoen op klomp verskeidenheid items, kan net goed praat elke keer en die gewere skiet n koek hou.
Stem saam.
Sent from my ELE-L09 using Tapatalk
Re: Ek is tevrede met my wapensmid
Posted: Tue Apr 28, 2020 4:47 pm
by wlm
Geoffrey Barabal by Wildman by Cape Gate lewer puik werk en is boonop 'n aangename man. Ek sal enige tyd sy werk aanbeveel. Klink my sy broer lewer ook puik werk.
Re: Ek is tevrede met my wapensmid
Posted: Tue Apr 28, 2020 5:15 pm
by Mellies
Chris Kruger van Armtec. Al n paar roere van hom teruggekry. Werk is uiters netjies en die roere SKIET!!!
Met n vleisie...
Re: Ek is tevrede met my wapensmid
Posted: Tue Apr 28, 2020 8:34 pm
by Capt. Yoda
Soos al reeds genoem, Trueworx via G&G
Re: Ek is tevrede met my wapensmid
Posted: Tue Apr 28, 2020 8:39 pm
by jankraay
GR Gunsmithing Klerksdorp (Oom Gert Le Roes)
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Ek is tevrede met my wapensmid
Posted: Tue Apr 28, 2020 10:11 pm
by JVT172
Ralph Badenhorst - Ermelo
Re: Ek is tevrede met my wapensmid
Posted: Wed Apr 29, 2020 9:46 am
by Frederik
Nog 'n +1 vir Dawie Nel by Marksman Arms Pretoria.
My 375 weer mooi uitgesorteer met die headspace probleem.
Re: Ek is tevrede met my wapensmid
Posted: Wed Apr 29, 2020 10:00 am
by tau
Morkel & Crouse - Stellenbosch, Oom Johan het al twee gewere van my gered wat ander wapensmid lelik opgevoeter het.
Terry harrison - Hulle werk is great jy voel soms net soos kind wat uitgeskel word, geweer werk wel perfek na werk, so ek kla nie.
En dan my gunsteling Oom RW Basson in Vredendal, hy is jou pel na hy jou gehelp het en hy bou gewere wat raak skiet.
Re: Ek is tevrede met my wapensmid
Posted: Wed Apr 29, 2020 10:16 am
by savage(P Coetzer)
Klein Hijack hier van my kant af. Ek dink as hier n draad was waar mens anoniem n geweersmid kon name en shame sou hy nogals besig wees. Ek sê juis anoniem omdat daar n paar “heilige koeie” daar buite is wat vir hul goeie vriende puik werk verrig maar vir baie average joe’s lelik indoen met sub standaard werk en in sekere gevalle sommer skandalige werk. Ok jammer, klaar gehijack.
Re: Ek is tevrede met my wapensmid
Posted: Wed Apr 29, 2020 11:21 am
by Cbird
savage(P Coetzer) wrote: Wed Apr 29, 2020 10:16 am
Klein Hijack hier van my kant af. Ek dink as hier n draad was waar mens anoniem n geweersmid kon name en shame sou hy nogals besig wees. Ek sê juis anoniem omdat daar n paar “heilige koeie” daar buite is wat vir hul goeie vriende puik werk verrig maar vir baie average joe’s lelik indoen met sub standaard werk en in sekere gevalle sommer skandalige werk. Ok jammer, klaar gehijack.
Savage dankie vir die "hijack" ons moet kan gesels. Ek stem saam met jou dat dit wel gebeur dat sekere mense verskillende dienste kry, maar dit is nie die bedoeling van hierdie onderwerp nie. Ek glo dat wapensmede sekere ervarings, talente het en dat hulle daarom sekere kalibers beter bou as ander of beter is in spesifieke dienste. Die doel van hierdie onderwerp is om ons skietgemeenskap in te lig oor elke wapensmid se spesialiteit as ek dit so kan noem, en ook soms gebruik ons 'n wapensmid in die ander kant van die land, net omdat ons nie geweet het van die een voor ons deur nie.
Re: Ek is tevrede met my wapensmid
Posted: Wed Apr 29, 2020 12:04 pm
by Eugene
jankraay wrote: Tue Apr 28, 2020 8:39 pm
GR Gunsmithing Klerksdorp (Oom Gert Le Roes)
Ek is self baie gelukkig met oom Gert se werk en kan nie kla nie. Elke geweer van my wat deur sy hande is, is kookwater.
Re: Ek is tevrede met my wapensmid
Posted: Wed Apr 29, 2020 7:40 pm
by wlm
tau wrote: Wed Apr 29, 2020 10:00 am
Morkel & Crouse - Stellenbosch, Oom Johan het al twee gewere van my gered wat ander wapensmid lelik opgevoeter het.
Terry harrison - Hulle werk is great jy voel soms net soos kind wat uitgeskel word, geweer werk wel perfek na werk, so ek kla nie.
En dan my gunsteling Oom RW Basson in Vredendal, hy is jou pel na hy jou gehelp het en hy bou gewere wat raak skiet.
Tau
RW Basson is eersteklas.
Re: Ek is tevrede met my wapensmid
Posted: Wed Apr 29, 2020 8:48 pm
by musgrave270
Erik ( Maranatha Vuurwaoens) by Extreme hunting in Bfn was nog altyd net goed vir my. Die manne wie ek ken wat werk by hom laat doen het is ook baie tevrede.
Re: Ek is tevrede met my wapensmid
Posted: Wed Apr 29, 2020 10:41 pm
by alecjohnson
Jovan de Klerk van JDK precision Upington, Ek was skepties oor Jovan nie 'n bekende naam is nie, maar ek het die man se woord gevat! hy mag maar 'n geweer bou en aksie blueprint! na my toets om te bevestig my teleskoop is stukkend het ek 7mm groep op 100m geskiet met Weaver K-4 4x32 teleskoop! sy werk is tops!
Re: Ek is tevrede met my wapensmid
Posted: Thu Apr 30, 2020 9:25 am
by JPS
alecjohnson wrote: Wed Apr 29, 2020 10:41 pm
Jovan de Klerk van JDK precision Upington, Ek was skepties oor Jovan nie 'n bekende naam is nie, maar ek het die man se woord gevat! hy mag maar 'n geweer bou en aksie blueprint! na my toets om te bevestig my teleskoop is stukkend het ek 7mm groep op 100m geskiet met Weaver K-4 4x32 teleskoop! sy werk is tops!
Het ‘n idea hy bou van die Noord kaap Bisley mane se gewere
Re: Ek is tevrede met my wapensmid
Posted: Thu Apr 30, 2020 1:48 pm
by Drenalinjunkie
In my beskeie opinie dink ek mens gaan sukkel om n beter geweersmit in die land te kry as Chrisjan Diedericks. Ons mag spanmaats wees maar ek moet bieg nog ELKE geweer wat hy vir my gebou het skiet ongelooflik.
Ek het die drie verskillende groepe met drie verskillende gewere wat hy vir my gebou het in een oggend geskiet.